Huisgenoot

TWIS! SELENA VS. HAAR MA

-

T OE Selena Gomez (25) en haar ma, Mandy Teefey (41), mekaar ’n paar weke gelede ophou volg op Instagram, was dit duidelik dat die eens onafskeidb­are ma en dogter se verhouding in die moeilikhei­d is. Mandy het onlangs erken sy is “nie gelukkig” daarmee dat Selena en Justin Bieber (23) weer uitgaan nie.

“Selena kan haar lewe lei soos sy verkies, solank sy gelukkig is. Sy is ’n volwassene en kan haar eie keuses maak,” het sy aan die Amerikaans­e webtuiste Gossip Cop gesê en bygevoeg sy het jare laas met Justin gepraat.

Mandy se openlike renons het nie by haar dogter se liefdeslew­e gestop nie. Die ma van twee het later op Instagram gekap na haar dogter omdat sy saam met die omstrede regisseur Woody Allen gewerk het. Hoewel hy nooit skuldig bevind is nie, word Woody al jare daarvan beskuldig dat hy sy aangenome dogter, Dylan Farrow (32), seksueel mishandel het.

“Ek het ’n lang gesprek met haar daaroor gehad dat sy nie saam met hom moet werk nie, en dit het net nie inslag gevind nie,” het Mandy geskryf.

Nadat Selena se lojale aanhangers Mandy gekritisee­r het dat sy Selena vir die wolwe gegooi het, het sy haarself op Facebook probeer regverdig. “Ek het Selena geleer om ’n sterk vrou te wees, maar nes almal in hul 20’s is sy besig om haarself te vind,” het sy geskryf.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa