So help jy jou kind behoorlik lees
4’s in 8 uit 10 gr. kan amper hiervoor, nuwe verslag is die redes Volgens ’n lees nie. Wat behoorlik SA nie ouers doen? en wat kan
DIE rapport het einde verlede jaar gekom en dit was skokkend en teleurstellend; trouens, ’n volslae ramp. Dis dalk ’n skrale troos, maar dit was nie net jou bloedjie wat sleg gevaar het nie – ongelukkig het ’n groot klomp van die land se leerders, onderwysers en onderrigmetodes nie die mas opgekom nie. Of dit is altans wat in ’n nuwe verslag aangevoer word.
’n Volle 78% van die gr. 4-leerders in Suid-Afrika kan nie behoorlik lees nie, wys die uitslag van die Progress in International Reading Literacy Study (Pirls) oor kinders se geletterdheidsvlakke wêreldwyd. En om sout in die wonde te vryf het ons kinders die heel swakste ge- vaar van die 50 lande waar leerders se leesvermoë gemeet is. Die toppresteerders was leerders van Singapoer, die Russiese Federasie en Noord-Ierland.
Toe navorsers aan die Universiteit van Pretoria se sentrum vir evaluering en assessering (Sea) die plaaslike toetse vir Pirls uitvoer, is elke kind beoordeel in die taal waarin hulle die gemaklikste is. Maar steeds kon byna agt uit 10 gr. 4-leerders nie verstaan wat hulle lees nie – as hulle hoegenaamd individuele woorde kon uitpluis. Die kommerwekkende uitslag het ’n vurige debat onder plaaslike onderwyskenners ontketen oor die redes vir ons land se swak prestasie, maar oor een ding is almal dit eens: Dit is verpletterende nuus. “Die vermoë om te lees is die sleutel tot akademiese en toekomstige sukses,” sê Celeste Combrinck, Sea se waarnemende direkteur. “As jy nie kan lees nie, gaan jou geleenthede op en ná skool beperk wees,” verduidelik sy. Sommige kenners meen uit die skokkende uitslag blyk dit gr. R- tot gr. 3-onderwysers weet nie hoe om kinders te leer lees nie. “Leesmetodes is wisselvallig of onvoldoende en die grondslagvaardighede word nie in die eerste skooljare behoorlik vasgelê nie,” verduidelik Melanie Hartgill, ’n opvoedkundige sielkundige van Johannesburg. “Daar is baie papegaaileerwerk, waar van die hele klas verwag word om dieselfde goed saam agter die onderwyser aan te herhaal, maar hulle kan nie onafhanklik lees nie.” Erine Botha, ’n leesterapeut by ’n Kaapstadse tak van die Tina Cowley-leessentrum, glo hierdie probleem vat al lank voor die gr. 4-jaar pos. “Daar word te veel op assessering gekonsentreer pleks van op die ontwikkeling van vaardighede en behoorlike onderrig, veral in gr. 1,” sê sy.