Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

NUWE HAARSTYL

Koos is aan die bles word. Nadat die haarkapper sy hare gesny het, het hy net vyf hare oor. “Hoe moet ek dit kam?” vra die haarkapper. “Linkerpaad­jie, asseblief,” sê Koos. Die haarkapper maak so, maar toe val nog ’n haar uit. Hy vra hoe hy die oorblywend­e vier hare moet kam. “Kam dit maar borselkop,” sê Koos. Weer val ’n haar uit. Met net drie hare oor, sê Koos hy moet dit maar met ’n regterpaad­jie kam. Nog ’n haar val uit en die haarkapper wil weet hoe hy die oorblywend­e twee moet kam. “Kam dit maar met ’n middelpaad­jie,” antwoord Koos.

Nog ’n haar val uit en met net een oor, vra die haarkapper weer hoe hy nou Koos se hare moet kam.

Baie benoud dat hy ook die laaste haar gaan verloor, sê Koos: “Ag man, los dit maar so deurmekaar.” DRIES VAN DEN BERG, KRUGERSDOR­P

JAWOORD

Smoorverli­ef vra die kêrel vir sy meisie: “Wat sal jy sê as ek jou vra om met my te trou?”

“Niks,” antwoord sy, “want ek kan nie gelyktydig praat en lag nie.” F.H. HORNE, HARTENBOS

LIEF EN LEED

Oor die huwelik:

Huwelike word in die hemel gemaak, maar donder en weerlig ook!

As jy wil hê jou maat moet luister wat jy sê, praat in jou slaap.

As ’n man die motordeur vir sy vrou oopmaak, is dit óf ’n splinternu­we motor óf ’n nuwe vrou.

Voor die troue sal ’n man wakker lê en dink aan iets wat sy aanstaande gesê het. Ná die troue raak hy aan die slaap nog voor sy klaar gepraat het.

Elke man wil ’n vrou hê wat mooi, vol begrip, spaarsaam en ’n goeie kok is. Ongelukkig laat die wet ’n man net een vrou toe.

Elke vrou wil ’n man hê wat aantreklik, begrypend, ryk en bedagsaam is, maar die wet laat haar net een man toe.

Die man is nie volledig tot hy trou nie. Daarna is dit klaar met hom. LOUISE NOETH

UIT DIE BOEK

Neels: “Kan ek vir jou my boek oor goeie maniere leen?”

Petrus: “Ja, maar is jy seker jy kan daarsonder klaarkom?” LITA SCHOON

ARME ADAM

Die lewe is nie regverdig teenoor mans nie. Wanneer hulle gebore word, word hul ma’s gelukgewen­s. Wanneer hulle trou, kry die bruid die aandag en geskenke, en wanneer hulle sterf, kry die vrou die versekerin­gspolisse. LEON KRUGER

GROOTKOP

Die jong man is baie in sy skik met homself toe hy sy doktorsgra­ad kry.

Seun: “En toe, pa, hoe voel dit om so ’n merkwaardi­ge seun te hê?” vra hy.

Pa: “Ek weet nie. Vra jou oupa.” L. SAAYMAN, SABIE

HAASKOS

“Hoekom bestel jy haaspastei?” vra ’n vrou haar metgesel in die restaurant. “Ek dog dan jy’s ’n vegetariër?”

“Dis uit wraak,” sê hy. “Die hase het gisteraand al my spinasie opgevreet.” GRABE, HARTENBOS

EENDERSDEN­KEND

Koos: “Ek en my skoonma het nogal baie gemeen: Ons stem saam dat ek nooit met haar dogter moes getrou het nie.” KASOEPIE

BREEKGOED

Jannie klop aan die buurvrou se deur en sê sy ma vra of sy ses borde by haar kan leen.

“Maar het julle dan nie borde nie?” vra die buurvrou verbaas.

“Ja, ons het,” sê Jannie, “maar ek verjaar vandag en my ma is bang ons breek die borde.” AREND KIRKMAN

GEDUGTE SPAN

’n Kennisgewi­ng voor ’n huis waarsku: “Pasop vir die papegaai.”

“Wat kan ’n papegaai nou eintlik doen?” vra ’n verbygange­r.

Waarop die eienaar antwoord: “Oppas as hy vir die rottweiler fluit!” KASOEPIE

REGTE PAD

’n Jong seun staan buite die winkel en wag vir sy ma. ’n Man kom na hom en vra: “Seun, kan jy my sê waar die poskantoor is?”

“Ja, seker,” antwoord die seun, “dis twee blokke in die straat af en dan net om die hoek.”

“Dankie,” sê die man. “Ek is die dorp se nuwe dominee. Kom Sondag kerk toe, dan wys ek jou hoe om in die hemel te kom.”

“Ek dink nie so nie,” antwoord die seun. “Dominee weet dan nie eens waar die poskantoor is nie.” LOUISE NOETH

MODELFOTO

’n Jong man gaan by sy ouerhuis kuier en stap yskas toe om vir hom ’n bier te gaan haal. Hy sien ’n foto van ’n skrapsgekl­ede, vietse model is teen die deur vasgeplak. “Watse foto is dit dié?” vra hy sy ma. “Ek het dit daar opgeplak om my te herinner om my nie te ooreet nie,” verduideli­k sy. “En help dit?” vra hy. “Ja en nee. Ek het 15 kg verloor, maar jou pa het 20 aangesit.” LITA SCHOON

LIEFDEVOLL­E JUFFROU

Bennie kom vol laggies terug van die skool af. Sy ma: “Jy lyk baie gelukkig.” Bennie: “Ek is; my juffrou is mal oor my.” Ma: “Hoe weet jy?” Bennie: “Sy maak soentjies by my huiswerk.” GRABE, HARTENBOS

SPORTVASVR­A

V: Watter siekte het die karate-deskundige gehad? A: Kung Flu. V: Watter soort dans doen jy op ’n trampolien? A: Hip-hop. V: Wat is ’n bokser se gunsteling­kleur? A: Pimpel en pers. V: Hoekom word sokkerspel­ers selde vir ete genooi?

A: Want hulle dribbel altyd. L. SAAYMAN, SABIE

’N GOEIE VRAAG

V: Hoekom het die blondine uit Johannesbu­rg PE toe getrek? A: Dit was vir haar makliker om dit te spel. V: Hoekom is sy eks vir ’n man soos ’n ontsteekte blindederm?

A: Sy veroorsaak baie pyn en lyding en eers wanneer ’n mens van haar ontslae is, besef jy jy het haar eintlik nooit nodig gehad nie. V: Hoekom vlieg hekse op besemstokk­e? A: ’n Stofsuier se koord is nie lank genoeg nie. LITA SCHOON

SWAAR DRA

In die biologiekl­as gaan die les oor miere.

Onderwyser: “’n Mier kan stukkies kos dra wat vyf keer sy eie gewig is. Wat kan julle daaruit aflei?”

Jan: “Dat hulle nie tot ’n vakbond behoort nie.” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa