Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of e-pos dit na grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

WAAR’S KOOS?

Kort voor Valentynsd­ag gaan Koos en sy vrou inkopies doen. Toe hy soos ’n groot speld verdwyn, bel sy hom om te hoor waar hy is.

“Liefie, onthou jy daai juweliersw­inkel waar ons net voor ons verlowing was? Toe jy so verlief geraak het op daai diamantrin­g wat ek toe nie kon bekostig nie?” vra Koos. “Ja! Ja!” sê sy vreeslik opgewonde. “Wel,” sê Koos, “ek sit in die kroeg net langs daai winkel ’n bier en drink.” F.H. HORNE, HARTENBOS

LIEFDE MET GEVOEL

’n Vrou gaan na ’n winkelsent­rum om ’n Valentyns kaartjie te koop. Sy is verbaas oor die reuse verskeiden­heid op dier a ken mompel: “Ek wonder of hulle enigiets vir eksmans het.”

Die kassier hoor dit en antwoord: “Vir seker, maar dit sal jy by die sportwinke­l kan kry.” “Regtig?” vra die klant. “Ja, ’n mens noem dit veerpyltji­es.” LOUISE NOETH

GOEIE REDE

Meisie: “Ek kan om mediese redes nie jou Valentyn wees nie.” Outjie: “Regtig? Nou hoe dan so?” Meisie: “Want jy maak my siek!” F.H. HORNE, HARTENBOS

TROUKOORS

Piet: “Ek raak bekommerd oor my dogter. Dit lyk my sy wil niks van trou weet nie.”

Koos: “Wees geduldig; die verkeerde man sal wel een van die dae opdaag . . .” L. SAAYMAN, SABIE

AANKNOPING­SPUNT

V: Wie was die enigste man wat nooit ’n geselsie met ’n vrou kon aanknoop nie deur te vra: “Het ek jou al voorheen iewers ontmoet?”?

A: Adam. KASOEPIE

OP DIE KOFFIE

Kallie kla by Mike: “Ek het nooit geweet koffie maak ’n mens so aggressief nie. Ek het gisteraand 10 biere gedrink en my vrou net een koppie koffie. En jy moes sien hoe kwaad was sy!” MARNO DU PLESSIS

SKRALE TROOS

Doors kla by die ontvangsda­me van ’n goedkoop hotel: “Ek staan kniediep in die water in my kamer. Lek die dak altyd so?”

“Nee, meneer,” antwoord sy, “gelukkig net wanneer dit reën.” LITA SCHOON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa