Huisgenoot

Boeke: ke: Twee ware verhale e en twee onwares

Twee ware verhale en twee onwares

- Deur ELNA VAN DER MERWE

SÊ MY, IS JULLE TWEE SUSTERS? ’N MEMORIE Deur HESTER VAN DER WALT (Modjaji Books, R190*)

Ek gee dié boek eerste prys vir ’n prikkelend­e titel tesame met ’n besonderse foto op die voorblad van twee vroue (wat glad nie na susters lyk nie).

Dit is die ware verhaal van Hester van der Walt en haar lewensmaat, Lies Hoogendoor­n, wat mekaar in die 1960’s as jong verpleegst­ers ontmoet het.

“Wat het ons in gemeen gehad? Ek was destyds bangerig, sensitief, idealistie­s, met ’n sterk wil om te leer, om dinge uit te vind. Diep gelowig. En daar was die raakpunt.”

Vyf jaar later kom daar ’n wending in hul vriendskap. “Kan en mag twee vroue mekaar liefhê?” Later vra die twee jong vroue huilend vir mekaar of liefde dan sonde kan wees. “Is Jesus dan nie liefde nie?”

Hulle besluit om hul gevoelens vir mekaar nie langer te onderdruk nie. Dit was in 1967 en hulle is vandag steeds saam.

Hulle het later hul bande met die Dopperkerk verbreek, maar dit was vanweë hul betrokkenh­eid by Beyers Naudé se Christian Institute en die kerk se onverdraag­saamheid hieroor.

’n Eenvoudige, roerende verhaal.

DIE MANNHEIM-SAGE 3 – DIE GOUDBARONN­E Deur LERINA ERASMUS (Human & Rousseau, R289*)

Die sage van die Mannheim-sage is welbekend: Lerina Erasmus, wat eers bekend was as aktrise, skryf die storie vir die radio. Dit is so gewild dat sy dit vir die televisie verwerk ter viering van Johannesbu­rg se eeufeesvie­ring in 1986. Sowat twee dekades later verskyn dit vir die eerste keer in boekvorm en pas is dit vir die tweede keer uitgegee.

Die trilogie speel af teen die agtergrond van ’n jong Johannesbu­rg, die ontstaan van die goudmynbed­ryf, die oorlog en daarna die opbou van die stad.

Die liefdesdri­ehoek tussen Karl, Deborah en Kit het vergal. “Ek wens jy kan jouself sien soos ek jou sien, Karl, ’n armsalige dronklap! Nee, nog beter: ’n mislukte dronklap, een met ’n af arm. Foeitog! Dis al waarop jy teer sedert die oorlog verby is, want Karl Mannheim is mos die enigste wat ooit vermink is!”

Ook tussen haar en Kit is daar spanning.

Om dinge verder deurmekaar te klits, raak Kurt, Deborah se seun, verlief op Victoria, Kit se dogter.

Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorl­og gee ekstra geur aan ’n reeds meesleuren­de verhaal.

HANS STEEK DIE RUBICON OOR Deur RUDIE VAN RENSBURG (Queillerie, R179*)

’n Paleisrevo­lusie vind in Huis Madeliefie plaas toe die 90-jarige Hans 100 % teen sy sin deur sy kinders daar ingeskryf word. “Sy eie vlees en bloed wie se doeke hy kleintyd omgeruil het en vir wie hy later ’n oortrokke bankrekeni­ng moes aangaan om hulle ’n geleerdhei­d te gee, het hom soos ’n weggooidin­g op die vullishoop gewerp.”

Die maandeliks­e vermaak wat vir die oumensies gereël word, die speletjies­kamer, niks kan Hans oorreed dat dit ’n goeie idee is nie, selfs nie die vloere van die gemeenskap­like badkamers wat so skoon is dat ’n mens daarvan af kan eet nie. “Ou mans wat pie, korrel almal skeef. Ek sal nottendêm iets van daai vloer af vee.”

Hy slaag daarin om uit die ouetehuisb­ussie te ontsnap en verwyl ’n salige twee weke in Namibië. Toe hy terugkeer, wag sy ontstelde kinders wat weer van oorsee af moes terugkeer om hul pa te help soek, hom woedend in.

Die “Goebbels-tweeling” dwing hom terug na Huis Madeliefie en dan breek die ware anargis in Hans uit.

’n Boek met ’n span karakters wat byna nie een jonger as 80 is nie en wat vir oulaas veg vir die reg om die lewe te leef soos hulle wil – net ’n genot!

TERREUR IN KABOEL Deur HANNELIE GROENEWALD (Lux Verbi, R169*)

Wat met Hannelie Groenewald gebeur het, kan jy jou nie voorstel nie. Haar man en tienerdogt­er en -seun is doodgeskie­t in Kaboel waar die gesin 11 jaar gewoon het om die Christelik­e boodskap uit te dra.

Sy vertel hul verhaal van hoe sy alleen agtergebly het op ’n gestroopte manier – dalk omdat sy as dokter geoefen is daarin om haar emosies te beteuel.

Op die punt in die boek waar ek begin wonder het hoe hulle hul kinders hier kon laat grootword, vertel sy hoe haar ouers gekant was hierteen. Rodé, hul dogter, het ná elke Suid-Afrikaanse vakansie ’n week voor die tyd begin huil omdat hulle weer moes weggaan. Hul seun, Jean-Pierre, was “heeltemal verpletter” toe sy ouers sê hy moet tuis onderrig word omdat hulle nie meer sy skool kon bekostig nie nadat finansiële hulp uit Suid-Afrika gesny is.

Hulle het egter die koste verreken wat hul kinders betref, skryf Hannalie. Sy skryf ook: “Ek en Werner het van die begin af geweet die moontlikhe­id bestaan dat daar iets slegs met ons kon gebeur in ’n gevaarlike en oorloggete­isterde land, maar ons moes dit opweeg teen die geleenthei­d om Afgane met Jesus se liefde en seën te bereik.”

Lees gerus die boek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa