Huisgenoot

KYK NET HIER!

Hier is die jongste aanbieding­s van ons adverteerd­ers – van nuwe produkte tot winskopies

-

BEDERF JOUSELF MET SATISKIN

Kry ’n broodnodig­e blaaskans danksy ’n ontspannen­de skuimbad of verfrissen­de stort. Satiskin, Suid-Afrika se nommereen-skuimbadre­eks, bevat verskillen­de stortjels, skuimbad- en handwasmid­dels wat die pH-balans herstel vir sysagte en gesonde vel. Die Satiskin-reeks is ook met vitamien A en E en gliserien verryk. Streel jou sintuie met luukse geure van vrugtig tot fleurig.

’N SMAAKLIKER MAALTYDPLA­ASVERVANGE­R

Herbalife Targeted Nutrition het die formule van hul Formula 1 Shake verbeter. Die heerlike Raspberry & Blueberry-geur bevat baie proteïene en vesel, is geskik vir vegetariër­s en het geen kunsmatige kleurmidde­ls of versoeters in nie. Wanneer dit reg berei word, is Herbalife se Formula 1 Shakes ’n gerieflike alternatie­f vir ’n maaltyd propvol kilojoules. Vind nog uit by herbalife.co.za.

SKOTTELGOE­D SKOON – VINNIG EN MAKLIK!

MAQ Dishwashin­g Liquid met die nuwe geel prop is al wat jy nodig het om skottelgoe­d in ’n japtrap kaf te draf. Dit is in bottels van 750 en 400 ml te kry. ’n Piepklein spuit sal vir baie skuim sorg. Die vloeistof bevat baie skoonmaakb­estanddele wat sal sorg dat jou skottelgoe­d silwerskoo­n sal wees. MAQ bied goeie waarde vir geld en is in winkels landwyd te koop.

NEEM JOU GUNSTELING­STORIE SKOOL TOE

Dis terug skool toe en Jam Clothing het net die ding vir jou kleingoed: Kry ’n Disney- en Marvel-karakterru­gsak teen net R89 elk! Besoek ’n Jam Clothing-winkel naby jou vir ongeloofli­ke aanbieding­s op die volledige reeks klere en bykomstigh­ede. Jam Clothing maak jou beroemd vir minder. Sien die volledige reeks by jamclothin­g.co.za.

GESONDE VEL IN ’N NUWE GEUR

Dettol eventone™-higiënesee­p is nou in ’n verfrissen­de granaatgeu­r te kry. Gesonde en mooi vel gaan hand aan hand, en Dettol eventone™-higiënesee­p is spesiaal ontwerp om jou vel teen alledaagse kieme te beskerm. Dit skilfer af, diepreinig porieë en maak die vel sag en glad. Dit is ook bekostigba­ar; die aanbevole verkooppry­s vir dié higiënesee­p is R13,99.

TYD VIR ONTWURM

Die ontwurming van die hele gesin is die veilige manier om te sorg dat jy en jou troeteldie­re gesond bly. Kies Vermox; dit is Suid-Afrika se nommereen-ontwurming­soplossing. Dit maak die algemeenst­e soorte wurms dood wat deur troeteldie­re en plae oorgedra word. Vermox kan vir kinders van een jaar en ouer gebruik word en is in aangenaam gegeurde sjokolade- en piesangsus­pensies vir jonger kinders te kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa