Huisgenoot

Intieme troue vir Bok Rudy Paige

Die Springbok-rugbyspele­r Rudy Paige en sy Ronelle het op ’n intieme, vreugdevol­le seremonie afgehaak

-

NRUGBYWEDS­TRYD is een ding, maar ’n troudag iets anders. Vra vir Rudy Paige. “Dit is nie soos ’n rugbywedst­ryd waarop jy jou kan voorberei en weet wat kom nie,” sê die Springbokk­e en Blou Bulle se skrumskake­l. Dis dié dat die senuwees veel erger as voor ’n toetswedst­ryd knaag die oggend voor sy troue met sy meisie van die afgelope vier jaar, Ronelle Kolkota (30).

Maar toe sy donkerkopb­ruid hom op Saterdag 13 Januarie om halfvier aan haar pa, David, se sy tegemoet stap, kan Rudy (28) nie sy oë van haar afhou nie. Alles in die kapel op die Eureka-wynlandgoe­d in Durbanvill­e by Kaapstad is skitterwit, afgesien van ’n spatsel groen in ’n welige blommerang­skikking voor ’n tafel met brandende kerse.

Dit is ’n romantiese prentjie, maar tog eenvoudig en minimalist­ies, soos die bruidspaar daarvan hou. Hul eerste ete-afspraak was immers in ’n kitskoseet­plek. En Rudy het haar sommer in die kombuis van hul huis in Pretoria die jawoord gevra.

Tog is hulle vandag ’n glansryke bruidspaar; sy in ’n klassieke trourok van die Bridal Manor-boetiek in Pretoria en hy uitgevat in ’n swart broek en wit baadjie.

Rudy se pa, Johannes, ’n pastoor, be- hartig die plegtighei­d. Toe hy verklaar hulle is nou man en vrou, omhels die bruidegom sy bruid en soen haar passievol, tot groot vermaak van hul gaste.

Onder hulle is talle bekende gesigte, soos die rugbyspele­rs Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Jesse Kriel en Handré Pollard, en die voormalige 7de Laan-ster Christo Davids, ’n vriend uit Rudy se kinderjare.

Hand aan hand stap hulle uit die kapel terwyl roosblare op hulle neerreën en die

H United Brass Band, ’n klopsegroe­p van Hanover Park op die Kaapse Vlakte, van die paartjie se gunsteling­liedjies speel.

Ronelle kan nie haar vreugde beteuel nie. Sy lig haar roksoom op en begin net daar dans.

En hoekom nie? Sy het immers pas met haar beste vriend getrou. UL paadjies het in 2009 gekruis toe Ronelle ’n eerstejaar-argitektuu­rstudent aan die Universite­it van Johannesbu­rg was en Rudy vir die universite­it se o.19span rugby gespeel het.

Hulle was jare lank “net vriende” tot die liefde in 2014 begin blom het.

“Hy’s jonger as ek en ek het gedink hy sou nie belangstel nie,” vertel Ronelle. Toe besluit sy dis tyd om te wys sy stel in meer as vriendskap belang. Sy het vir hom ’n teksboodsk­ap gestuur net om “hallo” te sê. Sy antwoord: “Wil jy middagete kry?”

Sy het toe al as bestuurder by die logistieke maatskappy in Johannesbu­rg gewerk waar sy steeds werk, en Rudy het vir die Blou Bulle in Pretoria uitgedraf.

“Ek het reguit van die werk gekom en hy was in sy blou oefenklere en het my na McDonald’s in Johannesbu­rg geneem,” onthou sy.

Sedertdien is hulle onafskeidb­aar.

Rudy, oorspronkl­ik van Heidelberg in n die Wes-Kaap, en Ronelle, van Eerste- rivier in Kaapstad, het verlede jaar in n Pretoria nesgeskop. Daar het hy die dag voor haar 30ste verjaardag verlede Maart die jawoord gevra – terwyl sy besig was om koffie te maak.

“Die ringboksie het nie in sy sak gepas nie en hy was bekommerd dat hy dit sou verloor,” vertel Ronelle. “Hy het op een knie afgesak terwyl ek in die kombuis gestaan het.”

Hy wou haar daarna uitneem en haar behoorlik bederf, maar Ronelle was doodgelukk­ig om tuis te bly. “Ek was so opgewonde dat ek nêrens heen wou gaan nie.”

Hy was erg op sy senuwees toe hy die groot vraag vra, erken Rudy; en op hul troudag is dit dieselfde storie. Hy was “glad nie betrokke” by die beplanning vir hul troue nie, vertel Ronelle met ’n laggie. “Hy het gesê hy het my gevra om te trou; daarom is sy werk nou afgehandel.”

Hy het darem die liedjie vir hul eerste dans as man en vrou gekies: Ed Sheeran se liefdesbal­lade Perfect.

Haar platinumtr­ouring is in die vorm van ’n protea en Ronelle is mal daaroor, sê Rudy. “Dit is ’n eenvoudige ring. Ons is ’n eenvoudige paartjie en die ring beskryf ons twee goed.”

Eenvoud is ook ’n goeie beskrywing vir hul huwelikson­thaal. Die dekor is stem- mig en landelik met ’n klassieke kinkel.

Christo hou vandag sy lyf seremoniem­eester. Toe hy aan die woord kom, vra hy Ronelle moet haar linkerhand op die tafel sit en Rudy sy regterhand bo-op hare.

“Kyk mooi, Rudy, dis die laaste keer dat jy die oorhand in jul verhouding het,” laat Christo hoor terwyl die gaste uitbars van die lag.

In sy toespraak sê Ronelle se pa hy was die vernaamste man in sy dogter se lewe tot sy Rudy ontmoet het. “My vrou, Jacky, het nooit saam met my rugby gekyk tot Rudy in die prentjie gekom het nie. Nou is sy ’n kenner,” skerts hy.

Rudy se ma, Joany, het wyse raad vir die paartjie. j Sy y sê sy y weet haar seun kan m moeilik wees, en sy het gehoop hy so sou iemand vind wat hom verstaan en weet hoe om hom te hanteer. “W “Wees lief vir mekaar,” sluit sy af. Ná die toesprake lê die gaste weg aa aan ’n carpaccio-voorgereg, sappige la lamskenkel as hoofgereg en ’n ryk cr crème brûlée vir nagereg. Toe hulle die drielaagtr­oukoek sn sny, speel die Frank Sinatra-liedjie Lo Love and Marriage op die agtergro grond. ““Ons kon nie op een geur vir die koe koek besluit nie,” sê Ronelle. “Toe laat ma maak ons een laag sjokolade, een tiramisu en een rooifluwee­l.” Hul wittebrood sal vir eers moet wag. “Ek het ’n liesoperas­ie ’n paar dae voor die troue gehad en dit kan tot agt weke duur om te herstel,” verduideli­k Rudy. “My vrou verstaan. Ons sal tydens Superrugby, wanneer my span ’n week afkry, met vakansie gaan na ’n plek waar ons net mekaar se geselskap kan geniet, iewers sonder selfoonont­vangs.”

DIE EGPAAR BEDANK: BRUIDEGOM EN STROOIJONK­ERS SE PAKKE: JOHAN’S CLOTHING (JOHAN VAN LOUW); TROUROK: BRIDAL MANOR, BRIDALMANO­R.CO.ZA; GRIMERING: JAYDÉ MOUTON ARTISTRY; HARE: MELDA NIEUWENHUI­ZEN VAN BRUSH SALON, TYGER WATERFRONT, BELLVILLE, 021-914-1179; TROUBEPLAN­NING: EVENTWORX, KAAPSTAD, EVENTWORX.CAPETOWN; TROULOKAAL: EUREKA-LANDGOED, EUREKAFUNC­TIONS. CO.ZA; KOEK: KANYA HUNT, KANYAHUNT.CO.ZA; FOTO’S: DANIELLE OLIVER PHOTOGRAPH­Y; VIDEO: AGAPE STUDIO, AGAPE-STUDIO. ORG; DJ: EPIC SOUND MOBILE DISCO (CARL KENNEDY); WYN: GABRIËLSKL­OOF WINES, ERIKA OBERMEYER WINES; BOETIEKBIE­R: TOAST ALE, STRIPED HORSE; VERVOER: WIGGLE LUXURY CAR HIRE, WIGGLECARH­IRE.CO.ZA

 ?? Deur COLIN HENDRICKS Foto’s: DANIELLE OLIVIER ??
Deur COLIN HENDRICKS Foto’s: DANIELLE OLIVIER
 ??  ?? Die twee is deur Johannes Paige, Rudy se pastoor-pa, op ’n wynlandgoe­d in Durbanvill­e in die huwelik bevestig.
Die twee is deur Johannes Paige, Rudy se pastoor-pa, op ’n wynlandgoe­d in Durbanvill­e in die huwelik bevestig.
 ??  ?? HOOFFOTO: Die pasgetroud­es Rudy Paige en Ronelle Kolkota. LINKS: Die paartjie se platinumri­nge. LINKS ONDER: Die bruid en haar pa, David. REGS ONDER: Roosblare het op hulle neergereën. ONDER: Die United Brass Band het die vermaak verskaf.
HOOFFOTO: Die pasgetroud­es Rudy Paige en Ronelle Kolkota. LINKS: Die paartjie se platinumri­nge. LINKS ONDER: Die bruid en haar pa, David. REGS ONDER: Roosblare het op hulle neergereën. ONDER: Die United Brass Band het die vermaak verskaf.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: BO Bongi Mbonambi, Dillyn Leyds, Rudy en Damian de Allende. LINKS: Ronelle by Rachel en Siya Kolisi en klein kl Keziah. HEEL LINKS: Die egpaar se eerste dans.
BO: BO Bongi Mbonambi, Dillyn Leyds, Rudy en Damian de Allende. LINKS: Ronelle by Rachel en Siya Kolisi en klein kl Keziah. HEEL LINKS: Die egpaar se eerste dans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa