Huisgenoot

NOODHULP VIR SLANGGIF

-

Volgens Mike hoef jy nie noodwendig te weet watter slang jou gebyt het nie.

“Dit is baie belangrik om so gou moontlik by ’n hospitaal uit te kom. Dokters behandel die simptome van ’n byt eerder as watter soort slang jou gebyt het.” Daar is drie verskillen­de gifsoorte, sê hy. “Sitotoksie­se gif veroorsaak kwaai pyn en verwoes weefsel. Slange met sitotoksie­se gif sluit die pofadder, nagadder en Mosambieks­e spoegkobra in.”

Hy sê die persoon moet kalm gehou word en so gou moontlik by ’n hospitaal uitkom.

“Moenie die gif probeer keer deur die ledemaat met ’n gordel of ’n stywe verband vas te bind nie. Jy gaan net verdere skade aan die weefsel aanrig.”

“Neurotoksi­ese gif is baie gevaarlik en val die organe aan. Die Kaapse kobra, groen- en swartmamba is van die slange wat neurotoksi­es is.

“Die ledemaat moet met ’n gordel of ver- band toegedraai word om te keer dat die gif na die organe versprei.

“Jy het ’n uur en ’n half om by die hospitaal te kom.”

Hemotoksie­se gif is die stadigste van die drie gifsoorte; jy het sowat drie tot vier uur om by die hospitaal te kom.

“Die boomslang is hemotoksie­s. Dokters sal eers bloedtoets­e doen om te bepaal hoe die gif die pasiënt aanval.”

Hy sê die storie dat ’n mens die gif moet uitsuig, is bog: Dit word net gedoen om die pasiënt kalm te hou.

“Slegs behandelin­g by die hospitaal sal help.”

Of jy nou ’n pofadder of ’n swartmamba gewaar, die raad bly dieselfde. “Staan sowat 30 sekondes doodstil. Die pofadder sal heel waarskynli­k net daar bly lê en jy sal ’n ander rigting moet inslaan. Die mamba sal heel waarskynli­k koers kies in die rigting van die bos.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa