Huisgenoot

GRIEKSE JOGURTKOEK

-

LEWER 1 MIDDELSLAG-KOEK Bereiding: 30 min. Bak: 50 min.

125 g botter 375 ml (1½ k) bruin

suiker 6 eiers, geskei 500 ml (2 k) koekmeel 15 ml (1 e) bakpoeier knippie sout 250 ml (1 k) fyn

gemaalde amandels 180 ml (¾ k) klapper 250 ml (1 k) natuurlike

volroomjog­urt STROOP 180 ml (¾ k) suiker 250 ml (1 k) water sap en skil van

1 suurlemoen 1 takkie ment AFRONDING 230 g romerige maaskaas, gemeng met ’n bietjie heuning kersies en ekstra

heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n veerklampp­an, 22 cm in deursnee. Stuif met meel.

1 Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by en klits goed.

2 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam, voeg by die bottermeng­sel en vou in. Meng die amandels en klapper en voeg om die beurt met die jogurt by en vou in.

3 Klits die eierwitte styf en vou in.

4 Skep in die bereide pan en bak sowat 50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.

5 Stroop Kook al die bestanddel­e 5 min. saam. Giet oor die warm koek. Laat afkoel en keer uit.

6 Afronding Smeer die roomkaasme­ngsel oor die koek, versier met die kersies en drup die ekstra heuning oor.

Die fyngemaald­e amandels kan vervang word met semolina indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa