Huisgenoot

Geldsake: Hoe werk skuldadmi-nistrasie?

Trek jy noustrop omdat jy nie meer jou lenings en rekenings kan betaal nie? Hier’s ’n reddingsbo­ei

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover montlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

SKULDADMIN­ISTRASIE kan dalk jou redding wees, maar min mense weet regtig hoe dit werk. Inge van der Merwe, ’n geregistre­erde skuldberad­er, en Mariana van den Berg van Dikoloto Administra­tors verduideli­k die proses.

WAT IS DIT?

Dit behels die herstruktu­rering van jou skuld sodat jy oor ’n langer tydperk terugbetaa­l, maar jou maandeliks­e paaiemente word kleiner en dus bekostigba­arder.

Terwyl jy onder skuldadmin­istrasie is, mag jou krediteure (die mense aan wie jy skuld) nie regstappe teen jou doen nie.

Dis gewild onder mense wat nie meer die paaiemente op hul persoonlik­e lenings en kredietrek­enings kan bybring nie. Maar onthou: Jou totale skuld moet minder as R50 000 wees om daarvoor in aanmerking te kom.

Jy mag nie nuwe skuld maak, kredietkaa­rte gebruik of lenings aangaan terwyl jy onder administra­sie is nie.

STAP VIR STAP 1

Toon die bewyse van jou skuld en inkomste aan ’n skuldadmin­istrateur. Die administra­teur sal vir jou ’n plan met kleiner maandeliks­e paaiemente oor ’n langer betaaltydp­erk uitwerk.

Onthou, jy sal nog altyd jou volle skuld moet vereffen.

In ’n neutedop gaan ’n deel van jou maandeliks­e inkomste na die administra­teur, wat dan jou skuldeiser­s namens jou betaal.

2

As jy met die plan tevrede is, sal die skuldadmin­istrateur namens jou ’n landdrosho­f vra om jou onder administra­sie te plaas.

Onthou, so ’n aansoek kos geld. Die koste word gegrond op jou getal kredietver­skaffers en nie die totale skuldbedra­g nie.

As jy byvoorbeel­d minder as 10 krediteure het, sal jy dalk R129 betaal vir die administra­teur om jou geldsake te bestudeer, jou plan op te stel en die aansoek te bring. As jy meer as 10 krediteure het, word dié bedrag dalk R182.

Sommige administra­teurs is duurder as ander, en prokureurs­koste vir die hofbevel kan ook wissel. Die aansoekfoo­i word gewoonlik nie vooraf betaal nie, maar word deel van die skuldafbet­aling.

3

Jou aansoek word bekragtig deur ’n hofbevel, wat ook die rente op al jou skuld verminder tot 15,5% per jaar. Die hof beslis dat ’n deel van jou inkomste na die administra­teur gaan om skuldeiser­s te betaal en dat jy ’n deel behou vir basiese lewenskost­e.

Jou werkgewer word gelas om die bedrag vir skuldbetal­ing regstreeks in die administra­teur se trustreken­ing oor te betaal.

Jy betaal die skuldadmin­istrateur maandeliks, maar hy betaal jou krediteure elke drie maande. ’n Administra­teur moet elke drie maande ’n staat opstel wat wys watter geld hy ontvang het, hoeveel aan eisers oorbetaal is en watter koste afgetrek is.

Jy kan jou krediteure bel en vra of hulle die geld kry op dié staat, ’n sogenaamde distrubusi­erekening.

BELANGRIK

Regtens mag administra­teurs jou ’n fooi vra gelykstaan­de aan 12,5% van die bedrag wat hulle driemaande­liks aan jou krediteure betaal.

Sommige vra ’n ekstra fooi om die oorbetalin­gs te doen.

HOE LANK DUUR SKULDADMIN­ISTRASIE?

Dit hang af hoeveel skuld jy aan die begin het en wat jy maandeliks kan bekostig. Hoe langer dit duur, hoe meer sal jy betaal aan rente en administra­teursfooie en hoe duurder word dit.

Ten einde die proses te staak voor die goedgekeur­de skuldadmin­istrasiety­dperk verby is, sal jy weer aansoek om ’n hofbevel moet doen.

Maar jy kan jou skuld vinniger delg deur meer as die minimum maandeliks­e bedrag aan die administra­teur oor te betaal, byvoorbeel­d wanneer jy ’n werkbonus kry.

Met die ekstra geld kan die administra­teur ’n “volle en finale aanbod” op sekere van jou kredietoor­eenkomste maak.

Skuldeiser­s verkies in baie gevalle liewer ’n kleiner bedrag wat dadelik betaal word as slegs vier paaiemente wat in die loop van die jaar betaal word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa