Huisgenoot

Raak slank en fiks met ’n lekker gier – boks

Huisgenoot se nuusredakt­eur, Almari Wessels, trek handskoene aan om uit te vind hoekom boks so gewild geraak het en vertel van haar ervaring in die kryt

-

APPELS swaai is sterk aan die toeneem. Ons praat van boks wat ál gewilder raak as oefensoort. Dit is nie meer net tawwe tienies wat mekaar met die vuiste bydam nie, maar talle fiksheidsb­ewustes, selfs supermodel­le, klim nou graag in die kryt.

Ek loer na my gesig in die gim se spieël. Ek is al ’n halfuur aan die gang en my gesig is so rooi soos die stywe verbande onder my bokshandsk­oene.

“Haal jy nog asem?” vra die gespierde instrukteu­r terwyl hy sy palms omhoog hou. Ek knik en gee nog ’n paar houe – links, regs, links, regs, regterhaak­hou. Ek is nog nie gereed om tou op te gooi nie.

“Ek kan dit skaars voel – slaan harder!” skree hy. Ek probeer weer. Slaan-slaan, slaan-slaan.

“Jy raak beter,” skerts hy. My lyf gaan môreoggend seer wees, dink ek terwyl ek op my tone probeer rondwip in ’n wanhopige poging om die flinke voetwerk na te boots van die beroepsbok­sers wat ek op televisie gesien het.

Ek sal nie binnekort soos ’n skoenlappe­r sweef of soos ’n by steek soos die bokser Muhammad Ali destyds gespog het nie, maar halfpad deur die uitmergele­nde boksles besef ek hoekom so baie modelle in die Mojo Boxing & Fitness Club in Kaapstad saam met my sweet.

Dit sou onmoontlik wees om ’n uur lank teen hierdie intensitei­t te oefen en nie te sien hoe jou lyf sterker en fermer raak nie. Dis maklik om te sien hoekom boks ook vir gewone mense soos ek ’n ál gewilder manier van fiks word raak.

“Modelagent­skappe stuur hul modelle hierheen om saam met ons te oefen, want dit is oefening vir jou hele lyf en ook baie pret,” sê die gimeienaar, Joe Chinana, nadat hy my in my eerste boksklas touwys gemaak het.

Ek glo hom toe hy my vertel mense is so energiek en opgewek ná ’n bokssessie dat hulle amper altyd terugkom vir nog.

Ek is stokflou, maar ek het eerlikwaar die hele week nie so goed gevoel soos nou nie. As ’n taamlik fikse mens – ek oefen gewoonlik minstens drie keer per week – het ek myself nog nooit so hard gedruk nie.

As jy moeg is van die trapmeul in die gim en nie veel resultate sien nie, is dit dalk tyd om handskoene aan te trek en jou oefenroeti­ne woema te gee.

Dis natuurlik as jy die pak kan vat . . .

ENIGIEMAND KAN LEER BOKS

Enigiemand kan begin boks vir oefening, sê Joe. Sy jongste student is maar vier

jaar o oud en daar is ook ’n 85-jarige vr vrou wat sy klasse bywoon – en saam met al die ander tou touspring en plank- en hurkoe oefeninge doen, tussen die ho houe uitdeel en flinke voetw werk deur. Sal dit net so doeltreffe­nd w wees as jy bokshandsk­oene en ’n slaansak koop en by die huis oefen? “Boks is ’n vaardighei­d en jy moet die tegniek leer, w want jy kan jou werklik se seermaak as jy dit nie reg doe doen nie,” sê Joe, ’n voormalige beroep beroepsbas­ketbalspel­er wat 18 jaar gelede v van Angola na Suid-Afrika verhuis het. Hy het 10 jaar j gelede begin boks en sy boksgim in 2010 geopen. “Jy moet weet hoe om te slaan en ’n haakhou te gee, en jy leer meer met elke klas wat jy bywoon.” Dis inspireren­d om sy leerders met elke les te sien verbeter, sê Joe. “Ek hou daarvan om die klasse aan te bied; dit is my passie en wonderlik om te sien hoe almal groei en vinniger houe na my begin slaan.” Boks is sulke goeie oefening danksy die intensitei­t daarvan, sê Warren Bishop, eienaar van die gewilde gim Extreme Fighting Championsh­ip (EFC) in Sandton, Gauteng. “Die meeste van ons kliënte is vroue,” sê hy, en voeg by die omgewing is bekend en gemaklik, en beslis nie ’n intimidere­nde een van bloed en gebreekte ribbes nie.

Baie van sy kliënte het keelvol geraak vir eentonige oefenprogr­amme en besluit om te begin boks vir ’n veranderin­g. Buiten dat dit krag en kardioresp­iratoriese fiksheid ’n hupstoot gee, verbeter boks ’n mens se balans, koördinasi­e en ratsheid.

“Daar is geen lang ruspouses in ’ n boksklas nie – ’n mens oefen ’n uur lank hard en jy sien die resultate. Jy kan tot 4 000 kJ in ’n enkele sessie verbrand.

“Die klasse gee ’n mens ook energie, en as jy pret het terwyl jy oefen, sal jy jou daartoe verbind,” sê Warren. ’n Vrou in haar laat 30’s wat sowat ’n jaar gelede by die EFC-gim begin oefen het, het 45 kg afgeskud, sê hy.

“Vanselfspr­ekend moet jy ook dophou wat jy eet, maar boks verbeter jou gemoed en ’n positiewe ingesteldh­eid help met fiksheidso­efening en gewigsverl­ies.”

Boks is ’n goeie manier om jou maagspiere sterk en ferm te maak. Dit verg sterk kernspiere omdat jou heupe moet roteer om volle strekking te kry sodat jy ’n kragtiger hou kan plant.

Daarby sal dit vinniger gebeur, want jy verbrand meer kilojoules as wat jy sou terwyl jy op die vloer lê en opsitte doen.

Volgens Joe het boks die bykomende voordeel vir vroue dat dit hulle bemagtig: “Vroue hou daarvan, want dit is nie net oefening vir jou hele lyf nie; jy leer jouself ook verdedig.”

KLIM IN DIE KRYT

Boksgims skiet landwyd op; kyk aanlyn wat in jou voorstad beskikbaar is. Klasse kos gewoonlik so tussen R120 en R200, maar die meeste boksgims bied maandpaket­te aan wat op ’n bietjie minder per klas te staan kom.

 ??  ?? BO: Joe Chinana Chinana, eienaar van dieMojodie­Mojo Boxing & Fitness Club in Kaapstad, draai Almari Wessels se hande toe en gee raad voor sy in die kryt klim vir haar eerste boksles.
BO: Joe Chinana Chinana, eienaar van dieMojodie­Mojo Boxing & Fitness Club in Kaapstad, draai Almari Wessels se hande toe en gee raad voor sy in die kryt klim vir haar eerste boksles.
 ??  ?? HOOFFOTO en BO: As jy die pak kan vat en die pas kan volhou, kan die tegnieke wat ’n mens in boksklasse leer jou bemagtig om groter vertroue te hê in jou vermoë om jouself teen aanvallers te verdedig.
HOOFFOTO en BO: As jy die pak kan vat en die pas kan volhou, kan die tegnieke wat ’n mens in boksklasse leer jou bemagtig om groter vertroue te hê in jou vermoë om jouself teen aanvallers te verdedig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa