Huisgenoot

TWIS UIT VERLEDE HAAL BOET EN SUS NOU IN

-

Ek is die jongste en het nog nooit ’n goeie verhouding met my broer gehad nie. My ma woon oorsee by hom en is siek. Ek moet nou daarheen reis, maar sien op daarteen, want harde woorde het in die verlede tussen my en my broer geval. Hy dink ek het nie my kant gebring met my ma se versorging nie. Ek is bang ons gaan heeltyd baklei. HO op AW

Dit is nie ongewoon dat die verlede se wrokke, griewe en berou ’n mens in stresvolle tye inhaal nie. Met onopgelost­e familietwi­ste is dit belangrik dat die konflik voor ’n ouer se dood opgelos word. Dit bepaal hoe die moeilike tyd daarna sal verloop.

Probeer tydens jou besoek op goeie voet met jou broer en sy gesin kom. Jy gaan hulle nodig kry as jou ma sou sterf.

Gesonde familieban­de is ’n bron van krag wanneer ’n mens rou.

Dit kan help as jy nie kritiek lewer op die toedrag van sake by hulle nie, en ook aanbied om soveel moontlik met jou ma se versorging te help sodat hy en sy gesin tyd saam kan deurbring.

Mense verander mettertyd en pas aan. Jou broer en sy gesin is moontlik lankal nie meer dieselfde mense as toe jy hulle laas gesien het nie. Gaan eerder met ’n oop gemoed daarheen.

Wees bedag daarop dat jou ma dalk jou broer en sy gesin hoog sal aanprys. Dit kan jou dalk jaloers laat voel, maar herinner jouself daaraan dat dit jou nie beskore was om haar soveel soos hulle in haar laaste jare by te staan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa