Huisgenoot

MOET JY HELP OF NIE?

-

moedig om verantwoor­delikheid te aanvaar vir hul huiswerk deur hulle die regte gereedskap te gee. ’n Swartbord of dagboek kan hulle help om hul week te beplan. Dit help hulle onthou en gee ook die bevredigin­g om iets te kan doodtrek wat afgehandel is.

Beryl glo ouers kan ’n bietjie terugstaan wanneer kinders die intermediê­re fase bereik. Sy sê die beste manier is om kinders van dié ouderdom en ouer hul huiswerk op hul eie te laat doen en net te help wanneer hulle na jou toe kom met ’n probleem. “Jy kan saam met hulle by die tafel sit waar hulle werk, maar doen jou eie werk op jou rekenaar. So kan jy ’n ogie hou sonder om aktief te help.”

Kenners sê dit is belangrik dat ouers hulle nie onttrek aan ouer kinders se huiswerk nie. Hul emosionele probleme kan in hul punte weerspieël word en is ’n bruikbare barometer vir ’n ouer om te weet dat hul kind dalk in nood is. Kinders moet buitendien ook altyd weet dat die ouer beskikbaar is vir hulp met skoolwerk of ander probleme.

Hoewel dit gewoonlik nie nodig is om ná gr. 3 elke vak op ’n daaglikse grondslag met jou kind deur te werk nie, is dit nodig dat jy gereeld intree om te kyk of hulle nie agter raak nie. ’n Maklike manier om betrokke te bly, is om elke dag te kyk na hul rooster, dat take afgehandel is en hul werk op peil is. Kinders vat dikwels kortpad en dan kan hulle gou agter raak. As jou kind se toetspunte deurlopend te laag na jou sin is, is dit tyd om ’n afspraak met die skool te maak.

 ??  ?? Veral gedurende die grondslagf­ase moet jy betrokke wees, want jy help jou kind om werk- en studiemeto­des te ontwikkel. Dit sal die grondslag vir die res van hul skoolloopb­aan vorm. “Ouers moet ’n kind toelaat om soveel moontlik op hul eie te doen,” sê...
Veral gedurende die grondslagf­ase moet jy betrokke wees, want jy help jou kind om werk- en studiemeto­des te ontwikkel. Dit sal die grondslag vir die res van hul skoolloopb­aan vorm. “Ouers moet ’n kind toelaat om soveel moontlik op hul eie te doen,” sê...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa