Huisgenoot

2 EET MEER VARS VRUGTE EN GROENTE

-

Nie net is dit propvol vitamiene en minerale nie; die vesel in vars produkte hou ook die mikrobiome van goeie bakterieë in jou spysverter­ingstelsel gelukkig. So verminder dit die risiko vir die infeksies wat onderligge­nd is aan soveel van vandag se chroniese siektes. Eet dit rou waar moontlik om die heilsaamhe­id te behou, maar sorg dat jy dit goed afwas.

ROU SLAAIROLLE­TJIES

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Staan: 30 min.

SOUS

125 ml (½ k) sojasous 60 ml (¼ k) rysasyn 80 ml ( k) mirin (opsioneel) 30 ml (2 e) versoeter soos stevia of kokosneuts­uiker VULSEL 1 elk nektarien en mango, in klein blokkies gesny 2 cm gemmerwort­el, geskil en gekap 4 stingeluie, gekap 2 brandrissi­es, gekap 1 steel sitroengra­s,

fyngesny 4 radyse, in dun sky

fies gesny 2 wortels, geskil en in

klein blokkies gesny 250 ml (1 k) vars koljanderb­lare, fyngekap 250 ml (1 k) gerooster

de grondboont­jies 250 ml (1 k) growwe klapper of klappersky­fies, liggies gerooster BYMEKAARSI­T botterslaa­iblare of cosslaai, afgespoel en in blare gebreek 1 lemmetjie, in skyfies

gesny

1 Sous Meng alles en laat staan minstens 30 min. om te ontwikkel.

2 Vulsel Plaas die gesnyde bestanddel­e in aparte bakkies en verkoel tot benodig.

3 Bymekaarsi­t Vou ’n slaaiblaar van jou keuse sodat dit ’n bakkie vorm. Skep met ’n teelepel ’n kombinasie van die vulselbest­anddele daarin. Gebruik die grondboont­jies, gemmer, koljander en klapper as basis en bou elke bakkie daarom.

4 Gooi ’n bietjie sous bo-oor en drup van die lemmetjies­ap oor. Rol dit op.

 ??  ?? 2 ROU SLAAIROLLE­TJIES
2 ROU SLAAIROLLE­TJIES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa