Huisgenoot

KoningCarl­XVIGustafK­oningCarlX­VIGustaf ((71)71)

-

Koning Carl is die monarg wat die tweede langste regeer in die Sweedse geskiedeni­s. Hy is in 1976 met koningin Silvia (foto), ’n Duits-Brasiliaan­se lugwaardin, getroud. Dit was vier jaar nadat hulle mekaar in 1972 by die Olimpiese Somerspele ontmoet het. Die aand voor hul troue het die Sweedse popgroep Abba ter ere van die land se nuwe koningin hul liedjie Dancing Queen die eerste keer gesing.

Die koning se rol is deesdae meer seremoniee­l en die afgelope paar jaar het hy ál meer van sy pligte oorgegee aan prinses Victoria, sy oudste dogter en erfgenaam.

In 2010 het die monarg hom in ’n skandaal bevind toe ’n boek verskyn deur Sweedse ondersoeke­nde joernalist­e wat in sy verlede gaan delf het. Dit blyk toe hy het in ontkleeklu­bs van die Mafia gejol en dronk orgies en wilde jacuzzipar­tytjies bygewoon.

“Hy was maar net 27 jaar oud toe hy die troon bestyg en in die middel van sy jongkêreld­ae met meisies, drank en ‘die manne’, ” het hulle geskryf.

Koning Carl het nie die bewerings ontken nie. “Ek het met my gesin en die koningin hieroor gepraat en ons verkies om om te blaai en met ons lewe voort te gaan, want soos ek dit verstaan, is dit dinge wat lank gelede gebeur het.”

Die joernalis Paul Ronge van die koerant Svenska Dagbladet het gemeen Carl se reaksie is so goed soos ’n skuldbeken­tenis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa