Huisgenoot

Liewe Elize

-

Ek is lid van ’n WhatsApp-groep vir ma’s van my kinders se speelskool. Daarop is altyd iemand wat iets beters vir haar kinders doen as ek. Dit laat my voel ek is ’n slegte ma. Ek kan nie uit die groepie weggaan nie, want dit is eintlik vir inligting oor huiswerk en uitstappie­s bedoel. Buitendien, dan sal almal wil weet waarom. Ek kan dit nie meer verduur as die groepsein “pieng” nie.

IT op Kl

Ouers hoef nie daarna te streef om die volmaakte ma’s en pa’s te wees nie, maar wel die ouer wat jou kind nodig het. Erg mededingen­de ouers wil dikwels al hul besluite en keuses verduideli­k en regverdig. Hulle is bang hulle word as ontoereike­nde ouers veroordeel. Dié gevoelens spruit soms uit ’n diepgesete­lde onsekerhei­d, maar dis geen verskoning om ander ouers se lewe te versuur nie.

Met WhatsApp-groepe help dit om ’n sekere protokol te volg waarby die groeplede moet hou. As dit ’n groep is wat reëlings moet tref en inligting verstrek, moet die administra­teur van die groep toesien dat dit net daarvoor gebruik word. Laat jouself met respek en beleefdhei­d geld. ’n Gesprek met die administra­teur kan dalk ook help, veral as jy nie al ouer is wat hieroor kla nie.

Hier is ’n paar goue reëls vir WhatsAppgr­oepe: Hou by die doel waarvoor dit gestig is. Moenie ongevraagd­e inligting toelaat nie, tensy almal daarby kan baat vind.

Wanneer die gesprek te persoonlik raak, vra ’n groeplid om liewer vir die ander gespreksge­noot ’n persoonlik­e WhatsApp te stuur.

Moenie die groeplede toegooi met sentimente­le boodskappi­es wat duur data mors nie.

Voor jy iets oënskynlik nuuswaardi­gs aanstuur, maak seker van die bron, want WhatsApp kan ’n nes van fopnuus wees. As niks anders werk nie, plaas die groep op die versteekop­sie sodat jy van ’n nuwe boodskap kennis neem, maar nie deur die sein gepla word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa