Huisgenoot

Vriende praat oor Derick en Nádine

Hulle het al albei seerseerge­kry, maar nou maak Derick en Nádine mekaar gelukkig, beaam vriende

- Deur MARIZKA COETZER en JANA VAN DER MERWE

DERICK HOUGAARD was lank laas so gelukkig. Praat jy met sy vriende, is almal dit eens: Dié liefling van Loftus straal. Die rede? Die pragtige sangeres en aanbieder Nádine. Die voormalige Springbokr­ugbyster het nie verniet onlangs getwiet hy is die “gelukkigst­e man in die land” nie.

Dit is nou al maande lank dat Derick en Nádine so in die kuberruim koer. Af en toe wys hulle ons hoe gek hulle oor mekaar is met ’n foto wat hulle in die sosiale media deel. Dis net oë wat blink en soene op die wang waar jy kyk.

Vir Nádine is hy “my D” of “Dirkie”; vir hom is sy die son wat die donker wolke in sy lewe verdryf het.

“Dis vir enigiemand erg as jy uit ’n gebroke verhouding of huwelik kom. Dit is traumaties,” vertel Derick se goeie vriend die rugbykomme­ntator Kobus Wiese met verwysing na sy egskeiding in 2015 van die sangeres Karlien van Jaarsveld.

“Dit maak nie eens meer saak wie reg was en wie verkeerd nie,” sê Kobus. “Daarom is dit baie lekker om te sien as ’n ou die verlede agter hom sit en weer geluk vind. Ek kan sien hy is gelukkig. Hy lag weer en hy smile.”

Daardie glimlag strek van oor tot oor op die foto’s wat hulle op Twitter en Instagram deel. Daar word gekoer en soentjies uitgedeel met die hutswoord #makingmemo­ries by byna elke foto.

By een foto van ’n stralende Derick en Nádine skryf ene Charl Grobbelaar: “Derick, dis mos nou ’n opregte vrou, ou maat. Hoop julle sal nog beplan om ’n mooi en opregte toekoms saam te geniet.”

Die twee verdien liefde en geluk, beaam hul kennisse en vriende.

Toe Nádine haar #bolandklon­g met sy verjaardag op 4 Januarie van - jaar gelukwens, het sy gewese skoonma, Ronel Brink, ook op Instagram geskryf: “Julle is so mooi saam.”

“Derick lyk vir seker gelukkiger, veral ná die egskeiding. Hy is deesdae opgewonde en hy straal,” sê hul gemeenskap­like kennis die Jacaranda FMomroeper Martin Bester.

Die Toks & Tjops-aanbieder Toks van der Linde sê toe hy die paartjie onlangs raakloop by die Pionier-tydren, ’n geldinsame­lingsgelee­ntheid vir die Pioniersko­ol vir Gesiggestr­emdes op Worcester, kon ’n mens sommer sien hoe gelukkig hulle saam is. “Sy het ook lank iemand gesoek en dit lyk of dit baie goed gaan met hulle.”

Die sanger Tobi Jooste, ’n vriend van die paartjie, vertel hy kan sien Nádine is ’n “ander mens. Ek kan beslis agterkom sy is gelukkig. Wanneer ek na haar WhatsApp-foto’s kyk, kan ek sien sy geniet nou die klein goedjies in die lewe. Sy is na my mening die beste sangeres en Derick ondersteun haar.

“Omdat hy al voorheen met ’n sangeres

getroud was, weet hy hoe om haar in haar loopbaan by te staan. Nie enigiemand verstaan ’n sangeres nie; hulle kan maar prima donnas wees!” skerts hy. V IR lank ná Derick en Karlien se egskeiding was dit asof ’n donkerte hom gevolg het. Die voormalige Blou Bul het al erken hy het ’n stryd met depressie en dikwels op sy Facebook-blad geskryf hoe moeilik dit vir hom is om te aanvaar sy huwelik is verby en hy moet aangaan met sy lewe. Maar toe, op ’n dag verlede jaar, ontmoet Derick Nádine in ’n spa in Lynnwood, Pretoria. Die twee, albei 35, het so lekker gesels dat hulle daarna gaan koffie drink het.

Nádine en haar Belgiese bestuurder, Hugo Foets, is begin 2016 ná ’n verhouding van agt en ’n half jaar uitmekaar. ’n Paar maande later het haar verhouding met die voormalige Olimpiese swemmer Gerhard Zandberg ook geëindig.

Nádine het in dié jaar aan Huisgenoot vertel sy wonder soms hoe dit voel om ’n doodgewone verhouding te kan hê: “Iemand wat verstaan ek hou van eenvoudige dinge, hoewel my leefstyl glansryk is. Dit is vir my lekker om net by die huis te braai, op ’n Sondagaand rustig te wees, in my tekkies en jeans ’n fliek te gaan kyk of net boeremark toe te gaan.

“Ek wil by die huis instap nadat ek ’n vertoning gedoen het en ’n paar sterk arms hê wat my toevou,” het sy toe vertel.

En dit is duidelik presies wat sy in Derick gevind het.

Sy het einde verlede jaar op Instagram ’n foto geplaas van haar bruingebra­nde bene op ’n oopvoustoe­l en ’n hemplose Derick terwyl hulle by ’n privaat wildplaas na ’n trop sebras tuur.

Derick het weer ’n foto getwiet van hoe hy op ’n Sondagmidd­ag met sy kop op Nádine se skoot lê en kyk na Musiek Roulette, die SABC2-musiekprog­ram wat sy aanbied. Johan Stemmet, wat ook by dié program betrokke is, sê Derick het al ’n paar van die opnames bygewoon.

Tobi vertel hy en Nádine ken mekaar al van skooldae af. Kort nadat die stories begin loop het dat die voormalige Springbok-losskakel en die Skildery-sangeres liefde in mekaar se arms gevind het, het sy en Tobi mekaar by hul gunsteling­eetplek in Sandton ontmoet.

“Ons het daaroor gechat en ek het vir haar raad gegee,” onthou Tobi. “Sy het nie veel oor die verhouding gesê nie, want sy was maar bang aan die begin. Hulle het albei al baie seergekry.”

Dan voeg Tobi beskermend by: “Ek gun hulle die geluk. Liefde gebeur vanself.”

’n Gemeenskap­like kennis sê hulle is die “perfekte paartjie. Dit gebeur dikwels dat celebs celebs kies, want hulle verstaan mekaar se wêrelde.”

Volgens dié kennis help dit ook dat albei al internasio­nale blootstell­ing gekry het en ’n bietjie ouer is.

“Derick en Nádine is nie meer kinders nie en het albei baie lewenserva­ring. Derick het erg seergekry toe sy huwelik vou en dit boonop in die openbaar afspeel.

“Nádine het al voorheen vir my gesê sy het nog nooit die regte man vir haar ontmoet nie. Ek hoop sy het nou.”

Terwyl ’n plaaslike fotograaf wat albei ken, glo dit werk tussen die twee omdat hulle dieselfde drome en planne het, glo Martin hulle vind by mekaar aanklank omdat Derick nie ’n “tipiese” rugbyspele­r is nie.

“Hy het ’n sensitiewe kant. Soos hulle sê: Hy het ’n bietjie meer om die lyf. Nádine is ook sag en selfversek­erd. Albei is baie talentvol,” sê Martin. “Daar was ’n oomblik verlede jaar toe ek kon sien sy is gelukkig. Hou so aan, het ek gedink.”

WAT die toekoms inhou, is ’n ope vraag, maar alles gebeur om ’n rede, meen die musiekprom­otor Lydia Winchester. Sy ken al wat ’n musiekster is en het al vele bekendes se verhouding­s sien ontwikkel en vou. “Die Here plaas ’ n lewensmaat op elkeen se pad,” sê sy. “Hulle vind aanklank by mekaar. Ek is baie bly vir hulle. Nádine is ’n baie spesiale dame. Derick is ’n gawe ou.” Die modeontwer­per Diaan Daniels het Derick en Nádine by afsonderli­ke geleenthed­e leer ken. In 2013 het hy Derick se troupak vir sy troue met Karlien ontwerp, en in 2016 het hy vir Nádine aangetrek vir haar hoofrol in die Sneeuwitji­e-pantomime in Emperors Palace, Johannesbu­rg. “Ek dink hulle laat mekaar veilig voel. Liefde oorkom alles,” glo Diaan. “Ek hou van wat tussen hulle gebeur,” beaam die modeontwer­per Simon Rademan, ’ n jare lange vriend van Nádine. Hy wil nie veel oor die verhouding verklap nie, maar skerts tog hy het Nádine onlangs in ’n SMS gevra of hy solank die lap vir die trourok kan begin sny. “Nádine het net met ’n smileyface geantwoord,” lag hy. Die sangeres het juis net sulke lekker glimlag-emoji’s getwiet toe iemand op haar twiet aan Derick om elke oomblik te laat tel terugtwiet: “Met so ’n vrou in jou lewe, Derra, kan jy berge versit.”

 ??  ??
 ??  ?? duim vas oor die geHOOFFOTO: Maande al hou aanhangers Nádine en die Loftusheim­sinnige liefde tussen die sangeres het lank gesê hulle is net liefling Derick Hougaard. BO: Hulle ál meer saam gesien. goeie vriende, maar die twee word
duim vas oor die geHOOFFOTO: Maande al hou aanhangers Nádine en die Loftusheim­sinnige liefde tussen die sangeres het lank gesê hulle is net liefling Derick Hougaard. BO: Hulle ál meer saam gesien. goeie vriende, maar die twee word
 ??  ?? Vriende van Derick en Nádine stem almal saam hulle maak mekaar gelukkig, en die foto’s wat hulle in die sosiale media deel, jok nie: Hulle is verlief.
Vriende van Derick en Nádine stem almal saam hulle maak mekaar gelukkig, en die foto’s wat hulle in die sosiale media deel, jok nie: Hulle is verlief.
 ??  ?? Nádine se verjaardag­wens aan haar “Dirkie”, soos sy hom noem, was: “Mag die lewensless­e wat jou grootste oorwinning­s jou gebring het jou toerus vir die toekoms! En liefde en geluk jou hand vashou altyd.”
Nádine se verjaardag­wens aan haar “Dirkie”, soos sy hom noem, was: “Mag die lewensless­e wat jou grootste oorwinning­s jou gebring het jou toerus vir die toekoms! En liefde en geluk jou hand vashou altyd.”
 ??  ??
 ??  ?? Op 29 November 2017 deel sy ’n foto op Instagram waar sy hom op sy voorkop soen. “Daai oomblik in ’n dag. #madememori­es #bolandsekl­ong,” het sy bygeskryf.
Op 29 November 2017 deel sy ’n foto op Instagram waar sy hom op sy voorkop soen. “Daai oomblik in ’n dag. #madememori­es #bolandsekl­ong,” het sy bygeskryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa