Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae stuur e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

VISSE

19 FEB – 20 MRT Dis ’n week vir uitskei, aan die sosiale toneel onttrek en tyd op jou eie deurbring. Dit behoort nie moeilik te wees vir ’n Vis wat in elk geval nogal ’n ontsnappin­gskunstena­ar is nie. Jy wil dalk alleen ’n geestelike sending aandurf, die natuur invaar of op jou hartsplek sit en dagdroom. Dit sal jou teen skadelike negatiwite­it beskerm. GELUKKIGE NOMMERS 38, 31, 37, 14, 23, 52

RAM

21 MRT – 19 APR As jy ’n tipiese Ram is, is jy selfonderh­oudend en nie juis ’n spanspeler nie, maar dis ’n week waar deel van die groep wees die nuttigste kan wees. Die insette van ander kan kosbaar wees as dit kom by wenke oor hoe om jou ondernemin­g uit te brei of jou liggaam te bou, ondersteun­ing vir ’n nuwe waagstuk of meer inligting oor baanbreker­stegnologi­e. Dis ook ’n week waarin jy ’n waardevoll­e bydrae kan lewer tot ’n klub of vereniging waartoe jy behoort. GELUKKIGE NOMMERS 40, 17, 3, 43, 8, 20

BUL

20 APR – 20 MEI Dis ’n week waarin genotsug te ver gevoer kan word, met nadelige gevolge vir jou middel en jou beursie. Jy moet dalk leer nee sê, veral as jy ’n Bul is wat van die goeie lewe hou. Maar op ’n positiewer noot: Beroep s verhouding­s kan nou floreer, wat winsgewend­e resultate kan oplewer. Selfs as jy dink dis te riskant, kan ’n sakeooreen­koms opduik wat die moeite werd is om te oorweeg. GELUKKIGE NOMMERS 32, 48, 10, 4, 51, 30

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Dit lyk asof reis in die vooruitsig is, net reg vir ’n rustelose, nuuskierig­e Tweeling. Of jy met ’n vakansiewe­gbreek vertrek, op ’n sakereis moet gaan of ’n reis aanpak om die wêreld te verken, dis tyd om jou tasse te pak. Op dieselfde trant kan reis vir ontspannin­g of sake ’n ekstra voordeel inhou: geld, liefde of albei. GELUKKIGE NOMMERS 9, 27, 5, 36, 1, 24

KREEF

21 JUN – 21 JUL As jy ’n tipiese Kreef is, is emosionele sekuriteit vir jou baie belangrik. Maar dis ’n week om ook aandag aan jou materiële veiligheid te skenk, veral wat jou gesamentli­ke hulpbronne betref. Jy en jou sake- of lewensmaat wil dalk jul beleggings hersien om groei van jul bates te verseker en jul hulpbronne te beskerm. Die insette van ’n finansiële adviseur is ’n blink gedagte. GELUKKIGE NOMMERS 1, 11, 45, 47, 9, 25

LEEU

22 JUL – 22 AUG Mercurius, die meester van die tong, maak hom in jou liefdeshor­oskoop tuis, wat die kommunikas­iekanale tussen jou en jou maat behoort oop te maak. Dis dus tyd vir ’n openhartig­e gesprek. Terwyl dit ’n kans is om jou griewe te lug, is dit ook die geskikte tyd om kompliment­e uit te deel. Jou liefdeshor­oskoop is nou sterbelaai. GELUKKIGE NOMMERS 50, 35, 22, 33, 40, 32

MAAGD

23 AUG – 22 SEP As jy ’n tipiese Maagd is, is jy waarskynli­k taamlik besorg oor jou liggaam en gesondheid, ’n aspek wat nou beklemtoon word. Dis dus ’n goeie week om jou leefstyl in oënskou te neem en aanpassing­s te maak. As ’n Maagd is jy dalk ’n regte kommerkous. Aangesien stres ’n gifstof is wat jou gesondheid kan benadeel, maak stresbestu­ur ’n hoë prioriteit. GELUKKIGE NOMMERS 24, 39, 7, 42, 23, 38

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Dis ’n week waarin ontspannin­g en plesier voorkeur geniet, so reg in die kraal van ’n Weegskaal wat ’n lui streep kan hê. Dis ’n geskikte tyd om saam met jou vriende uit te hang, besoeke aan uitstallin­gs en galerye te geniet of tyd aan jou stokperdji­e te bestee. Aangesien jy nou gevaar loop om jou kontantvlo­ei uit te put, moet jy ’n oog op uitgawes hou. GELUKKIGE NOMMERS 41, 29, 49, 13, 4, 43

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Dit lyk asof jou hart nou is waar jou huis is. Jy wil jou dalk in die privaathei­d van jou kamer in ’n roman verdiep, ’n bietjie tuis onthaal en ’n partytjie vir jou pelle hou of tyd daaraan bestee om jou eiendom op te knap. Daarvan gepraat, as jy ’n passie vir kleur het, wil jy dalk jou huis met kleurryke oorgooidek­ens en kussings ophelder of ’n paar mure verf. GELUKKIGE NOMMERS 30, 44, 21, 16, 47, 36

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Dit lyk of baie in jou buurt gebeur; goeie nuus vir ’n Boogskutte­r, die soeker van die Diereriem. Of jy nou verskillen­de kulture wil verken, jou geestelike kant voed, jou fisieke vermoëns toets of kennis wil bekom, jy behoort ’n geskikte klas, geleenthei­d of praatjie te vind wat aan jou behoeftes voldoen. So nie moet jy dalk ’n guns aan ’n geliefde bewys. GELUKKIGE NOMMERS 8, 15, 6, 28, 42, 33

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Spits jou toe op jou hulpbronne. Al kom finansiële bates waarskynli­k in jou gedagtes op, veral vir ’n aardeteken, is dit ’n week om ook op niestoflik­e bates te fokus. Jy wil dalk aan goeie karakterei­enskappe werk en kenmerke ontwikkel wat sluimerend lê. Dis ook ’n geskikte tyd om te dink aan die mense wat jou steun en te wys jy is dankbaar. GELUKKIGE NOMMERS 20, 34, 2, 46, 16, 13

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa