Huisgenoot

STERKTE MET WERK SOEK, MATRIEKS

- redakteur@huisgenoot.com

Baie geluk aan al ons pragtige matriekuit­blinkers. Maar dit maak my hartseer om te dink sommige gaan sukkel om goeie werk te kry, al is hul uitslae goed.

Kan die regering nie meer doen om kinders aan te moedig om ondernemer­s en ambagslui te word nie? PIETA, MIDDELBURG

DIS ’n nuwe jaar en daar is hoop in die lug. Nou die dag sê ’n vriend hy het iewers gelees dis die eerste keer in baie jare dat mense glo: Vanjaar gaan beter wees as verlede jaar. Ek glo en hoop dit ook.

Natuurlik worstel ons land en die wêreld met uitdagings wat soms byna onoorkomel­ik voel – en natuurlik gebeur daar elke dag dinge wat goeie mense se planne pootjie. Kleintyd is ’n mens bang vir monsters en spoke; vir donderweer en leeus. Later leer ’n mens gevaar skuil in ander dinge en dat die vrese wat laatnag by jou aanmeld nie altyd iets is wat jy die volgende oggend kan of wil verwoord nie.

In ons angswekken­de storie oor die dodelike bakteriese siekte listeriose ( bl. 22) gebruik ons gesondheid­sminister, Aaron Motsoaledi, ’n ontstellen­de beeld. Hy sê om na die oorsprong van die besmetting te soek is moeiliker as om die spreekwoor­delike naald in ’n hooimied op te spoor. “Die probleem is dat ons nog nie eens die hooimied kon opspoor waarin ons na die naald moet soek nie.” Skrikwekke­nd.

Wanneer ek beangs voel, verbeel ek my ek trek terug uit my lyf en kyk van bo na ons geskarrel hier op aarde, doenig met die dinge van die alledaagse lewe. En dan verbeel ek my ek trek selfs verder terug en kyk van ver na die aarde – ’n groenen-blou wonderplan­eet wat ná alles, jaar op jaar, bly draai.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa