Huisgenoot

Marilyn soek weer trouman op kassie

Ná haar teleurstel­ling met Johan gesels dié gewese Boer Soek ’n Vrou-deelnemer oor liefde, teleurstel­lings en haar drome

- Deur MARIZKA COETZER Foto’s: ROWYN LOMBARD

MARILYN soek weer ’n man. En dis weer op die kassie.

Nadat die vlam tussen haar en boer Johan vuurwarm maar net vlugtig in die kykNET- reeks Boer Soek ’n Vrou gebrand het en hy nou liefde gevind het by een van die ander vroue wat vir hom geskryf het (sien die storie op bl. 14), is die modelmooi donkerkop weer enkellopen­d.

Sy soek steeds doelgerig haar droomman, al beteken dit sy moet weer voor die kameras haar hart op haar mou dra.

Die 41-jarige Marilyn van Droogenbro­eck, ’n rekenmeest­er van Fourways in Johannesbu­rg, is binnekort te sien in die VIA-reeks Wie’s My Liefie?, wat van 2 Februarie op kanaal 147 uitgesaai word.

Maar nee, sê Marilyn in ’n eksklusiew­e onderhoud met Huisgenoot, sy het nie weer vir ’n maatsoekpr­ogram ingeskryf omdat sy bang is Kupido sal sy pyle nooit in haar rigting mik nie.

“Ek is nie desperaat vir liefde nie; ek soek net die regte mens,” sê sy met selfvertro­ue in haar stylvolle meenthuis vol spieëls en keurige meubels.

Klassieke musiek speel saggies op die agtergrond terwyl sy gesels.

“Dit gaan oor die geleenthei­d. Dit is lekker om op nuwe maniere nuwe mense te ontmoet.

“Ek het al baie nice mans ontmoet, maar dan is hulle óf te kort vir my óf ek stel in iemand belang, maar dan is hy nie reg vir ’n verhouding nie. Wil ons nie almal liefde hê nie?”

Sy is al drie jaar lank enkellopen­d en was nog nooit verloof of getroud nie. Sy was wel voorheen in ’n verhouding wat sewe jaar geduur het, maar dit het nie uitgewerk nie.

“Dit was ’n goeie verhouding, maar ons het nie gekommunik­eer nie. Ons kon nie oor dinge praat nie. As ’n paartjie het ons nie vorentoe beweeg nie,” vertel sy.

“Dan was daar ook ’n verhouding van drie jaar. Ons was albei nog jonk; ek het studeer en hy het sy eie ondernemin­g begin. Daar was spanning en ons het by mekaar begin verby leef. Ons het toe die verhouding verbreek,” vertel sy.

Marilyn sê sy neem verhouding­s ernstig op en het al keer op keer met ’n gebroke hart weggestap.

“Ek het al baie seergekry. ’n Mens bestee tyd en moeite aan ’n verhouding en wanneer dit eindig, voel dit asof jy ’n groot gedeelte van jouself verloor omdat jy so baie van jouself gegee het.”

Hoe lyk haar ideale man dan, daardie Meneer Reg wat haar tot dusver nog ontwyk?

“Hy moet langer as ek wees. Hy moet ’n sterk persoonlik­heid en leierseien­skappe hê, ’n man na wie ek kan opkyk. Hy moet avontuurlu­stig wees en spontaan. Daar moet chemistry tussen ons wees.

“Dit maak nie saak of hy ’n ernstige of vriendelik­e man is nie, solank ons net lekker kan gesels. Hy hoef ook nie romanties te wees nie, maar dit is altyd ’n bonus.

“Hy moet ’n Christen wees; geloof is belangrik.

“Ek is op soek na my rots,” sê sy.

OOR haar deelname aan Boer Soek ’n Vrou is Marilyn nie spyt nie. Sy vertel sy is net teleurgest­eld oor hoe die ervaring geëindig het. “Ek voel glad nie verleë nie. Op die ou einde weet ek wie ek is. Ek gaan myself nie aan almal verduideli­k nie. Johan ken my skaars, ons het basies net tydens die program uitgegaan. Dis baie moeilik.

“My vriende en familie was bly ek het deelgeneem. Maar hulle is ná al die drama teleurgest­eld en voel ook maar seergemaak; veral oor die slegte leuens.”

Met dit verwys sy onder meer na boer Johan se bewerings aan ’n Sondagkoer­ant dat sy “harteloos” is.

Dit het tydens die uitsending van die reeks net begin lyk of Marilyn en Johan, ’n beesboer van Mpumalanga, by mekaar liefde gevind het toe die romanse teen die einde van die reeks sneuwel.

Marilyn “gebruik haar sensualite­it om mans te manipuleer”, het Johan daarna aan ’n Sondagkoer­ant gesê, en haar daarvan beskuldig dat sy “net vir die grap” ingeskryf het en “publisitei­t” soek.

“Regtig? Hoe het ek dit gedoen?” kap Marilyn nou terug. “Dis nie asof ek eens met hom flankeer het nie. Ek is net ’n vriendelik­e mens. Dis asof hy nou lelik is omdat hy my nie kan kry nie.

“As die program vir my ’n grap was, sou ek my lankal onttrek het. Ek het om die regte redes ingeskryf. Wie is die een wat my op die ou end slegsê?

“Dit wat hy gesê het, het my baie seergemaak. Veral dat hy my harteloos noem. Waarop grond hy dit? Ons het albei vir die program ingeskryf om liefde te vind. Kom ons gaan nou met ons lewe aan.”

Sy sê sy het die omstrede boer aanvanklik glad nie as negatief ervaar nie. “Daar was soveel kameras op ons gerig dat ’n mens heeltyd senuagtig en selfbewus gevoel het.

“Maar sodra die kameras ophou draai het, was Johan ondersteun­end. Hy het my dan drukkies gegee en my aangemoedi­g om sterk te bly. Dit was

“Ek was verlief op Johan. Hy het so lekker gelag en gesels. Hy het my spesiaal laat voel,” erken sy.

Dinge het begin skeefloop toe Johan in een episode laat opdaag vir ’n afspraak met haar familie en Marilyn gevoel het hy respekteer nie vir haar en haar mense nie.

“Dinge het toe vinnig vieslik geraak. Die een oomblik was ons verlief en die volgende oomblik blok hy my op WhatsApp,” laat sy hoor. K YKERS het byna net soveel oor die mooi rekenmeest­er se groen trui in die reeks gegons as oor die beesboer wat haar na sy plaas genooi het.

Toe sy in drie episodes telkens ’n groen trui dra, wou sommige kykers in die sosiale media weet of sy dan nie ander klere het nie.

Die gebore Zimbabwiër lag en verduideli­k: “Die laaste drie episodes is op een dag geskiet. Dis seker omdat die trui so heldergroe­n is dat mense dit raaksien; dis nie eens my gunsteling nie.”

Op die werklikhei­dsprogram se webtuiste het Johan sy ideale vrou voor die begin van die reeks as saggeaard, liefdevol, eerlik en avontuurlu­stig beskryf. Marilyn het gevoel dis sy in ’n neutedop. Sy reis dikwels en hou selfs van valskermsp­ring. Dit is ook waarom sy ingeskryf het.

Noudat Johan die toets gedop het, is sy steeds op soek na daardie man wat haar vir haar goeie eienskappe sal waardeer.

Vanjaar wil sy haar toespits op aktiwiteit­e wat sy geniet. Dalk ontmoet sy daardeur iemand spesiaals. “Omdat ek van die natuur hou, het ek gedink om by ’n stapklub aan te sluit. Ek is ook dol oor tennis en skilder.”

Sy bak ook graag kolwyntjie­s om in hulpbehoew­ende gemeenskap­pe uit te deel, vertel sy.

En dan erken sy: “Die lewe is kort en jy moet dit geniet. ’n Mens is geskape vir liefde. Ek droom van ’n pragtige troue.”

‘Die een oomblik was ons verlief; die volgende blok hy my op WhatsApp’

 ??  ?? Marilyn van Droogenbro­eck van Boer Soek ’n Vrou-faam is reg vir ware liefde. Sy is binnekort op die kassie in Wie’s My Liefie te sien.
Marilyn van Droogenbro­eck van Boer Soek ’n Vrou-faam is reg vir ware liefde. Sy is binnekort op die kassie in Wie’s My Liefie te sien.
 ??  ?? BO: Marilyn, Marita en Marinda, twee ander deelnemers van Boer Soek ’n Vrou wat op boer Johan se plaas was. REGS: Sy verduideli­k hoe vinnig dinge tussen haar en Johan skeefgeloo­p het.
BO: Marilyn, Marita en Marinda, twee ander deelnemers van Boer Soek ’n Vrou wat op boer Johan se plaas was. REGS: Sy verduideli­k hoe vinnig dinge tussen haar en Johan skeefgeloo­p het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa