Huisgenoot

WIL TROU; HOE NOU MET MA?

-

Ek is al amper 40. My pa is jare gelede oorlede en my ma woon by my in ’n woonstel wat ek al die afgelope vyf jaar huur. Ek is verloof aan iemand met lang werkure en ek werk ook. Ons wil trou, maar ek weet nie hoe om vir my ma te sê ons is nou reg daarvoor nie. My verloofde het ’n eie plekkie. My ma sal nie daar kan woon nie. Sy is gesond, maar het ’n klein pensioen en geen vriende nie.

EH op BF

Jy hoef nie skuldig te voel omdat jy geluk gevind het nie.

Jou ma vermoed sekerlik al julle het trouplanne, al stippel julle dit nie uit nie. Sorg dat jy goed voorbereid is wanneer jy haar die goeie nuus vertel. Doen eers jou huiswerk om onsekerhei­d uit die weg te ruim. Doen navraag oor sentrums vir afgetreden­es binne haar begroting in die omgewing waar jou verloofde woon en kry bemarkings­materiaal daaroor.

Soms vrees senior burgers alleenheid ná jare saam met ’n huismaat. As sy nou uit ’n veilige en beskermde omgewing moet verhuis om op haar eie te gaan woon, gaan die lewe vir julle almal moeilik word.

Noem tydens die gesprek verskeie opsies aan haar oor die pad vorentoe. Wees ferm maar liefdevol. Reël dat julle saam moontlike blyplekke besoek. Help haar ’n besluit neem.

Sorg dat sy weet julle sal haar gereeld vir uitstappie­s kom haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa