Huisgenoot

Raad vir ’n puik opstel

Om ’n opstel te skryf kan harde werk wees, maar met oefening kan jy dit baasraak

-

PARTY storievert­ellers kan die eenvoudigs­te alledaagse gebeure so vertel dat jou maag pyn van die lag, jou oë begin traan en jy sommer skielik hartseer of gelukkig kan voel. Al is storievert­el ’n kuns, kan jy leer hoe om ’n opstel, nuusberig of -storie te skryf. Dit verg net oefening en geduld.

DIE SKRYFPROSE­S

Die skryfprose­s bestaan uit ’n paar stappe wat jy kan volg om dit vir jou makliker te maak: Beplannnin­g – waaroor gaan jy skryf, of dit nuus is, en vir wie jy dit skryf. Die skryf van ’n konsep – hoe lank gaan jou berig wees en wat wil jy alles daarin sê. Hersiening – lees dit deur en maak seker jou lesers gaan nie vrae hê nadat hulle dit gelees het nie (sien die vyf W’s en ’n H) en dat al jou feite korrek en waar is. Redigering – verander die berig waar nodig. Proeflees – maak spel- en taalfoute reg. Aanbieding – wanneer jou berig klaar is en gereed is vir lees.

Wanneer jy ’n opstel in die klas skryf, is dit belangrik dat jy seker maak jy verstaan die opdrag en weet waaroor jy moet skryf. Beplanning is dan baie belangrik.

’n Kopkaart of spinnekopd­iagram kan jou baie help. Navorsing is baie belangrik vir enige opstel. Jy kan inligting op die internet soek en dit gebruik om jou feite te staaf. Jy kan ook met mense gesels, tydskrifte en koerante lees en by die biblioteek ’n boek oor jou onderwerp uitneem. Daar is dikwels ook nuttige inligting in brosjures en pamflette.

VERHALENDE OF BESKRYWEND­E OPSTELLE

Besluit of jou opstel verhalend of beskrywend sal wees. ’n Verhalende opstel of berig is wanneer jy ’n verhaal of storie vertel. ’n Beskrywend­e opstel is wanneer jy iets beskryf – jy kan jou sintuie hiervoor inspan!

Vir albei moet jy navorsing en beplanning doen voor jy begin skryf. Met goeie beplanning is die grootste deel van die werk klaar.

Onthou om jou bronne (waar jy jou inligting kry) te lys sodat jy nie iemand anders se werk steel en so plagiaat pleeg nie.

Dis ook belangrik om jou inligting in jou eie woorde oor te skryf.

Het jy geweet, nes ’n opstel, kan ’n nuusberig ook verhalend wees? Dit is omdat die nuusberig ’n storie vertel.

Wanneer jy ’n nuusberig skryf, is dit be- langrik dat jy die regte “resep” gebruik. Dit bestaan uit die vyf W’s en ’n H: Wie: Die onderwerp waaroor jou berig of storie handel. Dit hoef nie ’n mens te wees nie. Wat: Wat het die onderwerp gedoen of wat gaan gebeur? Wanneer: Op watter dag en datum het dit waaroor jou storie gaan, gebeur? Jy kan ook ander belangrike datums insluit. Waar: Op watter plek (bv. dorp, voorstad,

stad, straat, land) het dit gebeur?

Waarom: Die rede of doel waarom jy die storie skryf. Waarsku jy mense, vertel jy hulle iets nuuts, lig jy hulle in of wil jy hulle iets leer?

Hoe: Hoe het dit waaroor jy skryf, gebeur?

SKRYF VAN NUUSSTORIE­S

Wanneer jy vir ’n koerant skryf, is die inleidings­paragraaf baie belangrik en moet jy jou leser se aandag trek.

’n Sterk kop (opskrif) en onderkop (subopskrif) help ook baie om jou berig vir jou leser aanloklik te maak en kan selfs van die antwoorde op die vyf W’s en ’n H gee. Maak seker jou kop het ’n werkwoord in. As jou storie te lank is, sal dit van onder af gesny word. By nuusberigt­e kom die belangrike inligting dus aan die begin – dit word die omgekeerde piramide genoem.

Dis baie belangrik dat alle feite in berigte 100 % reg is, dat name en titels reg gespel is, en dat daar nie taal- en spelfoute in is nie. Om jou berig geloofwaar­dig te maak, kan jy aanhalings gebruik van die mense wat betrokke is by jou storie.

WAAR BEGIN JY?

Die belangriks­te is eintlik net om te weet waar jy moet begin. Kry

heel eerste jou idee. As jy iemand is wat in prentjies dink, knip twee of drie prente uit en plak dit op papier. Doen dieselfde met woorde. Skryf vyf woorde ( onderwerpe) neer en kies die een waarvan jy die meeste hou. Skryf nou vyf sinne oor daardie onderwerp en weer vyf sinne onder elke sin en gaan so aan tot jy ’n lekker storie het. Dit word ’n kopkaart genoem. Skryf ook neer wat jy met jou sintuie ervaar en wat by die onderwerp pas, en werk dit dan in by jou storie. Onthou ook die vyf W’s en ’n H! Skryf ’n goeie inleidings­paragraaf. Opstelle hoef nie altyd waar te wees nie – ’n storie moet net lekker kan lees en jou leser se aandag boei. Alles begin by ’ n lekker vars inleidings­paragraaf. Dit is die aas wat jou leser moet uitnooi om verder te lees.

Wanneer beskrywend­e opstelle geskryf word, kan beeldspraa­k en aanhalings jou vinnig intrek om verder te lees. Van die beste wapens in jou skryfarsen­aal is:

Vergelykin­gs: “Die warm koffie stoom net soos ’n outydse stoomtrein.”

Metafore: Baie soos vergelykin­gs, maar sonder die woorde “soos” en “nes”. “Die koffie is ’n stoomtrein”.

Personifik­asie: Wanneer ’ n menslike eienskap aan ’n dier of lewelose item gegee word: “Die koffie blaas sy asem uit.” Die slotparagr­aaf is baie belangrik en

moet treffend wees. Dit som jou storie op en moet al die los drade vasbind.

Wanneer jou opstel klaar is, maak seker dit is so na aan perfek as moontlik. Lees jou eie opstel ’n paar keer deur. Lees hardop, dan kan jy makliker foute hoor.

Jy is nou gereed om jou skryfwerk in te dien!

 ??  ?? As jy ’n opstel kan skryf wat jou onderwyser en jou klasmaats onkant vang, kan jy ’n goeie punt vir jou werk kry.
As jy ’n opstel kan skryf wat jou onderwyser en jou klasmaats onkant vang, kan jy ’n goeie punt vir jou werk kry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wanneer jy ’n nuusberig skryf, is dit belangrik dat jy die regte “resep” gebruik. Dit is die vyf W’s en ’n H.
Wanneer jy ’n nuusberig skryf, is dit belangrik dat jy die regte “resep” gebruik. Dit is die vyf W’s en ’n H.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa