Huisgenoot

Op die silwerdoek: Lewensdram­a wat roer

Drama. Met Andrew Garfield en Claire Foy. Regie: Andy Serkis. 7-9O. Het op 19 Januarie begin.

- Saamgestel deur LARA ATSON

Waaroor gaan dit?

Die ware verhaal word vertel van Robin en Diana Cavendish (Andrew Garfield en Claire Foy van The Crown-faam), ’n avontuurlu­stige paartjie wat weier om tou op te gooi toe Robin op 28 polio in Afrika opdoen en van die nek af ondertoe verlam raak – en dit terwyl sy vrou swanger is. Hy is vasgekluis­ter aan ’n hospitaalb­ed en dokters gee hom net ’n paar maande om te leef. Diana besluit dan om hom teen almal se aanbevelin­gs huis toe te neem. Hulle span ook nuwe tegnologie in om dit vir Robin moontlik te maak om uit sy bed uit te kom en nuwe avonture aan te pak. Hy word later ’n kampvegter vir gestremdes.

Ware inspirasie

Jonathan Cavendish, die seun van Robin Cavendish, op wie die fliek gegrond is, is een van die vervaardig­ers van Breathe. Jonathan het al gewerk aan flieks soos Bridget Jones’s Diary en Elizabeth: The Golden Age. Hy het Breathe as ’n liefdesode aan sy ouers gemaak saam met sy beste vriend, Andy Serkis, wat sy debuut as regisseur maak. Andy is ook ’n akteur en het onder meer die rekenaarsp­el vir Gollum in die Lord of the Rings-flieks gedoen.

Wie sal hiervan hou?

Aanhangers van flieks soos Lion en The Theory of Everything, wat fokus op Stephen Hawking se bydrae tot fisika, sal aanklank vind by dié emosiebela­aide rolprent wat in die 1950’s 950s afspeel.

 ??  ??
 ??  ?? Claire Foy en Andrew Garfield as Diana en Robin Cavendish in ’n toneel uit die inspireren­de rolprent Breathe.
Claire Foy en Andrew Garfield as Diana en Robin Cavendish in ’n toneel uit die inspireren­de rolprent Breathe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa