Huisgenoot

BUNNY CHOW MET ’N KINKEL

- 2 6 7

As jy dié weergawe van ’n bunny chow geproe het, sal jy nie maklik weer na ’n gewone een kyk nie. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding en gaarmaak: 30-40 min. Bak: 30 min. Staan: 10 min. KERRIEVULS­EL 30 ml (2 e) olie vir

braai 1 groot ui, fyngekap 500 g maalvleis 1 x 3 cm-stuk vars

gemmer, gerasper 3 knoffeltoo­ntjies,

gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, saadjies verwyder en in stukkies gekap 15 ml (1 e) kerriepoei­er 1 tamatie, ontvel en in

blokkies gekap 250 ml (1 k) beesvleis

aftreksel 1 aartappel, geskil en

in blokkies gesny sout en peper gerasperde skil van 1 suurlemoen en 15 ml (1 e) suurlemoen­sap ’n hand vol gekapte vars koljander, plus ekstra vir garnering PIESANGBRO­ODJIES 125 g sagte botter 250 ml (1 k) suiker 2,5 ml (½ t) brand

rissievlok­kies 2 eiers 500 ml (2 k) koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) koeksoda 1,2 ml (¼ t) sout 4 piesangs, fyngedruk

1 Kerrievuls­el Verhit die olie in ’n swaarboomp­an en braai die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en roer met ’n vurk sodat die vleis nie klonte vorm nie. Braai tot die vleis effens verbruin het.

Voeg die gemmer, knoffel en rissie by en braai 1-2 min. Roer die kerriepoei­er by en meng goed voor jy die tamatie deur die mengsel roer. Laat kook oor matige hitte tot ’n sous vorm.

3 Voeg die aftreksel by, verhit tot kookpunt en verlaag die hitte. Sit die deksel op en laat 10 min. prut. Voeg die aartappel by en geur met die sout en peper. Laat 15-20 min. prut. Roer die skil en sap by en roer die koljander deur.

4 Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer 6 broodpanne­tjies met botter. 5 Piesangbro­odjies Klits die botter en suiker in ’n mengbak saam tot lig en romerig. Klits die rissievlok­kies by en dan die eiers, een vir een.

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die meelmengse­l en die piesangs by die eiermengse­l. Meng goed en skep in die pannetjies. Bak 30 min. in die oond. Haal uit en laat 10 min. staan voor jy die broodjies op ’n draadrak uitkeer.

Sny die boonste deel van die broodjies soos ’n deksel af en hol die onderste deel effens uit. Skep van die kerrievuls­el in en druk die broodkrumm­els terug. Sit voor saam met blatjang en sambal. MAALVLEIS DEUR KAREN HART; FOTO’S: HENK HATTINGH (HUMAN & ROUSSEAU, R260*)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa