Huisgenoot

SPAN A KOP I TA( SPINASIE PASTEITJIE­S)

-

LEWER 8-10 PASTEITJIE­S Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 30 min.

VULSEL 15 ml (1 e) botter 15 ml (1 e) olyfolie 2 uie, gekap 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 300 g spinasie, stronke uitgesny en grofgekap 300 g babaspinas­ie,

grofgekap gerasperde skil van

1 suurlemoen 15 ml (1 e) suurlemoen

sap 2 wiele feta,

gekrummel 100 g mozzarella,

gerasper 10 g dille, gekap sout en vars gemaalde

peper VIR AFRONDING 250 g filodeeg 100 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Vulsel Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk.

2 Skep uit die pan en voeg die res van die bestanddel­e by. Geur met die sout en peper.

3 Vir afronding Verf 1 vel filodeeg met die botter en plak nog ’n vel filo bo-op. Sny die filo in die lengte in derdes.

4 Plaas ’n lepel van die vulsel in die een hoek van een van die deegstroke. Verf die res van die strook deeg met die botter. Vou die vulseldeel om sodat ’n driehoek vorm. Hou aan vou tot heel bo en seël dan met die botter. Die spanakopit­a moet soos ’n groot samoesa lyk.

5 Herhaal met die res van die filodeeg en vulsel.

6 Pak die spanakopit­as op die bereide bakplaat en verf weer liggies met die botter. Bak 15-20 min. of tot goudbruin en bros.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa