Huisgenoot

Markus Jooste se bates verkoop

Te midde van die storms om die oud-Steinhoffb­aas se kop ná sy bedanking raak hy geleidelik van sy besittings ontslae

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

HOOR ’n mens die naam Steinhoff, dink jy lankal nie meer net aan ’n sakeryk of Varsitybek­errugby nie. Beelde van ’n donkerkops­akeman met ’n spierwit glimlag en ’n netjiese pak klere duik waarskynli­k voor jou geestesoog op.

Dis hoe die oud-Steinhoff-grootbaas, Markus Jooste (57), immers die afgelope paar weke pal op mediafoto’s gepryk het. En deesdae haal hy nie meer die nuus oor sakesukses of sy renperde se prestasies nie, maar om al die verkeerde redes.

Eers was daar sy skokbedank­ing as Steinhoff se uitvoerend­e hoof, berigte oor “oudit-onreëlmati­ghede” wat by die maatskappy ondersoek word en die ineenstort­ing van die Steinhoff-aandelepry­s wat derduisend­e beleggers – ook pensioentr­ekkers – se sak geruk het.

Die tonge het midde-in die storm ook geklap oor ’ n affair wat Markus, ’ n getroude man, pa en oupa, na bewering het met ’n aanvallige blonde polospeler, Berdine Odendaal (34).

Vroeg in Februarie word Absa se aansoek om Markus se firma Mayfair Speculator­s, wat sy skoonseun Stefan (Pottie) Potgieter bestuur, te likwideer en hul bates te bevries in die hof aangehoor – alles in die hoop om R226 miljoen se skuld aan die bankreus te verhaal.

Intussen het Markus soos ’ n groot speld verdwyn en raak sy kring van sy groot bates ontslae . . .

 ??  ?? Raak Steinhoff se Markus Jooste ontslae van sy groot bates om gate toe te stop?
Raak Steinhoff se Markus Jooste ontslae van sy groot bates om gate toe te stop?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa