Huisgenoot

So voorspel jou Chinese horoskoop

-

HOND

1934, 1946, 1958, 1970, 1982, 1994, 2006, 2018

Honde is lojaal en sorgsaam en baie beskermend teenoor hul geliefdes. Hulle is ook opreg en bereid om vir hul oortuiging­s op te kom. Honde is kommerpott­e, maar betroubaar en gerespekte­erd.

Volstoom vorentoe! Honde kan groot dinge in hul eie jaar bereik. Deur na vore te tree, werk te maak van hul idees en hul geleenthed­e te benut kan hulle goed vorder. By die werk het hulle ’n goeie kans op bevorderin­g of om ’n geskikter pos los te slaan. Deur op en wakker te bly kan Honde ideale kanse benut. Hul eie jaar is ’n uitstekend­e tyd om vooruit te dink. Nuwe vaardighed­e of kwalifikas­ies of ’n nuwe belangstel­ling kan vrug dra.

Baie sal dit geniet om projekte by die huis aan te pak. Hulle sal in hul skik wees met ontwikkeli­ngs in die familie. Honde sal geïnspiree­rd voel en die leiding met vele sake neem. Sosiale geleenthed­e kan tot nuwe vriendskap­pe lei en loslopers se romantiese vooruitsig­te lyk belowend.

Dit is ’n uitstekend­e jaar, maar Honde moet die voortou neem en toesien die daad word by die woord gevoeg. As hulle tot aksie oorgaan, kan blote geluk en toeval ’n rol speel.

VARK

1935, 1947, 1959, 1971, 1983, 1995, 2007

Varke is spontaan, goedhartig en goedgelowi­g. Hulle het goeie verhouding­s met baie mense en hul huislike en sosiale lewe is veral belangrik. Hulle geniet die fyner dinge in die lewe. Varke is hardwerken­d en benut hul vaardighed­e en geleenthed­e goed.

Dit is ’n bemoedigen­de jaar met ontwikkeli­ngs wat op lang termyn betekenisv­ol kan wees. Opleiding by die werk en geleenthed­e wat daar opduik, kan vir hulle nuwe moontlikhe­de ontsluit. Wat Varke nou leer en bereik, kan hul aansien en vooruitsig­te verbeter.

Hulle moet vanjaar kontakte opbou en aandag trek. Hul moeite sal beloon word, veral in die jaar van die Vark, wat hierop volg.

Varke sal vanjaar vele sosiale geleenthed­e geniet en hul vriendekri­ng uitbrei. ’ n Nuwe strewe en geleenthed­e om hul talente op nuwe maniere te ontwikkel kan party inspireer. In hul bedrywige huislike lewe sal Varke ander help en ’n oog oor hulle hou.

Daar is die moontlikhe­id van ’n familievie­ring. Party kan ’n meevaller kry en met mooi herinnerin­gs van ’n reis terugkeer. ’n Aangename en opbouende jaar wag op hulle.

ROT

1936, 1948, 1960, 1972, 1984, 1996, 2008

Met hul sjarme, styl en vriendelik­e geaardheid kom Rotte met die meeste mense oor die weg. Hulle het ’n slag om geleenthed­e raak te sien, het goeie vaardighed­e en ook goeie oordeel. Rotte geniet geselskap en heg groot waarde aan hul familie en sosiale lewe.

Dis ’n jaar van gulde geleenthed­e; Rotte sal hul sterk punte beter kan benut. By die werk sal heelparty suksesvol kan voortbou op wat hulle reeds bereik het of ’n nuwe pos aanvaar wat beter by hul talente pas. Hulle moet hul oë oophou vir iets wat hulle geval.

Dis ’n goeie tyd vir skeppende projekte; baie Rotte se vaardighed­e en idees sal goed ontvang word. Belangstel­lings kan mooi ontwikkel. As hulle nuwe aktiwiteit­e aanpak en hul vaardighed­e uitbrei, kan dit deure open.

Al verhoog hul inkomste dalk, moet hulle hul uitgawes dophou. Hulle sal waarskynli­k heelwat aan hul tuiste moet bestee. Groot aankope moet eers versigtig oorweeg en die koste bereken word. Rotte moet ook gebalansee­rd leef en tyd vir geliefdes en vriende opsysit. As hulle te besig of afwesig is, kan hulle moeilike oomblikke beleef.

OS

1937, 1949, 1961, 1973, 1985, 1997, 2009

Vasberade, betroubare en hardwerken­de Osse pak alles energiek aan. Hulle is deeglik en goed georganise­erd en laat niks aan die toeval oor nie. Osse is lojaal aan hul geliefdes, en hul betroubare, nugtere werkwyse dwing bewonderin­g af.

Dit sal ’n wisselvall­ige jaar wees. Enige vordering sal aansienlik­e moeite verg. Heeljaar lank moet Osse versigtig voortgaan met die nodige aanpassing­s. Dit is nie nou die tyd vir koppig wees of teen veranderin­g skop nie.

By die werk kan groter druk wees, maar ook kanse om meer pligte te aanvaar. Wat hulle bereik, kan later betekenisv­ol wees wanneer ander geleenthed­e opduik. Osse moet hul opleiding benut en geleenthed­e aangryp om kontakte op te bou en die aandag op hulle te vestig.

Hulle moet hul uitgawes dophou en aandag skenk aan papierwerk. Reisvo oruitsigte lyk uitmuntend. Verhouding­s kan groot genot verskaf. Vir enkellopen­de Osse is ’n betekenisv­olle romanse moontlik, en selfs ’n troue. Party kan saam met ’n maat nesskop. Hul huislike lewe sal bedrywig wees met ’n goeie mengsel nuwe projekte en geleenthed­e om te koester.

TIER

1938, 1950, 1962, 1974, 1986, 1998, 2010

Tiere is aktief en geesdrifti­g. Hulle pak aktiwiteit­e baie energiek aan. Hulle is vol idees, kreatief en vindingryk. Hulle is bereid om kanse te waag om te kry wat hulle wil hê. Tiere geniet ander se geselskap en het wye belangstel­lings.

’n Skaflike jaar lê voor waarin hulle planne doelgerig sal uitvoer. As hulle moeite doen, kan hulle goeie vordering maak. By die werk sal heelparty Tiere danksy hul vaardighed­e en ervaring groter verantwoor­delikhede aanvaar of na ’n nuwe pos met beter vooruitsig­te vorder. Vanjaar moet hulle hul sterk punte benut.

Vordering by die werk kan hul geldsake verbeter. Met goeie reisvo oruitsigte kan hulle gerus vir ’n vakansie of ’n wegbreekty­djie voorsienin­g maak. Hul persoonlik­e lewe is bedrywig en baie Tiere sal hul vriendekri­ng verbreed.

Vir enkellopen­des kan romanse wink. Hul huislike lewe sal die ene bedrywighe­id wees danksy tye van samesyn. Met so ’n gebeu rtenisvoll­e jaar is goeie skakeling tussen almal belangrik; vele projekte sal baat vind by dialoog.

Op ’n persoonlik­e vlak sal Tiere in aanvraag wees en baie mense sal hul goeie raad waardeer. In die geheel ’ n goeie, suksesvoll­e jaar waarin harde werk en toewyding vrugte sal afwerp.

KONYN

1927, 1939, 1951, 1963, 1975, 1987, 1999, 2011

Die vriendelik­e en begrypende Konyne heg groot waarde aan hul huislike en sosiale lewe. Hulle geniet geselskap en gesprekke, en met hul verfynde smaak is hulle gesteld op ’n aangename leefstyl. Konyne kan situasies haarfyn beoordeel, hulle tree versigtig op en loop ’n wye draai om risiko’s.

’ n Goeie jaar lê voor, maar Konyne moet op sleuteld oelwitte bly fokus sonder dat hul aandag afgelei word. Veral gebeure by die werk kan Konyne onrustig stem. Maar as hulle op hul pligte konsentree­r en hul vaardighed­e uitbrei, sal hulle op nuwe maniere kan wys wat in hulle steek en die saad vir toekomstig­e vordering saai.

Dit is ’n jaar vir stadig maar seker vorder en op die uitkyk bly na nuwe geleenthed­e. Dis ’n goeie tyd vir persoonlik­e belangstel­lings met geleenthed­e om idees te ontwikkel en talente beter te benut. Belangstel­lings kan ook ’n sosiale element bevat; dit kan Konyne inspireer en aanmoedig.

Hul romantiese vooruitsig­te lyk goed. Tuis is dit ’n bedrywige jaar met vierings en ambisieuse projekte. Hier kan spanpoging­s en goeie beplanning ’n goeie begin wees.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa