Huisgenoot

VEGETARIES­E MOUSSAKA

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 45 min. Gaarmaak: 40 min. Bak: 30-40 min.

150 g bruinlensi­es 3 aartappels sout 2 eiervrugte, in skyfies

gesny paprika of rooipeper olie 1 ui, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngekap 6 murgpampoe­ntjies,

gerasper 200 g gemengde

sampioene, gekap 1 rooi soetrissie, ontpit

en in blokkies gesny 2 sakkies (50 g elk)

tamatiepas­ta 2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties in sap (een met babatamati­es) 3 ml (ruim ½ t) fyn

kaneel 2,5 ml (½ t) neut

muskaat 20 g pietersiel­ie, gekap 10 g koljander, gekap sout en vars gemaalde

peper na smaak suiker na smaak

skil van 1 suurlemoen WITSOUS 30 ml (2 e) botter 60 ml (¼ k) koekmeel 500 ml (2 k) melk sout en peper 100 g cheddarkaa­s,

gerasper fetakaas en mikrokruie

vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak goed.

1 Kook die lensies en aartappels in aparte kastrolle in soutwater tot sag. Dreineer, hou die lensies eenkant en sny die aartappels in skyfies. Hou eenkant.

2 Sout die eiervrugsk­ywe en laat staan 15 min. Spoel af, druk droog en besprinkel liggies met die speserye. Giet die olie oor, meng deur en pak op ’n bakplaat wat met tinfoelie uitgevoer is. Oondbraai sowat 20 min. (draai halfpad tydens die baktyd om) tot goudbruin en sag. Hou eenkant.

3 Verhit nog olie en braai die ui en knoffel tot effens gekaramell­iseer, voeg die res van die groente by en roerbraai tot sag en nie meer waterig.

4 Voeg die tamatiepas­ta, geblikte tamaties, speserye, sout en peper, suiker en suurlemoen­skil by, bring tot kookpunt, voeg die lensies by, verlaag die hitte en laat prut tot geurig,sowat 10 min.

5 Witsous Berei ’n witsous met die botter, meel en melk. Geur met die sout en peper en roer die kaas by.

6 Pak ’n laag aartappels in die bereide bak en giet ’n laag van die groentemen­gsel oor. Giet ’n laag witsous oor, pak ’n laag eiervrug en giet laastens die res van die witsous oor. Sprinkel die feta oor. Bak 30-40 min. of tot bruin bo-op.

7 Sprinkel die mikrokruie oor en sit voor saam met ’n Griekse slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa