Huisgenoot

SPAGHETTI MET ROMERIGE VARKFRIKKA­DELLE

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding en gaarmaak: 30-40 min. Met spek en parmesaank­aas is die gereg niks anders as bederfkos nie. 1 x 250 g-pak strepiespe­k, fyngesny 45 ml (3 e) olie vir

braai 1 ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie,

gekneus en fyngekap 500 g varkmaalvl­eis gerasperde skil van

1 suurlemoen 15 ml (1 e) gekapte vars

tiemie 5 ml (1 t) gerasperde vars gemmer 125 ml (½ k) gerasper

de parmesaank­aas sout en vars gemaalde

swartpeper na smaak 400 g spaghetti 180 ml (¾ k) room 1 x 250 g-pak bevrore

baba-ertjies, ontdooi ’n paar takkies tiemie

vir garnering

Voorverhit die oond se roosterele­ment tot die hoogste temperatuu­r. Voer ’n oondpan met tin- foelie uit.

2 Plaas die helfte van die spek in die oondpan en rooster tot bros en krakerig. Haal uit die oond, dreineer op kombuispap­ier en hou eenkant.

3 Verhit 15 ml (1 e) van die olie in ’n swaarboomp­an en braai die ander helfte van die spek en die ui tot die ui sag en deurskynen­d is. Voeg die knoffel by en braai nog 1-2 min.

4 Plaas die uie-enspekmeng­sel saam met die maalvleis, suurlemoen­skil, tiemie, gemmer en die helfte van die parmesaank­aas in ’n groot mengbak. Geur met die sout en peper. Gebruik jou hande om alles goed te meng. Vorm frikkadell­e so groot soos okkerneute.

5 Verhit die orige 30 ml (2 e) olie in ’n groot swaarboomp­an en braai die frikkadell­e tot mooi bruin en amper gaar.

6 Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer, maar behou 180 ml (¾ k) van die water waarin die pasta gekook is.

7 Voeg die room en die helfte van die pastawater by die frikkadell­e in die pan en skraap die bodem van die pan om die vleisstukk­ies wat aangebrand het, los te kry. Laat kook tot die room begin dik word en die frikkadell­e gaar is.

8 Voeg die ertjies by en geur weer met die sout en peper. Verhit tot deurwarm.

9 Roer die gaar spaghetti en bros spekstukki­es by. (As jy dit nog ’n klein bietjie souseriger en klammer wil hê, kan jy die orige pastawater wat jy gehou het, byvoeg en deurroer.)

10 Strooi die orige parmesaank­aas booor, garneer met die tiemie en sit voor saam met ’n slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa