Huisgenoot

MASWAZI SE TAFELBERGP­OTJIE

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding en gaarmaak: 55-60 min. Ek het Maswazi Macaleni ontmoet toe hy by my huis kom kos soek het. Dié jong man het later deel van my huishoudin­g geword. Dié gereg is een van sy groot gunsteling­e. Wanneer hy vir hom van dié potjie skep, sê Maswazi, lyk sy bord soos Tafelberg – lekker hoog gestapel. 45 ml (3 e) olie 2 groot uie, fyngekap 1 vet knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, saadjies verwyder en fyngekap 300 g maalvleis 1 groot of 2 klein rooi soetrissie­s, ontpit en in repies gesny 4 murgpampoe­ntjies,

in ringetjies gesny 1 x 250 g-houer knopiesamp­ioene, in skyfies gesny 1 eiervrug, in blokkies

gesny 2 groot of 4 klein

tamaties, gekap 15 ml (1 e) gekapte vars of 5 ml (1 t) droë origanum sout en peper na smaak 750 ml (3 k) beesvleisa­ftreksel

-½ 500 g-pak spaghetti, in stukkies gebreek 1 Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die uie tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel en brandrissi­e by en braai nog 1-2 min. Voeg die maalvleis by en roer liggies met ’n vurk sodat die vleis nie klonte vorm nie. Braai tot die vleis verbruin het.

2 Voeg die soetrissie­s by en braai ’n paar minute.

3 Voeg die murgpampoe­ntjies, sampioene, eiervrug, tamaties en origanum by. Meng alles. Geur met die sout en peper.

4 Giet 500 ml (2 k) van die aftreksel by. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat 20 min. prut of tot die groente sag is en die vleis gaar.

5 Roer die spaghetti by en voeg die orige 250 ml (1 k) aftreksel by as vloeistof kort. Laat 20 min. prut of tot die pasta sag is en die vloeistof weggekook het. Sit voor saam met ’n slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa