Huisgenoot

Jong Jan Bloukaas se album op pad

Jan BlBloukaas het oornag beroemd geword met sy lekker liedjies op YouTube, en pas uit matriekmat­rie is ’n album op pad

- DEUR MARLISE SCHEEPERS

EK HOU van kaas, bra. Middel van die nag dat dit raas, bra. Feta, cheddar, mozzarella, ja, bra.” So rap Jan Bloukaas op sy liedjie Kaas Elke Dag, wat soos ’n veldbrand versprei het, maar moet tog net nie vir hom bloukaas gee nie; daarvan hou hy niks. Hy kan dit nie eens naby hom verduur nie.

“Ek het dit geproe toe ek baie jonger was en niks daarvan gehou nie,” vertel die rapper wat vars van die skoolbanke is. Hy eet wel ander kaas soos dié waaroor hy sing. “Ek is nie noodwendig mal daaroor nie en het dit net lukraak in die liedjie gesit het,” sê hy.

Die 18-jarige Jan Bloukaas, oftewel die Kapenaar Jean du Plessis, het verlede jaar byna oornag bekend geword met liedjies soos Kaas Elke Dag, KykNET en Chill en Lassit, wat hy op YouTube gelaai het. Die aansteekli­ke ritmes het in die smaak van duisende jonges geval – Kaas Elke Dag is al meer as 540 000 keer op YouTube geluister. “Ha, ha, ha. Hoekom love ek hierdie

song so baie?” skryf een van sy aanhangers op YouTube. “Ek weet nie waarna ek luister nie, maar ek like dit,” skryf ’n ander. “Jy gaan nog ver kom, pappie,” sê nog een.

En Jan Bloukaas is so vasbeslote om ver te kom dat hy sy studieplan­ne vir ’n n B.Com.-graad eers op ys gesit, sy y tas gepak en uit die Kaap na Pretoria verhuis het om sy y musiekloop­baan ’n kans te gee.

Hy’s nog vars uit matriek, maar sy eerste album is sowaar reeds op pad.

ONS ontmoet hom oor ’n yskoffie in ’n kof f iekroeg in Menlyn. Hy dra ’ n T- hemp en kortbroek en vertel geesdrifti­g van die w wilde wegholtrei­n w waarop hy die laaste klompie maande ry.

Hy het Kaas Elke Dag in November 2016 geskryf toe hy in gr. 11 aan die Hoërskool Tygerberg in Parow buite Kaapstad was en dit self opgeneem en op YouTube gelaai.

“Ek maak al van gr. 6 af elektronie­se musiek op my rekenaar. ’n Vriend het vir my gesê ek moet self liedjies skryf en sing, en so het ek Kaas Elke Dag vir die grap geskryf.

“Die mense was so gek daaroor dat die een of ander aanhanger sommer self ’n musiekvide­o daarvan gemaak het,” vertel hy ingenome oor die video wat die aanhanger toe op YouTube gesit het.

Kort daarna het hy nog drie liedjies op YouTube uitgereik wat ook baie goed vaar en die kykgetalle inoes.

Die jong rapper was al gewild op YouTube voor sy huismense hulle veel aan sy musiekmake­ry gesteur het.

“My twee ouer broers, Stephan en Johan, wat al in hul laat 20’s is, het nie eintlik veel van my musiek gedink nie tot hul vriende vir hulle van die snitte begin speel het. My ouers was ook nie eintlik beïndruk nie, maar nadat my ma van die nuwe snitte gehoor het wat op die album gaan wees, het sy darem vir my gesê dit is vir haar mooi,” sê hy effens skaam. “Hulle het nou meer respek daarvoor.”

Stephan is ’n prokureur en Johan ’n ingenieur, en albei bly in die Kaap. Sy ma, Ronel, is ’n apteker en pa, Daan, ’n entreprene­ur. Hy huur op die oomblik ’n woonstel in Pretoria en sê sy ouers gee nie om dat hy die groot stad alleen aandurf nie. “My ouers is baie bly dat ek die kans waag om my drome te verwesenli­k en alleen in Pretoria kom bly.”

HOE het dit gekom dat ’n bogkind ’n albumkontr­ak losslaan? Sy liedjie Hartklop het in November verlede jaar op YouTube die aandag getrek van Johan Vorster van die platemaats­kappy Inhoud Huis Musiek. Groot sterre soos Lianie May, Bok van Blerk en Jo Black het ook kontrakte by dié maatskappy.

“Johan maak self ook musiek en ek kyk baie op na hom. Toe hy Hartklop hoor, het hy besluit om met my saam te werk om my eerste album op te neem.

“Hiervoor werk ek aan musiek waarby mense emosioneel kan aanklank vind. Daar is 14 splinternu­we snitte; dis ’n mengsel van komiese liedjies en ander wat meer van ’n storie vertel.

“Ek het nog nie ’n datum vir die uitreiking van die album nie omdat ek nog daaraan werk, maar ek dink die titel gaan Lewe wees.”

Sy gunsteling­liedjie is juis die titelsnit. “Ek het dit in gr. 10 geskryf. In daardie stadium van my lewe het ek baie dinkwerk gedoen.” Die liedjie Lewe is meer gebonde aan gevoelens, vertel hy. “Dit gaan daaroor dat die lewe ’n oop boek is, so ons moet begin skryf,” sê hy.

Jan verower ook in lewende lywe nuwe gehore, soos toe hy net ná Kersfees in die In Afrikaans-konsert in die amfiteater op Hartenbos opgetree het. “Dit was saam met Snotkop, Leah en Brendan Peyper. Ná die konsert het die mense my heeltyd gestop om te gesels – ek het dit baie geniet.”

Op skool het hy aan rugby en atletiek deelgeneem, in ’n sêrgroep gesing en ’n rol in ’n revue vertolk. Hy het akademies goed gevaar en met universite­itsvrystel-ling geslaag.

Hy was nog altyd ’n ekstrovert wat mense graag vermaak. “As ek nie na musiek luister nie, maak ek musiek. Ek hou daarvan as mense my musiek geniet.” Hy vertel sedert sy internetro­em het kinders in die skool wat hy nie eens geken het nie, na hom toe gekom en begin geselsies maak oor die musiek. Soms herken mense hom op straat en kom sê dankie vir die musiek wat hy maak. “Wanneer dit gebeur, is dit vir my baie lekker, en ek waardeer dit verskrikli­k.” Hy beskryf sy musiek as “komies en elektronie­s” en droom daarvan om eendag saam met Karen Zoid en Francois van Coke op te tree. Hy wil eendag voltyds in die musiekbedr­yf wees al is dit agter die skerms, soos om ander kunstenaar­s te bestuur of vir hulle musiek te skryf. Dit is sy droom. Jan is mal oor diere en mis sy twee labradors, Bruno en Tessa, ver-skriklik. “Ek vrek oor hulle, maar kan nie groot diere in my woonstel aanhou nie. Ek dink ek gaan vir my ’n kat kry wat ’n bietjie meer onafhankli­k is as ’n hond omdat ek dalk baie van die huis af weg gaan wees. “Ek sal die kat Jan Bloukat noem,” spot hy.

‘Ek weet nie waarna ek luister nie, maar ek like dit’ – aanhanger op YouTube

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO en REGS: Jan Bloukaas het vir eers sy studieplan­ne laat vaar sodat hy op sy musiek kan fokus.
HOOFFOTO en REGS: Jan Bloukaas het vir eers sy studieplan­ne laat vaar sodat hy op sy musiek kan fokus.
 ??  ?? BO: Verlede jaar in aksie by Bok Radio se Wes-Kaapse Bokkies-prysaand in Kaapstad. LINKS: Jan se profielfot­o op sy aanhangers­blad op Facebook.
BO: Verlede jaar in aksie by Bok Radio se Wes-Kaapse Bokkies-prysaand in Kaapstad. LINKS: Jan se profielfot­o op sy aanhangers­blad op Facebook.
 ??  ?? LINKS: Jan by Karlien van Jaarsveld. REGS: Die rocker Francois van Coke (links), Jan en sy vriend Jaco Snyman.
LINKS: Jan by Karlien van Jaarsveld. REGS: Die rocker Francois van Coke (links), Jan en sy vriend Jaco Snyman.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa