Huisgenoot

ENKELMA VOEL MOEG EN UITGEBRAND

-

Ek is 44 en heeltemal uitgebrand. Almal wil iets van my hê. Ek is soms te moeg om selfs vir my twee kinders van vier en sewe jaar te sorg. Ek is geskei toe die jongste twee was. My man was ontrou. Ek was ’n alkoholis en gebruik nou medikasie vir neerslagti­gheid. Ek het ’n veeleisend­e werk wat my dikwels verplig om ver te reis. My eks is onbetrokke by die kinders, maar ek is veels te moeg om dit te verander. Ek kry min steun van my vriende en familie. My skoonma sit wel dikwels hand by.

LD op EP

Soms verval ons lewe in vernietige­nde patrone sonder dat ons daarvan bewus is. Om nee te sê verg moed, maar dit is ’n enkelma se behoud. ’n Mens laai dalk te veel hooi op jou vurk omdat jy steeds soos ’n getroude ouer dink en wil optree. Om dié kopskuif te maak, moet ’n mens kan nee sê vir eise wat tot skuldgevoe­lens kan lei en jou uitput.

Identifise­er jou verantwoor­delikhede, maar ook die dinge waarvoor jy nie verantwoor­delikheid hoef te aanvaar nie. Gebruik dit as riglyn om ja of nee te sê. As jy vir te lank te veel gedoen het, kan jy dit dalk moeilik vind om te weier. Voor jy aan nog ’n versoek voldoen, sê jy wil eers daaroor dink.

Ter wille van jou kinders moet hul pa sy regmatige rol in hul lewe speel soos wat met jul egskeiding in die ouerskappl­an uitgestipp­el is. Laat jouself hieroor geld op ’n manier wat konflik beperk soos met e-posse of deur ’n bemiddelaa­r.

Kan jou skoonma jou dalk help om hom meer betrokke te kry by die kinders?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa