Huisgenoot

‘KNAPSEKÊRE­LS IS DIE HOOGTEPUNT VAN MY LOOPBAAN’ – ROBERTO KYLE

Daar is net een pad vir dié akteur, en dis boontoe!

- Deur LARA ATSON

Hello, Skalkie!

Dié boorling van die Paarl in die Boland kuier deesdae Dinsdagaan­de in ons voorkamer as die sekuriteit­swag Skalkie Fortuin in die nuwe kykNET-dramareeks Knapsekêre­ls. Roberto (25) speel teenoor van die grootste name in die plaaslike vermaakbed­ryf – van die Waterfront-akteur Dawid Minnaar tot Armand Aucamp van Die Boekklubfa­am. “Skalkie is ’n skerp outjie wat hard werk om sy ma, Naomi (Nazli George), en sussie, Rachel (Schelaine Bennett), te help met dinge by die huis,” vertel Roberto. “Skalkie se storie is hartroeren­d, gevul met humor, hartseer en drama.” Ons kan skaars wag om te sien wat sy storielyn inhou.

Pelle op die stel

Die meeste van sy tonele het hy saam met Armand verfilm, wat die rol van sy mede sekuriteit­swag My nie Bekke r vertolk, vertel Roberto. Die reeks is oor drie maande in Johannesbu­rg verfilm en handel oor Skalkie en Mynie en hul gesinne. “My dae het tipies vieruur soggens begin om teen sesuur te begin skiet. ’n Normale dag het vir my omtrent sewe tot agt tonele ingehou, waarvan kostuums verander en woorde leer ’n groot deel was,” vertel hy. Hy en Armand het vuurwapen opleiding gekry en boonop al hul eie waagtoertj­ies uitgevoer. “Ek kon skiet met regte vuurwapens en was mal daaroor.”

Sy pad na die kassie

Die vermaakgog­ga het hom al op ses gebyt. “My gr. 1-juffrou aan William Lloyd Primêre Skool het my gevra om ’n gedig voor te dra. Ek het dit gedoen en kan onthou hoe almal hande geklap het.”

Hy was ook ’n kranige sanger. Roberto het in 2005 by die Frank Pi eters enmusiekse­ntrum op hul dorp aangesluit, waar hy klassieke stem en musieklite­ratuur studeer het onder die klassieke sanger Jo-Nette le Kay, wat hom vyf jaar afgerig het. Nadat hy in 2010 aan die Hoërskool Klein-Nederburg gematrikul­eer het, het hy ’n jaar afgevat en in dié jaar aan die Suid-Afrikaanse Talentkamp­ioenskap s kompetisie deelgeneem en in drie van die vyf kategorieë skoonskip gemaak – toneelspee­l, model werk en sang. g Hy y het toe Suid-Afrika verteenwoo­rdig een w oor dig nw oor dig in Orlando, Florida. ridda. Die jaar daarna, a, inn in 2012, het hy afgesit esitt Ikeys toe om draama te studeer. Sy y eerste TV- rol het hy twee jaar later losgeslaan – ’n rolletjie in ’n episode van die vierde seisoen van die Hollywood- ster r Claire Danes se bekroonde dramamaree­ks, Homeland. d.

Hoogtepunt­e

Roberto is al vyf jaar in die vermaakbed­ryf. “Knapsekêre­ls is tot dusver beslis die hoogtepunt van my loopbaan,” vertel Roberto. “Om elke week in ’n reeks te verskyn as hoofkarakt­er is enige akteur se droom. Ek is dankbaar dat ek teenoor mense kan speel na wie ek opsien. Ek het verlede jaar teenoor die Amerikaans­e ik akteur kt Idris Id i Elba Elb gewerk k (in die wetenskaps­fiksiepren­t The Dark Tower), en dit was ook nogal baie spesiaal vir my.”

Drome word waar

Hy y was die afgelope g p drie maande te sien as Carrl Carl A Abrahams, seun van die diee komediant k Marc Lottte Lottering se skreeusnna snaakse karakter AAu Aunty Merle in die ve verhoogpro­duksie A Aunty Merle, the M Musical, wat tot 20 Januarie in die Baxter- teater in die Kaap t te sien was. Dié m musiekbly spelko komedie keer in Ap April terug na die plank planke. “Van m my rolmodelle is Marc, Kevi Kevin Smith (van Isidingo dingo-faam), faam) T Terence Bridgett en Brendon Daniels, almal akteurs saam met wie ek onlangs gewerk het.” Terence en Brendon is ook saam met hom te sien in Knapsekêre­ls. “Hulle inspireer my, want as ’ n 10- jarige was hulle vir my spieëlbeel­de van myself. Hulle het my laat glo dat ek wel my drome werd is.”

 ??  ??
 ??  ?? BO: Roberto Kyle. REGS BO: By die Homeland-akteur Mandy Patinkin. REGS: Marc Lottering speel sy ma in Aunty Merle, the Musical. ONDER: Saam met Armand Aucamp, Dawid Minnaar en Christia Visser in Knapsekêre­ls.
BO: Roberto Kyle. REGS BO: By die Homeland-akteur Mandy Patinkin. REGS: Marc Lottering speel sy ma in Aunty Merle, the Musical. ONDER: Saam met Armand Aucamp, Dawid Minnaar en Christia Visser in Knapsekêre­ls.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa