Huisgenoot

OUPA EN OUMA TREK OUDSTE VOOR

-

Ons het drie dogtertjie­s van sewe, vyf en twee jaar. My skoonouers is diereliefh­ebbers en gaan hou gereeld in die Krugerwild­tuin vakansie, maar dan neem hulle net ons oudste saam. Hulle sê die ander is “nog nie reg” vir die wildtuin nie. Hulle het self ’n gesin van drie gehad en die oudste voorgetrek. Dit pla my ander kinders om hul sussie te sien wegry. Hulle dink sy is die witbroodji­e en wil niks met haar te doen hê wanneer sy terugkom nie. My man sê net dis hoe sy ouers is. HS op KA

Jou skoonouers is reg as hulle sê die wildtuin is dalk nie altyd die regte plek vir sulke kleingoed nie. Dit kan maar moeilik gaan as jy op ’n lang, warm dag moet rondry om diere in die bos te soek.

As die kleingoed vergelyk wie wat kry wat speelgoed, aandag en uitstappie­s betref, kan dit in ’n kompetisie ontaard. As volwassene­s self te veel let op hoe gunsies en geskenke uitgedeel word, kan dit sake vererger. Soms sleep ’n mens onbewustel­ik jou gevoelens uit jou kinderjare by. Pleks van onregverdi­ghede uitwys, moet jy eerder ’n plan agter die skerms maak.

Jou skoonouers se optrede lei tot onmin in die gesin; daarom sal jy en jou man moet ooreenkom in watter mate julle sy ouers gaan toelaat om jul gesin te beïnvloed. Ná ’n gesprek oor die perke wat julle nou gaan stel, moet julle ’n afspraak met die grootouers maak sonder die kinders. Hou die gesprek oor hoe om die kinders almal regverdig te behandel vriendelik en moenie aanvallend wees nie. Bedank hulle vir al hul positiewe bydraes tot dusver tot jul gesinslewe en beklemtoon dat hul betrokkenh­eid belangrik is.

Dalk is hulle salig onbewus van die probleem van twee ongelukkig­e jonger kinders waarmee julle opgesaal is. As dit die geval is, bedank hulle dat hulle na julle geluister het en laat die saak vir eers daar. Beplan ’n slag ’n vakansie vir die hele gesin saam met oupa en ouma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa