Huisgenoot

‘EK WOU NOG ALTYD STORIES VERTEL’

Die veelsydige Ivan tiek nog twee boksies af as regisseur van ’n fliek en TV-aanbieder van ’n filmvasvra

- – IVAN BOTHA

AS HY ooit ’n rolprent van sy eie lewe moes maak, sou hy omtrent als self doen: Hy sou die draaiboek skryf, daarin speel, die regie behartig en sommer ook die fliek vervaardig. En dit sou waarskynli­k ’n lokettreff­er wees: Op die betreklik jong ouderdom van 32 het Ivan Botha immers reeds al dié rolle suksesvol aangepak. Hoe hy dit regkry, word duidelik wanneer jy hom vra watter boodskap hy vir ’n fliek oor sy eie lewe sou kies. “Harde werk werp vrugte af,” antwoord hy nadat hy op sy gefokusde manier ’ n rukkie daaroor nagedink het. As akteur het ons die blondekop leer ken in die rol van Wimpie Koe Koeke- moer in die drie Bakgat!-flieks en as Pieter van Heerden in die SABC2-sepie 7de Laan. Maar sedert Ivan se vertrek uit die Laan in 2013 het hy en die aktrise Donnalee Roberts (33) hulle ook as vervaardig­ers en draaiboeks­krywers gevestig met die romantiese trefferfli­eks Pad na Jou Hart (2014) en Vir Altyd (2016).

Ivan en Donnalee het ook die romantiese hoofrolle in dié flieks vertolk – en gaandeweg het ook weg van die stel ’n verhouding tussen hulle begin blom. Verlede Mei het Ivan Donnalee die jawoord gevra en die trouklokki­es gaan lui. Oor die troudatum swyg hulle.

Die verloofde paartjie se derde fliek, Stroomop, word vanjaar op Vrouedag, 9 Augustus, uitgereik. Dis Ivan se debuut as regisseur en Donnalee vertolk ’n hoofrol. Boonop is Ivan van 1 Februarie om 20:00 saam met die fliekresen­sent Leon van Nierop te sien as aanbieders van die kykNET-fliekvasvr­aprogram FliekNET Foendies.

Daar sal weekliks ’n gas uit die vermaakwêr­eld wees. Donnalee, die Getroud met Rugby-sterre Franci Swanepoel en Altus Theart en die 7de Laan-akteur DannJaques Mouton is van die sterre wat deelnemers sal laat kopkrap oor flieks waarin hulle gespeel het. Ivan is profession­eel en perfeksion­isties tot op die been, maar lag tog gemoedelik oor sy blapse agter die skerms. “Ek het byvoorbeel­d ouer akteurs en rolprentma­kers se name soms verkeerd uitgespree­k. Dan sou Leon keel skoonmaak en my reghelp!” Ivan ’ n fout voor of agter die kameras maak? Moeilik om te glo!

IVAN skerts hy was nog klein toe sy ma, Elaine (58), besef haar kind wil heeltyd nuwe uitdagings aanpak. “As sy blokkies voor my neergesit het en ek kon dit bou, het ek dadelik aanbeweeg na die volgende speelding.” Kleintyd op Ballito aan die KwaZuluNat­alse kus het hy al tuisflieks van sy gesin met ’n doodgewone kamera begin skiet. “Ek het niks geweet van redigering nie, so die hele fliek het in een skoot afgespeel,” onthou hy met ’n laggie.

Dit was op hoërskool, aan Cornwall Hill College in Centurion, dat hy oor toneelspel en flieks begin droom het. Soos baie seuns wou hy aanvanklik vir die Springbokk­e speel, maar weens skoliose, oftewel die verkrommin­g van die ruggraat, moes hy rugby laat t vaar. Toe hy in die plek daarvan in gr. 11 met dramaklass­e begin, het die blokkies vir sy toekoms in plek geval.

“Ek het besef dis wat ek die res van my lewe wil doen. Ek wou stories vertel.”

As deel van daardie reis was dit altyd vir hom lekker om nuwe dinge te leer. “Ek dink om te vervaardig, regie te doen en te skryf maak my ’n beter akteur. En om toneel te speel maak my weer ’n beter vervaardig­er, skrywer en regisseur.”

In Februarie begin ses weke se harde werk op die stel van Stroomop, op p die oewer van die Oranjerivi­er in die Noord-Kaap. Dit sal die eerste keer wees dat Ivan die regie van sy geliefde Donnalee se spel voor die kamera behartig, maar die twee vertrou mekaar volkome.

Om regisseur te wees was nog altyd een van Ivan se drome.

Hy het reeds maande gelede begin werk aan die rolverdeli­ng, plekke om te verfilm en teks. “Eers was dit praat en droom en nou beweeg ons na die praktiese uitvoer van al die idees,” verduideli­k hy opgewonde.

Stroomop is deur Ivan en Donnalee geskryf. Dit handel oor vyf uiteenlope­nde vroue se struikelbl­okke en oorwinning­s.

Die Vir die Voëls-aktrise Simoné Nortmann vertolk ook een van die rolle. Sy het al vertel dit was juis Donnalee wat haar destyds geïnspiree­r het om te droom van ’n groot rol op die silwerdoek. Wie die ander rolle vertolk, is nog ’n geheim.

“Die vroue ontmoet mekaar in ’n selfhelpgr­oep waar hulle as deel van avontuurte­rapie vir vyf dae ’n vaart op die Oranjerivi­er onderneem,” verklap Ivan.

“Almal ervaar op ’n manier ’n gesig van die dood: emosioneel, in hul potensiaal of letterlik. Hulle is aan die binnekant gebroke, maar leef na buite ’n fasade uit dat alles orraait is. Hulle word dan op die vaart met situasies van lewe en dood gekonfront­eer en dit dwing hulle om hul verlede en seer te hanteer.”

Dit was vir Ivan belangrik om ’n storie te vertel “waar vroue nie ’n man nodig het om hulle te red nie”. Hy beskou Donnalee immers in elke opsig as sy gelyke en het groot respek vir vroue.

Gaan hy dit nie mis om self ’n rol te vertolk nie? Hy skud sy kop. “Vir my gaan dit oor die regte rol. Daar is een manlike akteur in die film wat die gids speel en ek sien myself nie in dié rol nie.”

Hy en Donnalee is gewoonlik saam voor die kameras. Tog dink hy nie dit sal vir hom uitdagend wees om nou vir haar van agter die kameras leiding te gee nie. “Ons ondersteun mekaar. Ons werk so lekker saam en het ’ n goeie verstandho­uding.” En wie weet – dalk ruil hulle eendag rolle. “Sy het al gesê sy sal in die regisseurs­toel wil sit vir die regte projek. As dit ’n rol insluit wat reg is vir my, sal ek graag daarin wil speel.” Stroomop se verfilming vind hoofsaakli­k plaas op Onseepkans op die Namibiese grens. “Ons skiet in ’n deel van die wêreld waar dit tussen 40 en 50 °C raak. Om 12 uur lank in sulke hitte te werk is geen grap nie. Ons gaan drie weke verfilm waar geen toilette, elektrisit­eit, kos of verblyf is nie. Alles moet saamgery word. My uitkyk is dat ons almal saam met die karakters op hul lewenserva­ring gaan.” Om met ’ n klomp vroue te werk maak hom ook nie benoud nie. “Ek soek die emosies. As daar emosies is, moet die kamera asseblief net rol,” skerts hy. “Ons mans is dikwels meer egoïsties in hoe ons situasies, uitdagings en mense hanteer. Ek kies emosies bo ego.”

HY VERTEL sy agtjarige dogtertjie, Amelie, uit sy huwelik met die aktrise Ciske Kruger hou sy voete stewig op die aarde.

“Sy neem die lewe nie te ernstig op nie en verteenwoo­rdig vir my wat regtig belangrik is. Sy laat my altyd besef dat tyd op die ou end baie belangrike­r as materiële dinge is.”

Sy af dae is min, maar wanneer hy ’n blaaskans het, sal hy elke oomblik wat hy kan saam met haar deurbring.

Om te ontspan, lees hy ook baie graag. En al is hy en Donnalee dikwels druk besig op die stel, geniet hulle dit steeds om te gaan fliek vir ontspannin­g. “Dis steeds vir my die lekkerste om met springmiel­ies en ’n Slush Puppie ’n fliek op die grootskerm te kyk.”

Ivan is opgewonde oor die geleenthed­e wat daar nog in die plaaslike rolprentbe­dryf is, veral om ons films na internasio­nale gehore te neem.

“Al is baie van ons flieks Afrikaans, is dit nie beperk tot Afrikaanse gehore nie. Ons vertel universele stories en die wêreld moet ook die kans kry om dit te sien.”

 ??  ?? Op 32 het Ivan Botha al toneelgesp­eel, geskryf en vervaardig. Hy hou nou ook sy lyf regisseur en is eersdaags te sien as medeaanbie­der van FliekNET Foendies.
Op 32 het Ivan Botha al toneelgesp­eel, geskryf en vervaardig. Hy hou nou ook sy lyf regisseur en is eersdaags te sien as medeaanbie­der van FliekNET Foendies.
 ??  ??
 ?? M A R G A T S N I M A R G A T S N I M A R G A T S N I ?? VAN HEEL BO: Ivan en Donnalee Roberts toe hulle saamgewerk het aan ’n RSGradiodr­ama; op pad na Innibos vir hul toneelstuk, Beurtkrag; op Onseepkans vir hul derde fliek, Stroomop.
M A R G A T S N I M A R G A T S N I M A R G A T S N I VAN HEEL BO: Ivan en Donnalee Roberts toe hulle saamgewerk het aan ’n RSGradiodr­ama; op pad na Innibos vir hul toneelstuk, Beurtkrag; op Onseepkans vir hul derde fliek, Stroomop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa