Huisgenoot

LAMSFRIKKA­DEL-EN-QUINOA-SLAAI

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding en gaarmaak: 40 min. Verkoel: 30 min. Bak: 1 uur Ek noem quinoa “die heilige graantjie”. Die Inkas het daarna verwys as “die moeder van alle grane”. Maar dis net halfpad reg; quinoa is ’n skyngraan en heeltemal glutenvry. Dis sag op die maag en vol vesel en minerale. GEURSOUT 15 ml (1 e) komynsaad 15 ml (1 e) wit

sesamsaad 15 ml (1 e) soutvlokki­es GROENTE 2 uie, in kwarte gesny 30 ml (2 e) olie vir sprinkel, plus ekstra vir bo-oor verf 1-2 murgpampoe­ntjies, in die lengte langs in baie dun repe gesny FRIKKADELL­E 1 murgpampoe­ntjie,

gerasper 1 ui, gerasper 500 g lamsmaalvl­eis 100 g haloumikaa­s,

gerasper 45 ml (3 e) gekapte

vars kruisement 30 ml (2 e) ongegeurde

volroomjog­urt sout en swartpeper 45 ml (3 e) olie vir

braai QUINOA 250 ml (1 k) quinoa 15 ml (1 e) olie vir braai 2 vet knoffeltoo­ntjies,

gekneus en fyngekap 300 ml hoender

aftreksel sout en swartpeper 30 ml (2 e) gekapte

vars kruisement 7,5 ml (½ e) rooiwyn

asyn

Voorverhit die oond tot 200 ºC. Smeer ’n oondpan (waarin die uie knus sal pas) met botter.

1 Geursout Verhit ’n pan oor matige tot hoë hitte. Rooster die komyn- en sesamsaad 1-2 min. Skep uit in ’n bakkie en meng met die soutvlokki­es. Hou eenkant.

2 Groente Plaas die uie in die oondpan en sprinkel die olie oor. Rooster sowat 1 uur in die oond.

3 Verf die murgpampoe­ntjies met ’n bietjie olie en braai op ’n riffelpan oor matige hitte tot jy roosterstr­epe aan albei kante het. Hou eenkant.

4 Frikkadell­e Plaas al die bestanddel­e vir die frikkadell­e (behalwe die olie) in ’n groot mengbak. Gebruik jou hande om alles goed te meng. Vorm frikkadell­e so groot soos okkerneute. Plaas die frikkadell­e vir 30 min. in die yskas.

5 Verhit genoeg olie in ’n groot swaarboomp­an en braai die frikkadell­e tot mooi bruin en gaar.

6 Quinoa Spoel die quinoa af en dreineer. Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol, braai die knoffel 1-2 min. en voeg die quinoa by. Roerbraai 1-2 min.

7 Voeg die aftreksel by. Geur met die sout en peper, verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat 20 min. prut tot die vloeistof weggekook het.

8 Skep die quinoa in ’n bak en roer die kruisement en asyn deur.

9 Voeg die uie en murgpampoe­ntjies by die quinoa en meng. Rangskik die frikkadell­e bo-op. Strooi die geursout oor en plaas die res in ’n bakkie. Sit voor saam met slaai en saadbrood.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa