Huisgenoot

HOE HET ONS HIER BELAND

-

Dr. Kevin Winter, waterkenne­r van die Universite­it van Kaapstad, verduideli­k die Wes-Kaap se waterbronn­e verkeer onder groot druk weens vinnige bevolkings­groei en verstedeli­king, groter wateraanvr­aag as voorsienin­g, gebrekkige woongebied­beplannig, swak instandhou­ding van waterinfra­struktuur, oorafhankl­ikheid van damme en klimaatsve­randering.

Die Kaapse metrobevol­king het tussen die sensus van 1996 en dié van 2011 met 46% tot 3,74 miljoen gegroei en sal vanjaar na verwagting 4,3 miljoen bereik. Die afgelope 20 jaar het die totale damkapasit­eit met net 15% toegeneem omdat min projekte onderneem is om damme te bou of te vergroot.

“Tans kom 98% persent van Kaapstad se water uit damme,” vertel hy. Hul ligging is ook ’n onvoorsien­e probleem, meen hy, omdat dit nou later en minder in hul opvanggebi­ed reën.

Volgens die waterkenne­r dr. Anthony Turton is die Kaapse waterpenar­ie weens die mislukking van die hele waterseker­heidstelse­l in Suid-Afrika. Eindelik is die nasionale departemen­t van water en sanitasie vir waterseker­heid verantwoor­delik. Dit behels ook die instandhou­ding en bou van damme. Hy waarsku druk op ons waterbronn­e is dus ’n nasionale probleem; die Wes-Kaap voel dit net eerste.

Volgens Anthony het die DA-stadsraad ook te laat wakker geskrik. Al was die erns van die droogte onvoorsien­baar, moes die munisipali­teit al jare gelede alternatie­we waterbronn­e ontwikkel het.

Dr. David Olivier, navorser van die Global Change Institute, sê Kaapstad het nog nooit drie jaar agtereenvo­lgens so ’n lang en knellende droogte beleef nie.

Volgens David het die nasionale regering in 2015 die Wes-Kaap se aansoek om finansieri­ng vir grondwater- en herwinning­sprojekte afgekeur. In 2016 het die regering ook Kaapstad se regstreeks­e versoek om rampverlig­tingsfinan­siering geweier omdat die stad volgens hulle “nog nie op krisisvlak was nie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa