Huisgenoot

Mev Zuma no 4 koer oor manlief

Drie van No. 1 se vroue hou hulle besig met, wel, gewone dinge. Maar sy No. 4 koer op Instagram oor manlief en deel raad uit oor die liefde

- Deur MARIANNE THAMM / DAILY MAVERICK

SY IS Vrou Nommer Vier en word beskou as die glinsteren­de, spontane juweel in die president se groot Zuma- huishoudin­g. Thobeka MadibaZuma is loslip oor haar lewe saam met Jacob Zuma, sy ander vroue en hul gesamentli­ke kroos in Nxamalala, die privaat presidents­woning in die Nkandla-voorheuwel­s. Ja, die een waarvoor belastingb­etalers te veel opdok.

Madiba-Zuma, wat haar emosies in die sosiale media met hutswoorde uitdruk, gryp elke kans aan om te wys hoe na sy is aan die president met wie sy in 2010 getrou het. Sy en JZ het drie kinders saam. Sy het 90 000 volgelinge op Instagram onder haar profiel, firstladyz­uma. (Vrou Nommer Drie, “dr. Bongi NgemaZuma”, het net 4 853 en deel selde gelukkige gesinskiek­ies.)

Op die ANC-konferensi­e in Desember in Nasrec, Johannesbu­rg, is Zuma erg gekarnuffe­l, maar kyk ’n mens na Vrou Nommer Vier se foto’s van hom en haar by Casa Nkandla was hy sorgeloos in kleurryke Madiba-hemde. Basta met politieke grafskrifs­krywers . . .

In Nkandla se sosialemed­iaborrel praat niemand oor die Guptas, geregtelik­e ondersoekk­ommissies of ’n presidensi­ële herroeping nie. Die president, omring deur sy glimlaggen­de kinders, lyk in beheer. En kyk, daar sit hy in die skadu, afgesonder deur glimmende polisiespe­rstroke, terwyl tradisione­le Zoeloe-dansers hom op Nuwejaarsd­ag vereer.

Madiba-Zuma het op Oujaarsaan­d op haar Instagram geskryf: “2018 is amper hier, wat beteken daar is nuwe geleenthed­e, hoop, drome en voornemens. Terwyl ons die nuwe jaar binnestap met nuwe geesdrif, is dit ook ’n tyd om te besin oor 2017 en die mooi oomblikke wat ons met familie en vriende gedeel het.

“Ek dink aan dié wat my en my gesin deur die moeilike tye gesteun het. Die gees van Nuwejaar is nie net herinnerin­gs nie, maar ook vir uitsien na die toekoms en die belofte van liefde, onvoorwaar­delike steun en hope geluk. Vergewe die mense wat jou dalk seergemaak het, laat gaan party mense en begin 2018 op ’n helder en vars noot. Daar moet geen plek vir haat in die nuwe jaar wees nie. Gelukkige 2018 en Baie Liefde #newyear #2018 #love #laugh #live”.

Op 4 Januarie het Madiba-Zuma foto’s gedeel van waar sy en JZ op hul huwelikshe­rdenking soos smoorverli­efde tieners na mekaar staar – maar ook ’n ander kant van hul verhouding verklap.

“Tot die einde van tyd en ons einde sal ek jou liefhê. Liefde is om ’n onvolmaakt­e mens volmaak te sien. Vroue, mans, trek die kleed van die hofregter uit. Trek eerder die kleed van ’n skilder aan wat die skoonheid van die liefde vasvang.

“Maar soms is ons motiewe nie suiwer nie. Ons wil ons geliefdes verander omdat ons skaam is oor wat ander oor ons kinders, ons sibbes, eggenote en ouers sê. Iemand het vir my gesê die huwelik is soos om na ’n restaurant te gaan.

“Nadat jy jou gereg bestel het, verneem jy wat die ander aan tafel bestel het en skielik is jy spyt oor wat jy bestel het.

“Glo my, die begeerte om te vergelyk veroorsaak so baie ellende en lei tot eg-

 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Politieke storm woed om sy kop, maar agter die skerms gaan dit sommer klopdissel­boom met pres. Jacob Zuma se liefdeslew­e. GERTRUDE SIZAKELA KHUMALO 1 VROU#
HOOFFOTO: ’n Politieke storm woed om sy kop, maar agter die skerms gaan dit sommer klopdissel­boom met pres. Jacob Zuma se liefdeslew­e. GERTRUDE SIZAKELA KHUMALO 1 VROU#

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa