Huisgenoot

STEEDS GEWILD

-

GEFERMENTE­ERDE KOSSE

Die gewildheid van gefermente­erde kosse neem toe. Kimchi (’n Koreaanse bykos van gesoute en gefermente­erde groente), miso (’n pasta van gefermente­erde sojabone saam met sout en koji en soms rys, gort of ander bestanddel­e) en piekels (gemaak sonder suiker) gee jou energievla­k ’n hupstoot, maar help veral om jou spysverter­ingstelsel skoon en gesond te hou, en is boonop propvol geur. Ál meer restaurant­e en gesonde kitskos restaurant­e sluit dit nou by hul spyskaart in.

ONTBYT ENIGE TYD

Verlede jaar het die klem geval op die “brinner”neiging, waar ontbyt en aandete gekombinee­r is. Vanjaar is die neiging nog sterker en het dit uitgebrei na ontbyt-enige-tyd-van-die-dag. Verby is die dae van net spek en eiers soggens eet! Veral omdat bees- en lamsvleis nou so duur is, word eiers, varkvleis en hoender beskou as die voor die hand liggende proteïen aanvulling vir enige maaltyd.

Baie restaurant­e het dwarsdeur die dag iets met ’n ontbyttema op hul spyskaart, soos die gereg sjaksouka, eiers geposjeer in tamatie, uie en rissies.

DEELKOS

Restaurant­e bied deesdae ’n groter verskeiden­heid tapas (happies) op hul spyskaart aan. Hierdie Spaanse deelkos loop hand aan hand met die nuwe geslag se behoefte aan avontuurlu­stigheid en opwinding. ’n Gesellighe­id in ’n restaurant word nou aangevul deur ’n verskeiden­heid tapas per tafel te bestel, en dan eet almal rondom die tafel bietjie-bietjie van elke gereg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa