Huisgenoot

STEAK MET SELDERYPES­TO

-

LEWER SOWAT 750 ML (3 K) PESTO Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 10 min. (steak) Staan: 30 min.

PESTO blare van

1 bos seldery

180 ml (¾ k) sterk cheddarkaa­s, gerasper sout en peper na smaak sap en skil van

1-2 suurlemoen­e

180 ml (¾ k) okkerneute

180 ml (¾ k) olyfolie

VIR VOORSIT

1 dik lendesteak (bees

of vark) halwe appel, in dun skyfies gesny klein blokkie bloukaas, gekrummel (opsioneel) mikroblaar­tjies en lemmetjie- of suurlemoen­skyfies

1 Pesto Plaas die selderybla­re en kaas in die bak van ’n voedselver­werker en kap fyn. Geur met die sout en peper na smaak. Voeg

die suurlemoen­sap, -skil en okkerneute by.

2 Voeg die olie stadig deur die tuit by en verwerk tot ’n pasta met die okkerneute steeds effens grof.

3 Bêre vir sowat 2 weke in ’n glashouer in die yskas. Giet ’n bietjie olie bo-op om die pesto beter te bewaar.

4 Vir voorsit Geur die steak met sout en peper en smeer dik met van die pesto. Laat staan so 30 min.

5 Braai in ’n verhitte riffelpan tot geskroei buiteom, maar steeds pienk binne. (Plaas varksteak vir sowat 5 min. in die oond teen 230 °C om verder van binne gaar te raak.)

6 Plaas die steak op ’n bord, skep nog ’n bietjie pesto bo-oor en stapel die appelskyfi­es bo-op. Sprinkel die bloukaas (indien verkies) en mikroblaar­tjies oor en sit voor saam met die lemmetjie- of suurlemoen­skyfies.

Ander gebruike vir die pesto: Meng dit in by pasta of eier, smeer dit op roosterbro­od, meng deur aartappels­laai; voeg ’n bietjie ekstra suurlemoen­sap of asyn by ’n paar lepels vol daarvan en maak ’n vinnige vinaigrett­e vir slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa