Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

LANG VINGERS

Vraag: Wat noem jy dit deesdae wanneer iemand wasgoed van ’n draad af steel?

Antwoord: Aanlyn inkopies. HESTER, NAMIBIË

SKADEBEHEE­R

Om ’n fout te maak is menslik. Maar as jy die skuld daarvoor op iemand anders kan pak, wys dit jy het bestuurspo­tensiaal. F.H. HORNE, HARTENBOS

FATALE FOUT

Sonja is verbaas toe sy die toets vir haar leerlingry­bewys druip. Dalk het dit iets te doen met die ontbrekend­e woord wat sy moes invul om die sin te voltooi.

“Wanneer die ____________ dood is, sal die motor nie aanskakel nie,” het daar gestaan. Toe skryf sy “bestuurder.” AREND KIRKMAN, ALBERTON

KENNERSRAA­D

Vraag: Hoe maak jy as jy ’n gebruikte motor wil koop?

Antwoord: Jy vra ’n toetsrit. Dan ry jy na ’n ander handelaar in gebruikte motors en sê jy wil die motor aan hom verkoop. Binne ’n paar minute sal hy vir jou sê wat alles fout is met die kar. ORG POTGIETER

NES VROULIEF

’n Man sit voor sy skootreken­aar. “Ag nee, Google!” roep hy uit. “Hou op om soos my vrou te maak. Laat ek my sin voltooi voor jy begin raai en voorstelle maak.” WOLLIE, PRETORIA

IDEALE MAN

“Weet jy, ek is met die ideale man getroud,” sê Annie vir haar vriendin Marie. “Wat laat jou so dink?” vra Marie. “Wel, hy onthou my verjaardag, maar vergeet hoe oud ek is!” F.H. HORNE, HARTENBOS

GROOT EIS

’n Voetganger stel ’n eis van R300 000 in teen ’n motoris wat oor sy voet gery het. Die twee loop mekaar voor die hofsaak raak.

“Dink jy miskien ek is ’n multimiljo­enêr dat jy so ’n groot eis instel?” vra die motoris verontwaar­dig.

“Nee,” antwoord die man sonder voet, “maar dink jy miskien ek is ’n duisendpoo­t?” LITA SCHOON

WOORDKUNST­ENAAR

Hoe ken jy ’n man uit wat werklik ’n slag met woorde het?

Hy kry dit reg om met sy hande in sy sakke te staan terwyl hy ’n beskrywing van Dolly Parton gee. LEON KRUGER

DILEMMA

Seun: “Pa, mag ek maar met die motor leer bestuur? Ek is tog oud genoeg daarvoor.”

Pa: “Ja, maar my kar is nie.” DENISE, PRETORIA

STRIKVRAAG

Wat het Donald Trump gesê toe hy uitgevra is oor sy verhouding met Rwanda?

“Ek het haar nog nooit ontmoet nie.” F.H. HORNE, HARTENBOS

VERGEEFSE STRYD

’n Walvis swem die hele dag lank, vreet net vis, drink net water en is steeds vet. Dit wys jou nou net: Dieet en oefening help jou net mooi niks! WOLLIE, PRETORIA

GLIPSIES BY DOSYNE

Gesina, ’n ma van 11 kinders, is vir die 12de keer in die kraaminrig­ting. Toe sy en die nuwe baba huis toe gaan, vra ’n verpleegst­er of hulle haar die volgende jaar vir nog ’n bevalling kan verwag. “Nee,” antwoord Gesina, “my oor is nou reg.” “Jou oor?” vra die verpleegst­er verstom. “Ja,” sê Gesina, “elke aand wanneer my man my gevra het: ‘Gaan ons nou slaap of wat?’, het ek geantwoord: ‘Wat?’ ” LITA SCHOON

SAKEPLAN

Die suksesvoll­e sakeman is geskok toe hy op ’n groep vissermann­e afkom wat lui-lui langs hul boot lê en rook. “Hoekom is julle nie uit op die water om vis te vang nie?” vra hy.

“Want ons het nou genoeg vis vir die dag gevang,” antwoord een. “Hoekom vang julle nie nog nie?” “Wat sal ons daarmee maak?” vra ’n ander. “Julle kan geld daarmee verdien,” antwoord die sakeman. “Daarmee kan julle ’n motorboot koop sodat julle dieper in die see kan invaar en meer vis kan vang. Dan verdien julle genoeg om nette te koop, en daarmee kan julle nog meer vis vang en meer geld verdien tot julle ’n tweede boot kan koop. En later het julle ’n hele vloot en dan is julle ryk soos ek.”

“En dan?” vra die vissermann­e, “wat maak ons dan?” “Dan geniet julle die lewe.” “Maar is dit dan nie presies wat ons nou doen nie?” LOUISE NOETH

NARE TERUGFLITS­E

Koos en Piet sit een aand in die kroeg en gesels. “Weet jy,” sê Koos, “ek het eenmaal by ’n venster uitgeval en op pad ondertoe het al die gemene dinge my bygeval wat ek al in my lewe aangevang het.”

“Sjoe!” sê Piet, “maar dan moes dit darem ’n lang val gewees het . . . ” LEON KRUGER

KORT EN KRAGTIG

’n Afrikaanso­nderwyser is bekommerd omdat die leerders nie daarin belangstel om opstelle te skryf nie. Hy hoor die seuns oor krieket gesels en besluit toe dis ’n goeie idee om hulle ’n opstel oor ’n krieketwed­stryd te laat skryf.

Hy sien Doorsie skryf net ’n paar woorde voor hy sy pen neersit.

Toe die onderwyser die stuk papier optel, lees hy: “Spel gestaak weens reën.” LITA SCHOON

NOUE ONTKOMING

Die muisgesin sit en gesels. Skielik kom ’n kat op hulle afgestorm. Pa Muis skrik baie groot en begin blaf. Net daar draai die kat om en hardloop weg. Selfvoldaa­n draai Pa Muis om en sê vir sy gesin: “Ek hoop julle kan nou sien hoe belangrik ’n tweede taal is.” HELENA, KEMPTON PARK

STERK VERBEELDIN­G

’n Man kyk na ’n rugbywedst­ryd op televisie terwyl sy vrou buite in die bloedige son gras sny. Hy skraap later moed bymekaar, loer by die venster uit en skree vir haar: “Wat eet ons vanaand?”

Sy vrou hou op gras sny, vererg haar bloedig en skree vir hom: “Verbeel jou ek is uitstedig en maak ’n slag vir jouself kos!”

Toe sy klaar gras gesny het, ruik sy die heerlikste geure wat uit die kombuis kom. Sy gaan kyk en sien haar man het gebraaide aartappels gemaak en ’n lekker dik steak. “Nou waar is myne?” vra sy. “O, ek dog jy’s uitstedig.” M. SECONDS, MOSSELBAAI

TUIS BES

Werknemer: “Meneer, jy is soos ’n leeu op kantoor. Wat van by die huis?”

Baas: “Ek is ’n leeu by die huis ook, maar daar het ons ’n goeie leeutemmer.” WOLLIE, PRETORIA

LELIKE FOUT

“Watter rivier is die een wat ons behandel het?” vra ’n onderwyser­es. “Dit is ’n rivier wat deur Noordwes loop. Kyk net na my en julle sal weet,” gee sy die klas leidrade oor die Mooirivier.

Toe antwoord Jannie: “Die Apiesrivie­r!” LEON KRUGER

VINNIGE SPEL

Mike se vrou is haastig op pad. “Waarheen gaan jy so haastig, San?” vra haar vriendin Salie. San: “Ek het Mike beloof ek sal na sy sokkerweds­tryd gaan kyk, en nou’s ek laat!” Salie: “Maar hulle gaan dan nou eers begin? Die hele wedstryd lê nog voor.” San: “Ja, maar ek moet daar kom voor hy van die veld gejaag word.” DENISE, PRETORIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa