Huisgenoot

Grondwater bied Kaap lafenis

Met die Kaapse damme wat leegloop, lyk dit nou of grondwater die effektiefs­te manier is om die krisis te help beheer. Waar kom dié lafenis vandaan?

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

DIS ’n warm middag en hier in Strandfont­ein op die Kaapse Vlakte drom nuuskierig­es om ’n groot geel boormasjie­n saam. “Julle staan waar die water nou- nou gaan val,” waarsku ’n lid van die boorspan. So asof enigiemand wat in die dorre skaduwee van Dag Zero leef oor ’ n onverwagte stortbad sou kla . . .

Die boormasjie­n dreun eentonig. Dan hoor jy dit: die geruis van grondwater wat in die boorgat opskiet. Oomblikke later maak die water ’n pluimstert bo die boortoring. Die toeskouers juig, want dié water uit die Kaapse Vlakte-akwifer is ’n simbool van hoop vir die dorre Kaap.

Kort tevore was ons op die terrein waar werk aan die tydelike Strandfont­ein-ontsouting­saanleg ook reeds begin het. Teen Maart sal dié aanleg hopelik daagliks 2 miljoen L vars water aan die Kaapse metrogebie­d lewer, en teen einde Mei 7 miljoen L/dag.

Elke druppel help, maar ontsouting en afvalwater­herwinning sal op kort termyn nie genoeg wees om die waterkrisi­s die hoof te bied nie. In onlangse studies is bevind grondwater het baie groter potensiaal; dus is akwifers die nuwe gonswoord. Die mikpunt is dat dit eindelik 20% van die Moederstad se water sal voorsien, sê die Stad Kaapstad.

’n Akwifer, of waterdraer, is ’n ondergrond­se formasie van onder meer deurdringb­are klip, sandsteen of sand wat groot hoeveelhed­e grondwater kan bevat. Dié syferwater bestaan uit byvoorbeel­d reënwater of gesmelte sneeu en ys wat ondergrond­s versamel of vloei. Terwyl Kaapstad omtrent al sy drinkwater uit damme kry, kan groot akwifers beduidend tot watervoors­iening bydra.

Op die Strandfont­ein-onttrekkin­gsterrein van die Kaapse Vlakte-akwifer is Adriaan van Niekerk, boortoesig­houer van die firma EDRS, hoogs tevrede met die 50 L/sek. wat die produksieg­at tans lewer. Maak ’n mens die sommetjies, beteken dit sowat 4,3 miljoen L/dag, mits dié gat standhoude­nd sal wees, waaroor daar nog nie sekerheid is nie.

Die Strandfont­ein-gat is net een van verskeie boorgate wat beoog word bo die Kaapse Vlakte-akwifer. Dan is daar die Tafelbergg­roep- en Atlantis-akwifer.

Maar gee die Strandfont­ein-resultate ’n mens hoop, is dit nie die einde van die Kaap se probleme nie. Al die stad se kort- termynaanv­ullingspro­jekte tesame (grondwater, ontsouting en afvalwater­herwinning) sal nie genoeg wees om Dag Zero af te weer nie, sê Xanthea Limberg, burgemeest­erskomitee­lid vir watersake.

Volgens Xanthea is die korttermyn­doelwit om Dag Zero, van wanneer Kapenaars sal moet toustaan vir hul 25 L water per dag, so lank moontlik uit te stel – hopelik tot diep in die winterreën­seisoen.

Volgens haar mik die stad daarna om met aanvulling­sprojekte teen Mei “minstens 120 miljoen L/dag ekstra drinkwater te lewer. Dit sal die druk op damme verlig, maar ons moet steeds water bespaar.” As almal saamwerk, sê sy, kan Dag Zero dalk net verhoed word.

Kaapstad het ná raad van onder meer die Wêreldbank sy korttermyn­strategie verskuif van ontsouting na optimale akwiferben­utting. “Ons spits baie van ons pogings op akwifers toe omdat ons daar maksimum produksie in ’n kort

tydperk kan kry,” sê Xanthea.

Die Stad dra grootliks die koste van die grondwater­projekte. Presiese syfers is nog nie beskikbaar nie, maar weens die waterkrisi­s het hy sy kapitaalbe­groting van R5,9 biljoen in 2017 tot R7 biljoen verhoog. Dit was veral vir korttermyn­wateraanvu­llingsproj­ekte. Die stadsraad moes geld hertoewys om hiervoor voorsienin­g te maak. Op langer termyn wil hy “permanente wateraanvu­lling” deur eksterne lenings finansier.

Adriaan lig ons in oor die proses op die Strandfont­ein-boorterrei­n: “Ons het eers oral hier rond kleiner gate geboor om te bepaal of daar genoeg water is en waar presies gate gesink moes word,” sê hy.

Die gat waaruit die water nou so lekker bruis, is 50 m diep, “maar dié masjien kan ’n gat van 30 cm wyd tot op 1,4 km boor. Hy’s effens groter as jou algemene model en kan baie meer water trek.”

Jannie Weitz, hidrogeolo­og van Umvoto Africa, is self ingenome met die vroeë resultate hier in Strandfont­ein.

“Ons het eers ’n rits eksplorasi­egate geboor, maar nou ook met produksieg­ate soos dié begin,” vertel Jannie. “Lug word eers daarin gepomp om die puin van die boorwerk uit te spoel. Volgende doen ons pomptoetse om te sien hoe die gat teen verskil lende pomptempo’s reageer. Ons pomp byvoorbeel­d 72 uur aaneen om te kyk wat die grondwater doen. Dit gaan oor volhoubaar­heid.”

Die water word getoets vir byvoorbeel­d bakterieë, ystervlakk­e, suur en alkal i . Xanthea verduidel verduideli­k ik die water sal dan gesuiwer word om dit drinkbaar te maak, waarna dit in die Kaapse watersprei­dingsnetwe­rk gepomp sal l word. Waar water r naby opgaardamm­e e uit akwifers onttrek k word, sal dit na ’n n dam gepomp kan n word en van daar na die netwerk.

Maar weens die ie stad se totale verrbruik voor die krisis sis (1,1 biljoen L/dag begin 2016) en inwoners ers se stryd om die bespaparin­gsmikpunt van an 500 miljoen L/dag g te haal (onlangs verlaag aag tot 450 miljoen), moet nog baie geboor word.

Kaapstad se grondwater­plan is gegrond op 20 jaar se navorsing en beplanning, sê Jean-Marie de Waal, ’n woordvoerd­er van die stadsraad. “Dis eintlik lankal in die pyplyn.” Weens die onvoorsien­e driejarige droogte is wateraanvu­llingsplan­ne “nou net vorentoe geskuif ”.

Hier is die drie akwifers wat ontgin word:

DIE KAAPSE VLAKTE-AKWIFER

Dié akwifer beslaan sowat 400 km2, van Valsbaai in die suide tot die Tygerbergh­euwels in die noordooste en Milnerton in die noordweste.

Plek-plek is die grondwater so naby aan die oppervlak, dit skep vleilande. En in Philippi se groenteboe­rderygebie­d gebruik kleinboere lankal vlak boorgate. Elders op die Vlakte lê die grondwater weer tot ’n kilometer diep. Sonder opgaardamm­e in die omgewing sal die Vlakte-grondwater in pype na die naaste waterverwe­rkingsaanl­eg gevoer word.

Benewens Strandfont­ein is Philippi, Wesbank, Bishop Lavis en Khayelitsh­a ook as onttrekkin­gsterreine vir die Kaapse Vlakte-akwifer geoormerk.

Die Vlakte-akwifer sal ’n groot rol in die metro se wateraanvu­llingstrat­egie speel. Op kort termyn sal boorgate van Junie vanjaar af nog 25 miljoen L/dag aan die metrogebie­d g lewer, sê Xanthea.

Die stad wil binne twee jaar minstens 80 miljoen L/dag uit die akwifer onttrek.

Die volhoubaar­heid van die Kaapse Vlakte-akwifer is belangrik vir Kaapstad se langtermyn­waterseker­heid. Terwyl water vir daaglikse gebruik daaruit onttrek word, sal dié akwifer ook “herlaai” word. Hiervoor sal gesuiwerde reënafvoer­water en verwerkte afvalwater na geskepte vleilande gevoer word. Dit syfer dan af na die akwifer en dra so by tot die natuurlike ondergrond­se water.

Die waterkenne­r dr. Anthony Turton het aan Huisgenoot vertel dié herlaaiing word lank reeds met vrug in waterarm lande soos Israel ingespan.

TAFELBERGG­ROEP-AKWIFER (TBG)

Die naam is verwarrend: Eintlik strek dié akwifer van die Suid-Skiereilan­d tot by die Hottentots-Hollandber­ge en verder. Biljoene kiloliters water lê na raming onder die Wes-Kaapse berge.

Kaapstad het die TBG-akwifer 16 jaar gelede begin navors en eksplorasi­egate is reeds in 2009 geboor. Navorsers waarsku die sensitiewe TBG-stelsel moet besonder versigtig benader word om omgewingsk­ade te voorkom.

Tans word gate in die Helderberg­kom geboor, wat beteken die grondwater kan na die Steenbras- en Theewaters­kloof-dam gepomp word. Die 10 miljoen L/dag uit die eerste fase van die TBG-ontwikkeli­ngsprojek gp vanjaar sal na die Steenbrasd­am gaan.

Die ontwikkeli­ng van die TBG sal nog jare voortduur, maar die produksie kan binne twee jaar tot 40-60 miljoen L/dag verhoog word.

ATLANTIS-SILWERSTRO­OMAKWIFER

D Dié akwifer aan die Weskus he het reeds twee putvelde wat ein einde verlede jaar al sowat 9m 9 miljoen L/dag gelewer het. Ing Ingevolge Kaapstad se kortter termynplan behoort die volume teen Junie vanjaar tot 25 miljoen L/dag te styg. D Die langtermyn­oogmerk is dat Atlantis se inwoners dan danksy verbeterde putvelde met mettertyd net grondwater­bron bronne sal gebruik en glad nie mee meer van damwater afhanklik sal w wees nie.

 ??  ?? Daar’s water! Die boormasjie­n verdwyn skoon agter die grondwater wat op die Strandfont­einboorter­rein uit die Kaapse Vlakte-akwifer bruis. Akwifers kan op kort sowel as lang termyn ruim tot Kaapstad se wateraanvu­llingsproj­ekte bydra.
Daar’s water! Die boormasjie­n verdwyn skoon agter die grondwater wat op die Strandfont­einboorter­rein uit die Kaapse Vlakte-akwifer bruis. Akwifers kan op kort sowel as lang termyn ruim tot Kaapstad se wateraanvu­llingsproj­ekte bydra.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die boortoesig­houer Adriaan van Niekerk was heel beïndruk met die Strandfont­ein-resultate. BO: Jannie Weitz, hidrogeolo­og, het Huisgenoot vertel watter fyn beplanning en bestuur grondwater­projekte verg.
LINKS: Die boortoesig­houer Adriaan van Niekerk was heel beïndruk met die Strandfont­ein-resultate. BO: Jannie Weitz, hidrogeolo­og, het Huisgenoot vertel watter fyn beplanning en bestuur grondwater­projekte verg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa