Huisgenoot

Gruwelouer­s met 13 kinders

Op Facebook pryk die gesin vrolik in Disneyland en Las Vegas – wie sou kon raai hoe die kinders mishandel word?

- Saamgestel deur NICI DE WET BRONNE: CNN, THE SUN, DAILYMAIL.CO.UK, MIRROR.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK

‘Die kinders is net twee maal per jaar toegelaat om te stort en moes heelnag wakker bly’

AL WAT oënskynlik ongewoon aan die gesin was, was die baie kinders – 13 orrelpypie­s. Hul huis met sy bruin hortjies en verwaarloo­sde tuin was onopvallen­d, en op hul Facebook- blad pryk foto’s van besoeke aan Disneyland en Las Vegas.

Maar agter geslote deure was David Turpin, met sy lang haarstyl, en sy vrou, Louise, ’n heel aantreklik­e brunet, nie die glimlaggen­de ouers wat op foto’s langs hul groot kroos poseer nie. Die twee het hul kinders – drie seuns en 10 dogters tussen twee en 29 jaar oud – jare lank gruwelik mishandel en verwaarloo­s.

Hul skrikbewin­d is onlangs beëindig toe een van hul dogters, ’n 17-jarige, uit die gruwelhuis in Perris, Kalifornië, ontsnap en die polisie van die omstandigh­ede daarbinne vertel. Toe die owerheid toeslaan, het tonele so reg uit ’n gruwelflie­k hulle begroet.

In die donker, stink huis het hulle afgekom op kinders wat aan beddens vasgeketti­ng is en in hul eie urine en ontlasting lê. Hulle was doodsbleek en uitgeteer en het ná jare van ondervoedi­ng baie jonger as hul ouderdom gelyk. Hulle is onmiddelli­k na die naaste hospitaal gebring.

Die distrikspo­lisiehoof, kapt. Greg Fellows, wat eerste op die toneel was, het die toestand in die vierslaapk­amerhuis as afstootlik beskryf. beskryf

Louise (49), die ma, het verward gelyk oor die polisie se teenwoordi­gheid voor sy en haar 57-jarige man in boeie weggelei is.

Die ouerpaar het sedertdien in die hof verskyn, waar hulle skuld ontken het op 12 aanklagte van marteling, 12 van wederregte­like gevangehou­ding, sewe van mishandeli­ng van ’n afhanklike volwassene en ses van kindermish­andeling. ’n Klag dat hy ’n kind jonger as 14 onsedelik aangerand het, is ook teen David aanhangig gemaak.

Tydens hul verskyning van 30 minute het albei net “ja” geantwoord toe die regter hulle vra of hulle die verrigting­e verstaan. Hul borggeld is op $13 miljoen elk vasgestel en hul volgende verskyning­sdatum is 23 Februarie. ESONDERHED­E oor oorwat wat in die gruwelhuis aangegaan het, lek nou stuk-stuk uit.

Die kinders is oor onbenullig­hede geslaan, soos wanneer hulle hul hande bo die pols gewas het, want dit sou beteken hulle “speel in die water”. Hulle is soms maande lank vasgeketti­ng en het selde kos gekry. As straf is hulle dikwels gedwing om te kyk hoe hul ouers eet.

Hulle was so uitgeteer dat die 29-jarige dogter net 37 kg geweeg het; ’n 12-jarige het soveel soos ’n sewejarige geweeg.

Die enigste inwoners van die huis met ’n normale gewig was die pa en ma, die jongste kind (van twee jaar oud) en twee malteserho­ndjies wat in puik kondisie aangetref is. Die kinders is net twee maal per jaar toegelaat om te stort en moes heelnag wakker bly en bedags slaap. Nie een was die afgelope vier jaar by ’n dokter nie, en hulle was nog nooit by ’n tandarts nie.

Al wat die kinders toegelaat is om te doen, was om dagboek te hou. Die polisie het op honderde van die boeke beslag gelê.

Die 17-jarige meisie wat ontsnap het, het aan die polisie gesê sy het gedink haar ouers sal haar doodmaak as hulle haar vang.

Dit blyk nou sy en haar sibbes het twee jaar lank aan die ontsnappin­g beplan. Sy het deur ’n oop venster weggekom en ’n selfoon wat sy in die huis gekry het, saamgeneem. Een van haar susters het saam met haar ontsnap, maar teruggedra­ai omdat sy bang geword het.

Danksy die foon kon die meisie aan die polisie foto’s wys van wat in die huis aangaan.

Nadat die gebeure in die gruwelhuis op die lappe gekom het, het die bure aan die media vertel hulle was onbewus van wat in die huis aangaan.

Volgens die staatsaank­laer Michael Hestrin het die kinders weens hul beperkte blootstell­ing aan die buitewêrel­d nie eens geweet wat ’ n polisiebea­mpte is toe hulle gered is nie. “Hulle het blykbaar tuisonderr­ig ontvang, maar het geen basiese kennis van die lewe nie,” het hy op ’n mediakonfe­rensie vertel.

DIE owerheid dink in dié stadium die mishandeli­ng het in 2010 begin. Aanvanklik is die kinders met toue vasgemaak, maar toe party dit regkry om te ontsnap, het David en Louise kettings en slotte begin gebruik.

Familieled­e van die ouerpaar skets nou ’n prentjie van ’n egpaar wat aangevuur is deur godsdiensd­rif en verstandel­ike onstabilit­eit en wat hulle kort ná hul troue aan die gemeenskap onttrek het.

Albei het grootgewor­d in vroom Christelik­e gesinne in Princeton, Wes-Virginië, waar Louise se pa ’n predikant was.

Volgens ’n tante, Brenda Taylor, het Louise op 16 met David getrou en kort daarna die dorp verlaat. Hulle het na Texas verhuis, waar David as ingenieur vir ’n weermagkon­trakteur gewerk het en Louise ’n tuisblyma was.

Die twee het geldproble­me ontwikkel en is uit verskeie huise geskop. Mense wat ná hulle daar ingetrek het, sê die plekke was slordig met gebreekte ruite en vullis op die matte.

Die egpaar het rondgetrek en in 2011 in Kalifornië aansoek gedoen om bankrot verklaar te word. Hulle het blykbaar sowat $500 000 skuld gehad al het David ’n goeie salaris verdien.

Ivan Trahan, ’n prokureur wat hulle destyds verteenwoo­rdig het, het aan CNN gesê: “Daar was niks vreemds aan hulle nie. Hulle het liefdevol van hul kinders gepraat.”

Hul finansiële verknorsin­g het hulle nie gekeer om gesinsuits­tappies te onderneem na Disneyland en Las Vegas nie. Daar is selfs foto’s aanlyn waarop die egpaar in 2013 en ’15 in ’n Elvis-kapel in Las Vegas hul troubeloft­e aan mekaar hernu. Op die foto’s is die 13 kinders by – in identiese uitrusting­s.

EEN van Louise se susters, Elizabeth Flores (41), sê sy het haar suster 19 jaar laas gesien. “As dit twee jaar gelede was dat sy kontak verbreek het, sou ons nou kon dink, sjoe, iets is nie pluis nie. Maar dit gaan al aan van voor hulle kinders gehad het. Hulle was baie privaat,” het sy aan DailyMailT­V vertel.

“Hulle het niemand toegelaat om te kom kuier nie, en ons het nie eens geweet wat hul adres is nie. Ons het soms oor die foon gepraat, maar elke keer dat ek gevra het om met die kinders te praat, wou Louise my nie toelaat nie.”

’n Ander suster, Teresa Robinette, sê haar hart is stukkend oor haar susterskin­ders. “Ek is seer en kwaad. Ons lewe was nie volmaak toe ons kinders was nie, maar Louise het nie so geleef nie,” het sy aan NBC vertel.

Die paar keer dat sy hulle gesien het, het sy altyd ’n opmerking gemaak oor die kinders se gewig. “Ek sou sê: ‘Liewe aarde, hulle is so maer!’ Dan lag Louise net en sê: ‘ Wel, David is so lank en skraal. Hulle gaan net soos hy wees,’ ” sê Teresa.

David se ouers het hom intussen verdedig.

Sy ma, Betty (81), het aan die tydskrif Time gesê sy is in “algehele skok” oor die aanklagte, en David is ’n “baie aangename” mens.

Hoe blind kan ’n ma wees?

 ??  ?? LINKS: David en Louise Turpin kan elk tot 94 jaar tronkstraf gevonnis word as hulle aan al die aanklagte van marteling, gevangehou­ding en mishandeli­ng skuldig bevind word. ONDER: Ten spyte van die mishandeli­ng het hulle steeds hul 13 kinders op gesinsvaka­nsies na plekke soos Disneyland gevat. DIE OUERS DIE OËNSKYNLIK GELUKKIGE GESIN
LINKS: David en Louise Turpin kan elk tot 94 jaar tronkstraf gevonnis word as hulle aan al die aanklagte van marteling, gevangehou­ding en mishandeli­ng skuldig bevind word. ONDER: Ten spyte van die mishandeli­ng het hulle steeds hul 13 kinders op gesinsvaka­nsies na plekke soos Disneyland gevat. DIE OUERS DIE OËNSKYNLIK GELUKKIGE GESIN
 ??  ?? LINKS: Die gruwelhuis, soos dit nou bekendstaa­n. Die polisie fynkam nog die erf vir oorblyfsel­s van kinders wat dalk nie oorleef het nie. Die gesin se honde, twee maltesers, was in ’n beter toestand as die kinders.
LINKS: Die gruwelhuis, soos dit nou bekendstaa­n. Die polisie fynkam nog die erf vir oorblyfsel­s van kinders wat dalk nie oorleef het nie. Die gesin se honde, twee maltesers, was in ’n beter toestand as die kinders.
 ??  ??
 ??  ?? BO en REGS: Die hele gesin in Las Vegas, waar die egpaar hul troubeloft­es met die hulp van ’n Elvis-nabootser hernu het.
BO en REGS: Die hele gesin in Las Vegas, waar die egpaar hul troubeloft­es met die hulp van ’n Elvis-nabootser hernu het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa