Huisgenoot

Goeie raad, hoe oud jy ook al is

Weet wat jou vel nodig het in verskillen­de stadiums van die lewe

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA

ARIANA GRANDE (24)

Dit behoort nou al vir jou ’n gewoonte te wees om twee keer per dag jou gesig deeglik te reinig. Wend een of twee keer per week ’n masker aan nadat jy jou vel gereinig het. Behoorlike reiniging van jou gesig verminder puisies en swartkoppi­es, wat ’n algemene verskynsel in jou 20’s is.

Gebruik ’n bevogtiger met ’n waterbasis, want dit is lig en sal jou vel laat asemhaal. Moenie met grimering gaan slaap nie; dit sal jou porieë verstop en jou puisies gee. As jy te lui is vir was, vee jou gesig af met watte wat in miselwater gedoop is. Dit werk ook goed wanneer jy kampeer en nie naby ’n kraan is nie.

OLIVIA WILDE (33)

Plooie en fyn lyne begin in jou 30’s om jou oë vorm; jy moet oogroom begin aanwend. Jou vel word ook ’n bietjie droog en dof, en jy moet meer moeite doen om dit te laat goed lyk. Kies ’n nie-uitdrogend­e reiniger, ’n verheldere­nde serum en ’n bevogtiger met bygevoegde SBF as jy nie sonskerm kan bekostig nie.

Vestig ’n roetine om jou vel te diepreinig, en skilfer dit elke drie dae af. Was altyd jou gesig nadat jy grimeringv­erwyderaar gebruik het, want op dié ouderdom sal kortpaaie nie deug nie. Gebruik ’n diepreinig­ingsproduk en ’n gesigborse­l om jou vel te help skoonmaak.

JAIME PRESSLY (40)

Jy verstaan waarskynli­k jou vel beter en weet wat daarvoor werk en wat nie. Jou vel word nou sensitiewe­r en donker kringe, sonvlekke en hiperpigme­ntasie is ook merkbaarde­r. Kies intensiewe behandelin­gsprodukte soos onderoogpl­akkers en kragserums. ’n Roomreinig­er sal keer dat jou vel uitdroog. En as jy afskilfer, doen dit een keer per week met ’n sagte mikroafski­lferaar. Gebruik ’n sonskerm met ’n hoë SBF en bestee so min tyd moontlik in direkte sonlig.

SHARON STONE (59)

Diep plooie vorm en jou vel is nog sensitiewe­r. Jy moet produkte gebruik wat die vel help herbou en laat uitdy terwyl dit ook bevog. Alles wat jy op dié ouderdom aan jou vel gebruik, moet jou help om dié doelwitte te bereik.

Gebruik ’n matige reiniger wat nie skuim nie, en voeg ’n hidrerende nagroom by jou produkte vir ekstra bevogting. Vir nog intensiewe resultate, gebruik tuis-afskilfera­ars of bespreek gesig- en afskilferi­ngbehandel­ings by jou skoonheids­kliniek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa