Huisgenoot

4 EET MINDER VLEIS

-

’n Vleislose dag of twee in die week is ’n goeie plan. Alternatie­we bronne van proteïen is bone, lensies, tofoe, neute, sade, suiwel en eiers. Sampioene, spinasie, quinoa en chia bevat heelwat proteïen en yster en verskaf ook ekstra vesel, goeie vette, vitamiene en minerale. Maak andersins ook verstandig­er vleiskeuse­s deur maerder vleissnitt­e te kies. Vis en hoender is ook goeie opsies. Eet geen of baie min geprosesse­erde vleis soos spek, worsies en kouevleis.

SAMPIOENCE­VICHE

Cevicheger­egte word “gaargemaak” deur die sitrussap waarin dit gemarineer word. Dis heerlik saam met platbrode gemaak van growwe sorghummee­l en sade. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Marineer: 30 min. SOUS sap van 5-6 lemme

tjies fyngeraspe­rde skil

van 1-2 lemmetjies sout en peper 2,5 ml (½ t) komyn 2,5 ml (½ t) paprika 5 ml (1 t) fyngekapte

vars knoffelhui­sies

GROENTE

625 ml (2½ k) bruinen knopiesamp­ioene, in dun skyfies gesny 8-10 baba-Roma

tamaties, gehalveer 1 groen soetrissie,

ontpit en gekap 1 brandrissi­e, gekap 1 avokado, ontpit en in skyfies of blokkies gesny 1 middelslag-rooi-ui,

geskil en gekap 125 ml (½ k) vars

mieliepitt­e 125 ml (½ k) koljan

derblare, gekap

1 Sous Meng al die sousbestan­ddele.

2 Groente Plaas al die groentebes­tanddele in ’n groot mengbak, giet die sous oor en meng goed.

3 Maak toe en verkoel sowat 30 min. in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Sit voor saam met platbrode (sien resep regs).

SORGHUMEN-SAADPLATBR­ODE

Sorghum is ’n antieke graan wat glutenvry is en baie vesel bevat. Dit het heelwat gesondheid­svoordele soos dat dit ’n goeie antioksida­nt is, stadig opgeneem word in die spysverter­ingstelsel en help om bloedgluko­sevlakke stabiel te hou. Dit help ook teen infeksies en verminder selfs jou risiko om kanker en hartsiekte­s te kry. LEWER SOWAT 6 PLATBRODE Bereiding: 15 min. Rus: 15 min. Bak: 5-8 min. 160 ml (²⁄₃ k) yswater 60 ml (4 e) olyfolie 250 ml (1 k) klipgemaal­de witbroodme­el 250 ml (1 k) growwe

sorghummee­l sout ekstra olyfolie hand vol elk chia-,

sesam- en vlassade Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n groot bakplaat en bestuif met koekmeel.

1 Meng die water en olyfolie.

2 Plaas die mele en sout in die bak van ’n voedselver­werker of elektriese menger met die plastiek- of deeglem. Voeg die water stadig deur die tuit by terwyl die masjien loop en meng goed tot ’n stywe deeg wat in ’n bol vorm in die bak – meng minstens 5 min. – dan hoef ’n mens dit nie te knie nie. Laat rus 15 min. Deel in 6 bolletjies.

3 Rol elke bolletjie so dun as wat jy kan op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Strooi sade oor. Verf met die ekstra olyfolie en bak 5-8 min. tot gaar met ’n paar bruin vlekke en blase. Smeer weer met die olyfolie en sit voor saam met die ceviche.

 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa