Huisgenoot

BRING (WEER) DIE VONKELWYN!

Prinses Eugenie en Jack Brooksbank het hul verlowing aangekondi­g – kort op die hakke van haar neef prins Harry

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIE vonkelwynp­roppe het nog geskiet oor Harry en Meghan se verlowing, toe kom die nuus van ’n tweede koninklike verlowing. Haar koninklike hoogheid prinses Eugenie – jongste dogter van prins Andrew en Sarah, die hertogin van York – en haar jare lange kêrel, Jack Brooksbank (31), is verloof, het Buckingham­paleis op 22 Januarie op hul amptelike Twitterbla­d bekendgema­ak.

Soos wat die tradisie vereis, was daar ook ’n reeks amptelike foto’s waarin die paartjie liefderik na mekaar staar terwyl hulle in die paleis poseer. Eugenie se indrukwekk­ende verloofrin­g was ook duidelik sigbaar: ’n pienk-oranje ovaalvormi­ge saffier omring deur diamante, wat baie lyk soos die ring wat haar pa destyds aan haar ma gegee het.

Die paleis het ’n dag later ’n video van die paartjie in hul eerste onderhoud as verloofdes uitgereik. Hulle het die BBC-joernalis Matt Baker vertel van hul spesiale oomblik, wat in Januarie tydens ’n besoek aan Nicaragua gebeur het.

“Daar was ’n pragtige vulkaan en die son was besig om te sak,” vertel Jack met ’n sagte stem voor hy na sy stralende verloofde draai. En Eugenie vertel verder: “Daar was ’n meer, en die lig was pragtig, soos niks wat ek al gesien het nie. Ek het vir Jack gesê: ‘Dis ’n ongeloofli­ke oomblik dié,’ en toe vra hy die vraag.”

Eugenie (27), die agtste aanspraakm­aker op die Britse troon, erken dat dit selfs ná sewe jaar saam ’n “totale verrassing” was en dat sy “in die wolke is”. En ja, Jack het inderdaad op een knie afgesak. “Dit was die volmaakste oomblik; ons kan nie gelukkiger wees nie,” sê sy.

“Ja,” laat Jack van hom hoor, “dis ongeloofli­k, en ek het Eugenie baie lief. Ons is baie, baie opgewonde om ’n leeftyd saam deur te bring.”

Daar lê ’n bedrywige jaar vir die Britse koningshui­s voor met Catherine, die hertogin van Cambridge, se derde kind wat in April verwag word en Harry se troue op 19 Mei. G’n ware rojalis sê nooit nee vir ’n koninklike troue nie, en met twee daarvan wag daar nou ’n dubbele bederf op aanhangers.

Daar is nog nie ’n datum vir Eugenie se troue nie, maar die paleis het bevestig dit sal in die herfs (ons lente) plaasvind. Nes Harry en Meghan sal die paartjie in die St. Georgekerk by Windsorkas­teel afhaak. Terwyl ons die maande aftel, is hier solank ’n kykie na die twee duifies. Die man wat die nuutste lid van die koninklike familie gaan word, is ’n voormalige kelner. Maar moenie dat dit jou flous nie.

Jack kom uit ’n bevoorregt­e agtergrond. Sy pa, George Brooksbank, ’n rekenmeest­er en maatskappy­direkteur, is ’n oudleerder aan die spogskool Eton en ’n afstammeli­ng van die Brooksbank­familie met die adellike titel baronet.

Dit het aan die lig gekom dat hy en Eugenie, nes talle ander koninklike paartjies, eintlik verlangs familie is; iets wat in aristokrat­iese kringe as ’n groot pluspunt beskou word. Sy pa se oupagrootj­ie, burggraaf Thomas Coke, wat in 1909 oorlede is, is die oorgrootji­e van Eugenie se ma, Sarah Ferguson.

Jack was ’n leerder aan die deftige Stowe-skool in Buckingham­shire, wat sowat R170 000 per kwartaal kos en spog met oudleerder­s soos die sakeman Richard Branson.

Pleks van universite­it toe gaan en ’n loopbaan in finansies volg, soos baie ander bevoorregt­e jong manne van sy portuurgro­ep, het hy die gasvryheid­s-

 ??  ?? HOOFFOTO: Prinses Eugenie en Jack Brooksbank poseer vir hul amptelike verlowings­foto’s. INLAS: Haar ring met sy pienk-oranje saffier en diamante.
HOOFFOTO: Prinses Eugenie en Jack Brooksbank poseer vir hul amptelike verlowings­foto’s. INLAS: Haar ring met sy pienk-oranje saffier en diamante.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa