Huisgenoot

CRÈME BRÛLÉE MET FUDGE-BOLAAG

-

GENOEG VIR 6 MENSE 1 vanieljepe­ul 1 L (4 k)room 200 g suiker 7 ekstragroo­t

eiergele 15 ml (1 e) rooswater

(opsioneel) kookwater vir bak 6 klein blokkies fudge

(hou in die yskas) Voorverhit die oond tot 150 °C.

1 Sny die vanieljepe­ul in die lengte oop en krap die sade uit. Hou die peul. Jy kan dit in die toekoms weer by ’n mengsel voeg. Baie van die sade sit gewoonlik nog in die peul vas en dis goud werd.

2 Plaas die vanieljesa­de, room en suiker in ’n kastrol en verhit oor matige hitte.

3 Roer gedurig tot die suiker opgelos is en jy stoom sien vorm. Die room moenie kook nie.

4 Plaas die eiergele in ’n mengbak; klits.

5 Voeg ’n klein bietjie van die roommengse­l by die eiergele terwyl jy heeltyd klits. Voeg die res geleidelik by. Moenie die warm mengsel te vinnig by die eiergele voeg nie.

6 Wanneer dit goed gemeng is, giet die mengsel terug in die kastrol en plaas oor matige hitte. Roer deurentyd tot dit begin dik raak.

7 Voeg die rooswater by, indien verkies.

8 Verdeel die mengsel tussen klein bakkies (ramekins) en plaas in ’n diep oondbak.

9 Giet die kookwater versigtig in die oondbak tot die water die helfte van die hoogte van die bakkies bereik.

10 Bak 30-40 min. in die oond. Die inhoud moet nog ’n bietjie beweeg wanneer jy dit liggies skud.

11 Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Plaas vir 3 uur of langer in die yskas.

12 Skakel jou oond se rooster aan of gebruik ’n kombuis- blaasvlam.

13 Rasper die fudge aan die fyn kant van die rasper en strooi dit oor die crème brûlée.

14 Plaas in die oond direk onder die roosterele­ment vir sowat 1 min. tot die fudge liggies karamellis­eer.

15 Moet dit nie te lank onder die rooster hou nie – dit sal vinnig brand, en as die crème brûlée te warm raak, kan dit smelt of loperig word.

 ??  ??
 ??  ?? MARTELIZE KOOK! JY’S GENOOI DEUR MARTELIZE BRINK; FOTO’S: MYBURGH DU PLESSIS (HUMAN & ROUSSEAU, R309*)
MARTELIZE KOOK! JY’S GENOOI DEUR MARTELIZE BRINK; FOTO’S: MYBURGH DU PLESSIS (HUMAN & ROUSSEAU, R309*)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa