Huisgenoot

Local Is Lekker

Van nuwe rolprente tot nuwe gesigte in die kykNET-sepie Suidooster. Kyk hier na van didie opwinding wat agter die skerms in die plaaslike vermaakwêr­eld gebeur

-

VAN VAN7DELAAN­TOTDIE 7DE LAAN TOT DIE SILWERDSIL­WERDOEK

Ons het hom op die kassie leer ken as Lucas Mulder in 7de Laan. Maar eintlik het Hendrik Cronjé nog altyd van die silwerdoek gedroom.

“Ek was 21 toe ek sonder enige dramaoplei­ding ’n geleenthei­d by 7de Laan kry,” vertel hy. Hy het die kans aangegryp, want as student in korporatie­we kommunikas­ie aan die Universite­it van die Vrystaat het hy toe al geweet hy “wil eintlik stories maak”.

Dis dié dat hy in 2014 vir ’n honneursgr­aad in film en visuele media aan dieselfde universite­it ingeskryf het. Tydens ’n lesing het die dosent en voormalige 7de Laan-akteur Chris Vorster vir die klas die rolprent The Graduate gewys.

“Dit het iets in my aangewakke­r,” onthou Hendrik. Hierna het hy die draaiboek vir Liewe Lisa begin skryf. Sy broer, die atleet Johan Cronjé wat in 2013 ’n bronsmedal­je in die 1 500 m by die Wêreldatle­tiekbyeenk­oms verower het, het aangebied om dit te vervaardig.

Hulle het hard gewerk om dit teen die einde van verlede de jaar klaar te skiet, sê Hendrik, wat sy lyf regisseur én akteur gehou het. Hy vertolk die rol van Daniël, ’n jong gegradueer­de wat reeds ’n goeie werk het. Maar dan raak hy onseker oor die rigting wat hy ingeslaan het. Hy ontmoet ’n visserman, Tom (Zane Meas), en Lisa (Elani Dekker), wie se lewenswysh­ede hom inspireer.

“Soveel mense wonder op 40 of 50 hoe hulle gekom het tot waar hulle is en wat van hul drome geword het,” sê Hendrik. Maar nie hy nie. Met dié rolprent, wat later vanjaar uitgereik word, maak hy sy droom waar “om stories te vertel”.

 ??  ?? Zane Meas, Neville van 7de Laan, speel die visserman Tom, wat vir Daniël inspireer. Die broers Johan en Hendrik Cronjé hard aan die werk agter die skerms.
Zane Meas, Neville van 7de Laan, speel die visserman Tom, wat vir Daniël inspireer. Die broers Johan en Hendrik Cronjé hard aan die werk agter die skerms.
 ??  ?? Hendrik Cronjé en Elani Dekker speel Daniël en Lisa in Liewe Lisa.
Hendrik Cronjé en Elani Dekker speel Daniël en Lisa in Liewe Lisa.
 ??  ?? Van die tonele is aan die Weskus verfilm. Van links is Zane, Elani, Hendrik en die kinematogr­aaf en redigeerde­r Johannes Pieter Nel.
Van die tonele is aan die Weskus verfilm. Van links is Zane, Elani, Hendrik en die kinematogr­aaf en redigeerde­r Johannes Pieter Nel.
 ??  ?? Hendrik en Elani voor die lens van die kameraman Ebert Steyn.
Hendrik en Elani voor die lens van die kameraman Ebert Steyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa