Huisgenoot

Twis skeur Sterhuis-wynplaas in twee

’n Wynmaker krap kop ooror sy pa se hofaansoek teen hom oor ‘botsende belange’ enn die skeur tussen hulle

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: PEET MOCKE

TWEE klein seuntjies jil l opgewonde terwyl hulle e saam met hul oupa in ’n jeep op ’n plaaspad deur ur ’n Stellenbos­se wingerd jaag. aag. Hul wangetjies is blos van die lekkerte en die oupa upa straal van trots. Dis die prentjie wat Johan Kruger (43) graag wil sien wanneer hy dink aan sy pa, André Kruger (69), en sy eie twee rakkers wanneer hulle ’n bietjie groter word. Maar helaas, soos sake nou staan, is dit pure wensdenker­y dat dié toneel sal afspeel op Sterhuis, die plaas buite Stellenbos­ch waarvan Johan sulke kosbare kindertydh­erinnering­s koester.

As jong lat het hy graag naweke daar op sy motorfiets gery en saam met die plaaskinde­rs kleilat gespeel. Dis ook waar hy later saam met sy pa ’n suksesvoll­e ondernemin­g in die wynbedryf kon bou.

Maar die werklikhei­d lyk vandag baie anders. Waar pa en seun 12 jaar gelede saam die ondernemin­g Ster Wines op die been gebring het, neem André nou sy seun hof toe en het hulle glad nie meer met mekaar kontak nie.

Hul verhouding het so ernstig verbrokkel dat pa André in Januarie 2016 vir Johan, wat eens die wynmaker op Sterhuis was, glo saam met sy gesin van die plaas laat afsit het. Die onenigheid spruit blykbaar uit die bedrywighe­de van Johan se Clos Kruger, ’n onafhankli­ke maatskappy wat handel dryf as Kruger Family Wines, wat hy in 2015 gestig het.

André, ’n prokureur, vra in hofstukke wat in Desember 2016 by die hooggeregs­hof in Kaapstad ingedien is dat sy seun die voordele en winste wat hy uit Kruger Family Wines gemaak het aan hom moet oordra. Hy versoek ook dat Johan nie meer geld in die wynbedryf mag verdien deur handel te dryf of wyn te maak nie.

Johan het intussen sy pa versoek om hom as begunstigd­e van sy testament en trusts te verwyder in ’n poging om hom van sy pa te distansiee­r. Hy weet nie of dit wel gedoen is nie.

“Ek sukkel om hierdie ding te verstaan,” sê Johan en raak stil. “Dis so jammer, want kyk net na my amazing twee laaities en my mooi vrou. Wat moet ek vir my kinders sê as hulle vra waarom die anders kinders in die skool twee oumas en twee oupas het?”

DIS ’n warm dag op SomersetWe­s en ons kuier in die huis wat die Krugers inderhaas in 2016 moes huur toe hulle André se prentjiemo­oi plaas verlaat het. Johan is bruingebra­nd en lyk soos iemand wat graag tyd buite deurbring. Maar die grys in sy baard getuig dalk van die stres wat die afgelope paar jaar sy tol geëis het.

Sy vrou, Sofie (33), oorspronkl­ik van België, sit met klein Maxime (6 maande) op haar skoot, en Matteo (2) werskaf op die werf rond.

“Dit alles nadat my pa herhaaldel­ik vir my gesê het hy is klaar met Ster Wines; dat hy wil aftree en wil hê ek moet ’n belegger kry sodat ek hom kan uitkoop.”

André voer onder meer in die hofstukke aan Johan se Kruger Family Wines het botsende belange met Ster Wines en benadeel dié maatskappy.

Ster Wines het by Ster Boerdery, wat op die plaas Sterhuis bedryf word, druiwe gekoop en elders kelderruim­te gehuur om wyn te maak en verkoop. Kruger Family Wines koop druiwe en grootmaatw­yn op ’n kontrakgro­ndslag by verskeie bronne om wyn te maak en versnitte te meng.

Johan weet nie of Ster Wines vandag nog wyn maak en bemark nie, en André wou nie ’n onderhoud toestaan of kommentaar lewer nie, behalwe om te sê sy repliek, wat in die hof geliasseer sal word, werp lig op die redes dat hy glo sy aansoek toegestaan moet word.

Hy glo ook Johan se weergawe verskil wesenlik van syne en dat die persoonlik­e geskil tussen hom en Johan niks met sy aansoek te doen het nie. Volgens hom is die vererwing en begunstigi­ng van die trusts iets privaats en persoonlik­s.

Johan skud sy kop oor die twis wat hom en sy pa van mekaar vervreem het. “Dis net so hartseer, want jare lank het ek my hande stomp gewerk om ’n handelsnaa­m te bou en suksesvol te maak – en toe gebeur hierdie ding.”

VROEËR jare het hy en sy pa ’n goeie verhouding gehad, vertel Johan.

“Ek het op skool fietsgery en dan sou hy my op ’n Saterdag Red Hill (’n steil bergpas buite Simonstad) toe vat met ons kombi sodat ek by die profession­ele ouens kan probeer byhou. Vakansies het ons op sy ou boot by Langebaan gaan visvang. Dit was van die wonderliks­te tye.”

Toe Johan in 2006 aangewys word as die Diners Club se jong wynmaker van die jaar, was sy grootste dankbaarhe­id teenoor sy pa, wat hom die geleenthei­d gegee het om op Sterhuis te kan wyn maak. En toe André 60 word, het hy sy vrou, Greta, bedank en daarna vir Johan, wat hy beskryf het as sy “beste vriend, buurman en sakevennoo­t”, vertel Johan.

André en sy eksvrou, Johan se ma, het die plaas Sterhuis in 1980 bekom. Hulle het in Durbanvill­e gewoon en die gesin is oor naweke plaas toe. André is van Johan se ma geskei toe Johan en sy suster, Helen, met skool klaarmaak, en is later weer getroud, met prof. Greta Geerts, ’n tandheelku­ndige aan die Universite­it van Wes-Kaapland.

Sterhuis was aanvanklik ’n gemengde boerdery, en in 2006 het André en Johan besluit om Ster Wines te begin.

Dinge het volgens Johan ingewikkel­d geraak toe Sofie swanger raak voor hulle getroud was. Hy kies sy woorde versigtig, want hy wil nie onnodig beskuldigi­ngs maak nie.

“Daar was ’n ongelukkig­heid . . . ” sê hy eindelik. Hy reik na die bottel water op die tafel en skink sy glas vol; die emosie lê vlak. “Dit was vir my pa ’n verleenthe­id,” glo hy.

Johan en Sofie het mekaar in 2014 ontmoet toe sy saam met ’n Belgiese kameraspan in Suid-Afrika kom werk het. Hulle het Sterhuis aangedoen en daar was ’n vonk tussen die twee. Sy is aanvanklik terug België toe, maar was so oortuig van die liefde tussen haar en Johan dat sy in 2015 besluit het om Suid-Afrika toe te kom.

Hulle het in die kothuis op die plaas gebly en André en Greta in die hoofhuis.

Met die nuwe baba op pad het Johan besef sy salaris van R18 000 per maand sou nie genoeg wees om ’n gesin te onderhou nie. Volgens hom het sy pa kennis gedra van die werk wat hy begin doen het om sy eie ondernemin­g, Kruger Family Wines, op die been te bring terwyl hy en Sofie ook Ster Wines bedryf het.

André voer in hofstukke aan hy moes Ster Wines deur die jare geldelik bystaan; daarom het hy in Februarie 2015 met ’n leningsrek­ening van meer as R4 miljoen gesit. Ook dat Johan nie geregtig was om Closwyn te verkoop en te bemark, kom- peterend en ten koste van Ster Wines en met behulp van die reputasie wat hy deur Ster Wines gekry het nie. Volgens Johan het Ster Wines in 2015 skielik vooruit begin boer en hulle kon binne ’n jaar die skuld tot onder R1 miljoen verminder.

Maar die geskille op sakeen persoonlik­e vlak tussen André en Johan het ál meer geword. Nadat hulle op Somerset-Wes gaan woon het, het Johan eindelik in Augustus 2016 as wynmaker bedank en in April 2017 ook as mededirekt­eur van Ster Wines en trustee van die Sterhuiswy­n Trust.

Johan sukkel om die rede vir sy pa se hofaansoek te verstaan. “Wat gaan gebeur as hy Kruger Family Wines saam met sy ander sakebelang­e vat? Wat moet ons doen? Kelners word? ’n Paneelklop­per word? Want as sy aansoek slaag, mag ek nie wyn maak of verkoop nie. ’n Pa

maak mos nie so met ’n kind nie.”

JOHAN hoop hy en sy pa kan mekaar eendag weer vind. Intussen wag hy al langer as sewe maande vir sy pa om repliek te lewer op sy antwoorden­de verklaring aan die hof. “Wanneer die saak verby is, kan ons dalk praat. Maar dan moet daar seker eers ’n einde aan die bakleiery kom. Die liefde is steeds daar, maar ongelukkig is die bakleiery soos ’n stofwolk wat maak dat dit nie gesien of gevoel kan word nie.”

‘As sy aansoek slaag, mag ek nie wyn maak of verkoop nie’

 ??  ?? HOOFFOTO: Johan Kruger, ’n wynmaker van Somerset-Wes, en sy pa, André Kruger (INLAS), is in ’n hofsaak gewikkel nadat hulle jare lank saam sake gedoen het.
HOOFFOTO: Johan Kruger, ’n wynmaker van Somerset-Wes, en sy pa, André Kruger (INLAS), is in ’n hofsaak gewikkel nadat hulle jare lank saam sake gedoen het.
 ??  ??
 ??  ?? Johan hou ’n bottel wyn vas wat na sy oudste seun, Matteo,o, ge-genoem is.s. Hy het ookk ’n wyn vir Maxime xime gemaak. k.
Johan hou ’n bottel wyn vas wat na sy oudste seun, Matteo,o, ge-genoem is.s. Hy het ookk ’n wyn vir Maxime xime gemaak. k.
 ??  ?? REGS: Johan en sy vrou, Sofie, saam met hul seuns, Matteo (op Johan se skouers) en Maxime. HEEL REGS: Johan in die kantoor in sy huis waarvandaa­n hy sy maatskappy, Kruger Family Wines, bedryf.
REGS: Johan en sy vrou, Sofie, saam met hul seuns, Matteo (op Johan se skouers) en Maxime. HEEL REGS: Johan in die kantoor in sy huis waarvandaa­n hy sy maatskappy, Kruger Family Wines, bedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa