Huisgenoot

DÍT HELP MET STIEFKINDE­RS

-

Vir kinders wat ’n traumaties­e egskeiding of die dood van ’n ouer moet verwerk, kan dit moeilik wees om ’n nuwe ouer te aanvaar, sê Gerrie Pretorius, ’n berader van Life Counsel in Pretoria. “Kinders het soms hulp nodig om eers deur hul eie seer te werk voor hulle gereed is om iemand anders in hul wêreld te aanvaar,” verduideli­k hy.

Ouers moet in gedagte hou dat kinders nie altyd die nodige vaardighed­e het om hierdie soort veranderin­gs te hanteer nie, sê Retha Kruger, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Kaapstad; daarom moet die kind die nodige steun kry en die situasie so sensitief moontlik hanteer word. Hier is Gerrie en Retha se raad: Verduideli­k vir die kinders die stiefouer is nie daar om hul biologiese ouer te vervang nie, maar wel omdat die stiefouer hul ma of pa liefhet en ’n nuwe verhouding met almal in die huis wil opbou.

Aanvanklik is dit die beste dat die biologiese ouer die dissipline in die gesin handhaaf tot die stiefouer ’n sterker band met die kinders smee.

Wees konsekwent oor hoe dissipline toegepas word en versigtig dat die kinders nie jou en jou maat teen mekaar afspeel of emosioneel manipuleer nie.

Moenie betrokke raak by konflik tussen die kind en die biologiese ouer nie – gee hulle ruimte om dit self op te los.

Moenie respek by jou stiefkinde­rs probeer afdwing nie; moedig dit eerder met liefde en goedhartig­heid aan.

Moenie voor die kinders sleg praat van hul biologiese ouers nie, veral nie jou maat se eks nie. Bly neutraal.

Praat openhartig met jou maat oor uitdagings en frustrasie­s en probeer saam oplossings vind.

Doen moeite vir gehaltetyd saam en om nuwe tradisies en rituele te vestig. As ’n probleem opduik, praat dadelik daaroor.

Moenie huiwer om profession­ele hulp te kry as jy voel jy kom nie die mas op nie. Gesinsbera­ding kan dinge in perspektie­f help stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa